{"id":1128,"date":"2019-10-22T10:55:59","date_gmt":"2019-10-22T08:55:59","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1128"},"modified":"2022-10-24T13:21:55","modified_gmt":"2022-10-24T11:21:55","slug":"padaanwysers-vergifnis-deel-3-vergewe-ander-jouself-god","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1128","title":{"rendered":"Padaanwysers: Vergifnis (Deel 3): Vergewe Ander, Jouself, God"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:60px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap wp-block-paragraph\">Geen persoon op aarde kan s\u00ea dat hy nog nooit deur iemand seergemaak is of op een of ander manier leed aangedoen is nie. Geen persoon kan ook met onvergifnis in sy hart loop en dink dat dit hom nie op een of ander manier sal be\u00efnvloed of affekteer nie. Beide sielkundiges of geestelike leiers sal groot klem l\u00ea op die noodsaaklikheid van vergifnis vir elke persoon (Christen al dan nie). Onvergifnis lei tot bitterheid wat jou sielkundig, geestelik en ook fisies siek sal maak. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:26px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. Vergewe ander<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><em>&#8230;en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.<\/em>  <em>Heb 12:15&nbsp;<\/em> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onvergifnis vul mense met bitterheid.  Ons getuienis, ons geestelike groei en veral ons verhouding met ander mense, sal ernstig be\u00efnvloed word deur \u2019n hart wat bitterheid dra. Mens mag dalk dink dat jy dit goed wegsteek, maar ongelukkig skemer dit deur in ons lewensingesteldheid en optrede, sonder dat ons dit eens besef. Nie net kan dit fisiese siekte by ons veroorsaak nie, maar niemand geniet dit om in die teenwoordigheid van bitter mense te wees nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Onvergifnis be\u00efnvloed jou gebede! <\/strong>As ons ons gebede beantwoord wil h\u00ea, moet ons ander hul oortredinge vergewe:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Mark 11:25-26&nbsp; And whenever you stand praying, if you have anything against anyone, forgive him and let it drop (leave it, let it go), in order that your Father Who is in heaven may also forgive you your [own] failings and shortcomings and let them drop. But if you do not forgive, neither will your Father in heaven forgive your failings and shortcomings.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Selfs in die middel van ons lofprysing<\/strong>, moet ons dadelik stop as ons onthou dat ons nog \u2018n saak met \u2018n mede-broer moet uitsorteer:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Matt 5:23-24&nbsp; As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Vergifnis is \u2018n lewensstyl of lewenskeuse<\/strong>! Ons moet 24 uur van elke dag ons harte vul met \u2018n gesindheid van vergifnis. Die taxi ry voor jou in. Hoe reageer jy? Kwadegevoelens is sleg vir jou gees en uiteindelik jou gesondheid. Haal diep asem en kies om te vergewe. &#8216;n Lewe van vergifnis, blyk in hoe ons optree in die klein en uitdagende gebeurtenisse van elke dag. <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1105\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Wanneer iemand iets s\u00ea waaroor jy aanstoot neem<\/a>, kies dan dadelik vergifnis en moenie toelaat dat die seer wortelskiet in jou gedagtes en jou hart nie. <\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Hoe weet ons ons het iemand ten volle vergewe?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Jou vergifnis is opreg, wanneer jy jou kwade gevoelens, bitterheid of selfs wraakgedagtes teenoor die persoon laat vaar het. Jy sal weet of die gevoelens van bitterheid verdwyn het, wanneer jy die persoon sien, of selfs net die persoon se naam genoem word, sonder dat dit jou met negatiewe emosies vervul. Dit mag soms jare neem om oorwinning hieroor te behaal, maar dit is nodig dat jy daadwerklik sal poog om hieraan te werk! <\/li><li>Jy weet jou vergifnis is opreg wanneer jy begin om besorg te voel oor die persoon se geestelike welstand. Jy begin om die persoon te sien soos wat God hom of haar sien. Jy wil graag die beste vir die persoon se geestelike groei h\u00ea en bid God se se\u00ebn vir daardie persoon. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. Is vergifnis maklik? <\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Niemand s\u00ea dat vergifnis maklik is nie! Die omvang van mense se seerkry l\u00ea oor &#8216;n wye spektrum van pyn. Dit kan strek van vernietigende woorde, tot ernstige misdade wat teen iemand gepleeg is (molestering, seksuele misbruik, verkragting, roof, moord van &#8216;n geliefde, ernstige besering, finansi\u00eble skade, verwaarlosing, enige vorm van geweld, mishandeling of misbruik&#8230;).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die genade van God is dat Hy geweet het dat ons nie met die eerste probeerslag dit altyd sal regkry om te vergewe nie, daarom het Hy ges\u00ea dat ons 7 X 70 keer moet vergewe. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Matt 18:21-22&nbsp; Toe kom Petrus na Hom en s\u00ea: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek s\u00ea vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe<\/em>.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die pad van vergifnis is &#8216;n proses<\/strong>. Wanneer die Gees van God ons tot die oortuiging bring dat vergifnis nodig is, mag dit aanvanklik dalk uiters moeilik wees. Begin deur hardop te s\u00ea: &#8220;Ek vergewe &#8230;&#8230;&#8230;&#8230; (noem die naam) vir die skade aan my berokken.&#8221; Die eerste keer mag jy dalk beswaarlik die woorde oor jou lippe kry. Herhaal dit egter oor en oor en oor. Doen dit wel hardop, sodat die woorde uit is in die geestelike realm. Mettertyd sal jy begin ervaar dat daar iets in jou gees begin gebeur. Wanneer die woorde eers uit is in die geestelike realm, begin jy geleidelik vrykom van die houvas wat die duisternis deur onvergifnis of bitterheid op jou het. Dit woorde sal al hoe makliker begin kom en jy sal net al hoe meer &#8216;n ligtheid in jou gemoed begin ervaar.  ELKE keer wat die herinnering aan die insident(e) of die persoon by jou opkom en kwade gevoelens kom op, herinner jouself daaraan dat jy vergifnis gekies het en doen die proses dan dadelik w\u00e9\u00e9r! Mettertyd sal jy begin oorwinning ervaar oor jou pyn en bitterheid. As jy baie worstel hiermee, gaan sien beslis iemand wat hierdie pad saam met jou kan stap en jou kan begelei tot oorwinning. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:57px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. Vergewe jouself<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Net so belangrik dit is dat ons ander vergewe, moet ons ook <strong>onsself <\/strong>vergewe vir verkeerde keuses, besluite, dade en woorde van ons verlede. Ons is dikwels ons eie grootste kritici oor ons lewens en die keuses wat ons uitgeoefen het. Ek het al tot die besef gekom dat niemand my so hard veroordeel soos wat ek myself veroordeel vir my foute en tekortkominge nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mense voel dikwels teleurgesteld oor dit wat hul <strong>nie<\/strong> gedoen het of vermag het in hul lewens nie. Hul voel ontoereikend in die ideale wat hulle vir hulself gehad het, of wat ander miskien vir hulle gehad het. Christene ervaar soms &#8216;n diep hartseer oor die lewe wat hulle gelei het v\u00f3\u00f3r hulle wedergeboorte. Hierdie teleurstellings kan lei tot geweldige minderwaardigheid of selfveroordeling. Dit is nodig dat so \u2018n persoon sy\/haar omstandighede moet aanvaar en homself\/haarself vergewe vir verkeerde keuses in die verlede, of vir d\u00edt wat die oorsaak van die situasie was. <strong>Dit sou tragies wees as ons die res van ons lewens geestelike gevangenes moet wees vir die foute van ons verlede.<\/strong> (Al is iemand fisies \u2018n gevangene in die tronk vir foute wat hy gemaak het, is geestelike bevryding moontlik as die persoon homself kan vergewe.)<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. Ontvang God se vergifnis vir JOU<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">God vergewe ons die eerste keer wat ons Hom VRA. Hy is met alle respek ges\u00ea, nie eers &#8216;n bietjie kwaad vir ons en vergewe ons dan later nie. Sy vergifnis is ook onvoorwaadelik. Ons moet Sy vergifnis net in ontvangs neem. Mense dink soms dat hul nie God se vergifnis verdien nie. As ons almal net moes ontvang wat ons verdien het, sou ons almal in die hel gewees het. <strong>Onthou vergifnis is JUIS \u2018n geskenk aan iemand wat dit nie verdien nie.<\/strong>  <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Iemand kan ook onder die indruk verkeer dat hul God teleurgestel het. Dit lei tot selfveroordeling (<em>condemnation<\/em>) en skuldgevoel (<em>guilt<\/em>) en soms vrees vir straf. Dit is nodig dat ons van hierdie leuens vrykom om in &#8216;n intieme verhouding met God te kan kom en die volheid van God se erfenis ons eie te kan maak. God se liefde is onvoorwaardelik en die VOLLE  vergifnis vir AL ons oortredinge is REEDS deur Jesus aan die kruis vir ons betaal. Om God se onvoorwaardelike vergifnis te ontvang, maak dit vir ons moontlik om ook onsself te vergewe. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">God se vergifnis is nie te koop nie \u2013 nie met werke, deur skuldgevoel of jouself te straf nie. Weiering om die lewe te geniet deur pogings aan te wend om jouself te straf, of deur selfverwerping, sal lei tot probleme in \u00e1l jou verhoudings. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Isa 55:1&nbsp; WAIT and listen, everyone who is thirsty! Come to the waters; and he who has no money, come, buy and eat! Yes, come, buy wine and milk without money and without price [simply for the self-surrender that accepts the blessing].<\/em> <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>\u201c&#8230;<\/em><strong><em>simply for the self-surrender that accepts the blessing<\/em><\/strong><em>&#8230;\u201d<\/em>&nbsp; Wanneer ons in nederigheid onsself <strong>\u201csurrender\u201d<\/strong> en vir God vergifnis vra, moet ons Sy vergifnis in <strong>geloof ontvang<\/strong> en dan sal <strong>se\u00ebn<\/strong> volg. Nie omdat ons dit verdien nie, maar omdat God dit wil doen. <em>\u2018n Gratis geskenk wat ons nie verdien.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer ons dit <strong>nie<\/strong> doen nie, bly ons soos gevangenis in \u2018n sel sit, waarvan die deure lankal oopgemaak is en ons eintlik net vry kon uitstap. (Jes 61)<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jam 1:21&nbsp; So get rid of all uncleanness and the rampant outgrowth of wickedness, and in a humble (gentle, modest) spirit <strong>receive<\/strong> and welcome the Word which implanted and rooted [in your hearts] contains the power to save your souls.<\/em><\/li><li><em>Act 26:18&nbsp; To open their eyes that they may turn from darkness to light and from the power of Satan to God, so that they may thus <strong>receive forgiveness and release from their sins and a place and portion among those who are consecrated and purified by faith<\/strong> in Me. &nbsp;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">Ons moet leer om\nte kan ontvang. <strong>ONTVANG GOD SE\nVERGIFNIS! <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:60px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. Vergewe God<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie mense verkwalik God vir dit wat verkeerd geloop het in hul lewens. Hoe dikwels hoor ons die vraag: Waar was God toe dit of dat gebeur het? Waarom het Hy dit toegelaat? Hoe kan &#8216;n liefdevolle God so iets toelaat? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">God het die mens geskape met \u2019n vryheid van keuse. Alles wat ons aan ander doen en wat hulle aan ons doen, berus op die beginsel dat God nie ingryp in die mens se vryheid tot keuse nie. Mense is dikwels slagoffers van <strong>ander mense se verkeerde keuses<\/strong> (bv. dronk motorbestuurders, misdadigers, moordenaars, verkragters, pedofiele, skelm of korrupte mense&#8230;). Ons leef in &#8216;n gevalle w\u00eareld waarin die vyand en sy trawante daarop uit is om mense te vernietig en om twyfel te saai oor die karakter van God. Die kinders van God is net so blootgestel aan sy vernietiging as enige iemand anders. <\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. Oorleef &#8216;n gevalle w\u00eareld<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om in hierdie gevalle w\u00eareld te oorleef, is dit vir ons noodsaaklik om onwrikbaar vas te hou aan die onveranderlike karakter van God. Ongeag wat m\u00e9t ons of r\u00f3ndom ons gebeur. Die kinders van God het egter hulpbronne tot ons beskikking wat ons vryelik kan aanroep. Dit is juis die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">betekenis van die verbond<\/a>. Ons kan staatmaak op die Verbondsgod se <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">beloftes<\/a>. Ons maak dit ons eie deur die Woord van God oor ons lewens te proklameer in geloof en gebed. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is ons as gelowiges se vooorreg om tot God te <strong>bid <\/strong>vir beskerming teen enige aanslae en ons kan Hom selfs vertrou om dikwels bonatuurlik in te gryp om ons in sekere situasies te beskerm en uit te red. Dit is ook ons voorreg as kinders van God om <strong>outoriteit <\/strong>uit te oefen teen die werke van die vyand. <strong>Die Woord moedig ons aan om in ALLE omstandighede TE ALLE TYE biddend te wees. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. Alles ten goede<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ten spyte van ons erfenis wat God aan ons belowe het, weet ons ook dat Jesus gewaarsku het dat die pad van \u2019n gelowige nie net altyd met rose besaai sal wees nie. Dikwels gryp God nie in in uiters slegte omstandighede nie, want Hy sien \u2019n groter prentjie van die lewe as wat ons kan sien. Dit wat nou vir ons na die moeilikste situasie denkbaar lyk, is vir God deel van \u2019n groter plan vir ons lewens. In die lig van die groter goed, laat Hy dikwels dinge toe om te gebeur. Ons moet daarin berus dat God ALTYD weet waarom Hy sekere dinge toegelaat het. Hoe moeiliker die omstandighede, hoe meer moet ons in die skuilplek van die Allerhoogste inkruip en Hom onwrikbaar vertrou (Ps 91). <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons kan <strong>te<\/strong> <strong>alle tye<\/strong> daarop staatmaak dat Hy die negatiewe of slegte wat met ons gebeur het, <strong>ten goede sal laat meewerk<\/strong> in ons lewens. Soms is dit pynlik moeilik om dit te glo, maar ons kan weet dat Hy midde-in ELKE moontlike situasie met ons is. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 8:28&nbsp; En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk&#8230;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is nie vir ons as mense om <strong>wraak<\/strong> te neem of ander te laat <strong>vergeld<\/strong> vir dit wat hul gedoen het nie. Ons kan ook nie vir God verkwalik nie, want H\u00fd is die een wat die kwaaddoeners sal laat vergeld (<em>Vengeance is Mine<\/em>). Ps 94:1; Jes. 65:6<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">c. Vertrou Sy karakter<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanpersepsies oor God se karakter en Sy Vaderhart vir ons as Sy kinders, maak dat mense vir jare gevange gehou word in die leuens van Satan oor God. God is nie die <strong>oorsaak <\/strong>van die sleg nie, Hy bied vir ons die <strong>oplossing<\/strong> of die uitkoms van die sleg wat gebeur. Terwyl mense nog wanpersepsies hieroor bly glo en weier om die goedheid van God se karakter te aanvaar, kan daar geen geestelike deurbrake in hul lewens wees nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"> Dit sal ons niks baat om God te blameer vir die sleg in ons lewens nie.  Dit help dikwels ook nie om God te vra waarom dinge gebeur het nie. Vir sommige dinge in die lewe sal ons net nooit antwoorde kry nie. Dis nodig dat ons Hom as Soewereine God erken en vergifnis vra dat ons H\u00f3m blameer het vir dit wat verkeerd gegaan of gebeur het. Aanvaar dat ons in &#8216;n gevalle w\u00eareld leef en daar &#8216;n vyand rondloop wat steel, slag en verwoes. Begin om God te vertrou as die bron van die genesing van jou seer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In sy boek, \u201cLife\nis not fair, but God is good\u201d, vertel Robert Schuller verhaal op verhaal van\nmense met wie daar baie slegte dinge gebeur het, maar hul geloof in die\ngoedheid van God, het hul soms die haglikste terugslae laat oorwin en hierdie\nmense het dit reggekry om meer as \u2019n betekenisvolle en suksesvolle lewe te lei.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>\u00d3f ons vertrou God as die Vader van goedheid, lig en lewe, \u00f3f ons vertrou Satan as die Vader van die leuen. As ons die leuens glo, is die uiteinde van ons pad selfvernietiging. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 8:44&nbsp; Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was &#8216;n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy &#8216;n leuenaar is en die vader daarvan.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">d. Wees dankbaar<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Skrif leer ons dat ons in alle omstandighede dankbaar moet wees en ons verheug. Ons moet dit ook louter vreugde ag wanneer ons in allerhande beproewing beland. Dit is DAN wanneer ons onwrikbare geloof in die karakter van God getoets word. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Thes 5:18&nbsp; <strong>Thank [God] in everything [no matter what the circumstances may be<\/strong>, be thankful and give thanks], for this is the will of God for you [who are] in Christ Jesus [the Revealer and Mediator of that will].<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jy mag vra: Hoe kan ek dankbaar wees of my verheug?<\/strong> Die antwoord l\u00ea daarin dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet (Rom 8:28). <\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">e. God verstaan jou situasie<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Jesus <\/strong>verstaan alles van die onregverdigheid van die lewe en is in die perfekte posisie om begrip te h\u00ea vir ons probleme en vir ons genesing aan te bied vir wat met ons gebeur:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Hy het arm ouers gehad.<\/li><li>Hy was gebore in \u2019n land wat onderdruk en vervolg was deur die Roemeine.<\/li><li>Hy was gebore in \u2019n dorp waar die inwoners nie groot aansien by hul landgenote gehad het nie. <\/li><li>Hy was deur baie beskou as \u2019n buite-egtelike kind. <\/li><li>Sy ouers het Hom nie verstaan (op 12-jarige ouderdom leer Hy wyses by die tempel).<\/li><li>Sy pa, Josef, het waarskynlik op \u2019n jong ouderdom gesterf. <\/li><li>As oudste kind, het hy moontlik na die gesin omgesien.<\/li><li>Hy was verwerp deur sy eie broers en susters.<\/li><li>Baie van sy volgelinge het Hom verwerp.<\/li><li>Hy was deur die kerkleiers gekritiseer en verwerp.<\/li><li>Hy was gekritiseer as wynsuiper en vraat a.g.v. die tipe mense met wie Hy geassosieer het. &nbsp;<\/li><li>Hy was deur een van sy naaste vriende en \u2019n volgeling verraai.<\/li><li>Hy was deur een van sy getrouste volgelinge verlo\u00ebn.<\/li><li>Hy was valslik beskuldig van oortredinge wat Hy nie begaan het nie.<\/li><li>Sy ware identiteit was geminag en deur mense (veral die kerk) verwerp. <\/li><li>Sy eie landgenote het die vrylating van \u2019n moordenaar verkies in ruil vir Sy dood.<\/li><li>Hy is deur Sy eie mense verwerp, veroordeel en die doodsvonnis opgel\u00ea.<\/li><li>Hy was grusaam gemartel en die ergste denkbaar dood gesterf. <\/li><li>Hy het die ergste verwerping ervaar wat enige mens kon ervaar: Hy is deur God self verwerp!<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het vandag &#8216;n Ho\u00ebpriester, Jesus, wat self gely het en dus met die grootste empatie namens ons by die Vader intree. Hy het dit alles vir ons gedoen, sodat ons deur S\u00fd lyding nuut kan word en genees kan word. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Heb. 4:15 Want ons het nie &#8216;n ho\u00ebpriester wat nie met ons swakhede medelye kan h\u00ea nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. <\/em><\/li><li><em>Jak. 5:11 Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1159\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Meer oor Vergifnis (Deel 4): Vergewe en Vergeet? Vergelding? <\/a><\/li><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1105\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Maak seker jy lees ook: Die lokaas van Satan (Om aanstoot te neem\/gee)<\/a><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:50px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-css-opacity\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geen persoon op aarde kan s\u00ea dat hy nog nooit deur iemand seergemaak is of op een of ander manier leed aangedoen is nie. Geen persoon kan ook met onvergifnis in sy hart loop en dink dat dit hom nie op een of ander manier sal be\u00efnvloed of affekteer nie. Beide sielkundiges of geestelike leiers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1131,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[19],"tags":[],"class_list":["post-1128","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-padaanwysers","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1128","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1128"}],"version-history":[{"count":52,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1128\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2915,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1128\/revisions\/2915"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1131"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1128"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1128"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1128"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}