{"id":1268,"date":"2019-10-26T14:01:13","date_gmt":"2019-10-26T12:01:13","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1268"},"modified":"2022-05-10T15:36:45","modified_gmt":"2022-05-10T13:36:45","slug":"padaanwysers-van-selfgesentreerd-na-godgesentreerd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1268","title":{"rendered":"Padaanwysers: Van Selfgesentreerd na Godgesentreerd"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:60px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>Ek is met Christus gekruisig, en \u00e9k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. Gal 2:20<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">Die boodskap van die Nuwe Testament is dat ons moet sterf aan onsself. Die wedergebore kind van God moet van &#8216;n SELFGESENTREERDE lewe wegbeweeg na &#8216;n Godgesentreerde lewe. In hierdie artikel kyk ons na wat is die oorsprong van selfverheffing en waarom ons as gelowiges moet sterf aan selfverheffing.  <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:35px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. Die mens was volmaak geskape<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>\u201cEn God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed\u201d. Gen 1:27<\/em>+31  <\/p>\n\n\n\n<p>God het die mens volmaak geskape. V\u00f3\u00f3r die sondeval was die mens nie net fisies en geneties \u2018n volmaakte wese nie, maar ook sy emosionele ontwikkeling was sonder enige negatiewe invloede. Hy het geen kennis van goed en kwaad gehad nie. Sy paradigmas en persepsies van die lewe was ongeskonde en volkome Goddelik ge\u00efnspireer.  <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:38px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. Verhouding tussen God en mens voor die sondeval<\/h2>\n\n\n\n<p>Voor die sondeval was daar \u2018n volmaakte verhouding tussen God en die mens wat gespreek het van openheid en harmonie. In die Paradys was daar \u2018n intieme lewenswandel tussen mens en God, hulle Skepper. Daar was geen skaamte by die mens nie. Geen selfbewustheid nie. Die feit dat hul naak was, het hulle glad nie gepla nie.  <\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=357\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">[Lees ook: God se droom word gedwarsboom]<\/a><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:39px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. Lucifer kom tot &#8216;n val<\/h2>\n\n\n\n<p>God het beide die mens en die engele gemaak as wesens met \u2018n vrye wil en dus \u2018n vermo\u00eb om onafhanklik van God, sy eie keuses te maak. Lucifer, &#8216;n engel van God, het selfgesentreerd geraak en het rebelleer oor sy posisie voor God. Dit het tot gevolg gehad dat hy uit die hemel verwerp is. Sy selfverheffing het gelei tot sy val. Die gevalle engel, Lucifer, vandag aan ons bekend as Satan, was jaloers op die mens se spesiale verhouding met God. Hy het dit sy missie gemaak om die intimiteit tussen God en die mens te ru\u00efneer. Lucifer (Satan) se volgende stap was en is tot vandag toe nog om die waarheid oor God te verdraai en sodoende die mens tot \u2018n val te bring. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:43px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">4. Misleiding van Satan<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>In die Tuin van Eden was Satan se eerste aanslag om die mens se verhouding met God te ru\u00efneer, om Eva te laat <strong>twyfel<\/strong> in wat <strong>God<\/strong> ges\u00ea het. Deur net subtiele vrae aan haar te stel, het by haar die indruk probeer skep dat God nie die volle waarheid aan hulle vertel het nie.      <\/li><li>Hy het <strong>selfgesentreerde gedagtes<\/strong> in haar wakker gemaak wat daartoe gelei het dat sy: <ul><li>skielik begin <strong>twyfel<\/strong> het in <strong>haarself<\/strong> &#8211; of sy goed genoeg was,       <\/li><li><strong>ontevrede<\/strong> was met wat sy reeds gehad het en <\/li><li>meer <strong>begeer<\/strong> het. <\/li><\/ul><\/li><li>Hy het aan haar ges\u00ea dat, as sy van die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad sou eet, sy die vermo\u00eb sou kry om soos God te wees en dan sou sy onderskeid kon tref tussen goed en kwaad. Binne haar paradigma het sy egter geen konsep van \u201c<strong>kwaad<\/strong>\u201d gehad nie. As sy moes weet wat kwaad was, sou sy dit waarskynlik nie gekies het nie. <ul><li><em>Gen 3:6&nbsp; \u201cToe <strong>sien<\/strong> die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy &#8216;n lus was vir die o\u00eb, ja, &#8216;n boom wat &#8216;n mens kan begeer om verstand te verkry&#8230;\u201d<\/em> <\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Eva het nog al die tyd die boom in die tuin gesien en die begeerlike vrug het haar nog nooit gepla nie. Wat was dan nou anders? Sy was deur Lucifer se <strong>leuens mislei<\/strong>, wat daartoe gelei het dat sy nou \u201c<strong>met ander o\u00eb<\/strong>\u201d na die boom gekyk het.  <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Die <strong>leuens <\/strong>wat Satan na haar gebring het, <ul><li>het gelei tot<\/li><\/ul><\/li><li>verkeerde <strong>persepsies <\/strong>(sy sien die boom skielik anders)<ul><li>het gelei tot<\/li><\/ul><\/li><li>die <strong>begeerte <\/strong>(verkeerde gedagtes)<ul><li>het gelei tot<\/li><\/ul><\/li><li>die <strong>daad <\/strong>(sonde)<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p> Wanneer is &#8216;n daad sonde? &#8216;n Praktiese voorbeeld: &#8216;n Getroude man sien &#8216;n mooi vrou en die versoeking om te begeer kom by hom op. Hoe hanteer hy dit? Wanneer hy toegee aan die versoeking om te begeer, is dit \u2019n sondige gedagte. (Jesus was duidelik daaroor dat om iemand anders se vrou te begeer, dieselfde as egbreuk is.) Wanneer die man egter sy gedagtes tot gehoorsaamheid roep en die begeerte beveg, is dit nie sonde nie. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:32px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">5. Selfverheffing die kern<\/h2>\n\n\n\n<p>Die enigste kwaad wat reeds bestaan het toe Satan Eva verlei het, was die kwaad waaraan hyself skuldig was, nl. hoogmoed, rebellie, selfverheffing en trots. Selfverheffing was die oorsaak van Lucifer se val. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dit was SELFVERHEFFING wat Eva laat struikel het<\/strong>! Die gedagte is by haar geplant om haarself te verhef om soos God te wees. Net soos wat selfverheffing tot Lucifer se val gelei het, was <strong>selfverheffing ook die rede vir die val<\/strong> van die mens. Na die sondeval het die mens se lewe <strong>selfgesentreerd<\/strong> geword. Ons sien hierdie gedrag s\u00f3 duidelik in kleuters. Hulle kan beswaarlik praat, dan is die woord &#8220;MYNE&#8221; reeds prominent in hulle woordeskat. Kinders moet vroeg reeds van selfgesentreerdheid en selfsug gelei word tot mededeelsaamheid.  <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:43px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">6. Kenmerke van die mens n\u00e1 die sondeval<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Die mens se eerste reaksie na die sondeval, was <strong>skaamte<\/strong> oor sy naaktheid. Die mens het <strong>selfbewus<\/strong> geword.<\/li><li>Die mens se <strong>selfbewustheid<\/strong> lei tot <strong>minderwaardigheid<\/strong>. Skielik kruip hulle nou weg vir God en voel nie meer waardig om voor Hom te verskyn nie.<\/li><li>Adam se eerste reaksie toe God hom konfronteer, was <strong>selfregverdiging<\/strong> en <strong>blaamverskuiwing<\/strong>. Hy het Eva die skuld gegee en sy het weer op haar beurt die slang      beskuldig vir wat gebeur het. <\/li><li>In Adam en Eva se nageslag sien ons reeds <strong>probleme in verhoudings<\/strong>, wanneer Ka\u00efn sy broer Abel doodslaan. Kain se selfverheffing het gelei tot <strong>jaloesie<\/strong> (sondige gedagtes), wat weer lei tot <strong>moord<\/strong> (sondige daad). <\/li><li>Die mens het deur die sondeval sy <strong>intimiteit<\/strong> met God verloor en het probeer om vir God weg te kruip.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:44px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">7. Jesus kom die verhouding herstel<\/h2>\n\n\n\n<p>God se begeerte was en is vandag nog, dat die mens weer uit eie keuse na Hom sal terugkeer en dat ons weer in DIESELFDE <strong>intimiteit en vrymoedigheid<\/strong> as Adam en Eva met Hom sal wandel. God het <strong>Jesus<\/strong> (Sy Eersgeborene) gestuur om Sy lewe as offer te gee om versoening tussen Hom en die mens (Sy ander kinders) te bewerkstellig. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 3:16&nbsp; Want so lief het God die w\u00eareld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h\u00ea.<\/em><\/li><li><em>Gal 4:4-7&nbsp; Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit &#8216;n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:62px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">8. Jesus: Die volmaakte voorbeeld van selfloosheid<\/h2>\n\n\n\n<p>Jesus was die\nvolmaakte voorbeeld van \u2018n persoon wat \u2018n <strong>selflose<\/strong>\nbestaan gevoer het. Sy lewe het getuig van presies die teenoorgestelde van\nselfverheffing, nl <strong>absolute nederigheid,\n\u2018n selfopofferende lewe en \u2018n bereidwilligheid om Sy lewe op te offer deur aan\ndie kruis te sterf<\/strong>. Hy het die hoogste offer van <strong>selfverlo\u00ebning<\/strong> gebring deur Sy lewe af te l\u00ea en te sterf vir ander.\nDeur Sy hele bediening het Hy mense aangemoedig om Sy voorbeeld te volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Bloot net Jesus se koms na die aarde om mens te word, was al die eerste stap van opoffering en sterf aan Sy Goddelikheid. Hy het Homself verder verneder deur bereid te wees om as mensekind uit \u2018n vrou gebore te word, as mens op aarde &#8216;n armoedige bestaan te voer en uiteindelik as &#8216;n vervloekte aan \u2018n kruis te sterf. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Fil 2:3-8&nbsp; Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander ho\u00ebr ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s&#8217;n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van &#8216;n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as &#8216;n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Jesus se bereidwilligheid om Homself te verneder, het daartoe gelei dat God Hom uitermate verhoog het.<\/strong> Die finale hoogtepunt sal wees wanneer Hy w\u00e9\u00e9r op die wolke verskyn en ELKE knie sal buig en ELKE tong sal bely dat Hy die Seun van God is! <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Fil 2:9-11&nbsp; Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom &#8216;n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:58px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">9. &#8220;Self&#8221; moet sterf<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gal 2:20&nbsp; Ek is met Christus gekruisig, en \u00e9k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.<\/em><\/li><li><em>2 Kor 5:15&nbsp; omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.<\/em><\/li><li><em>1 Pet 4:2&nbsp; om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.<\/em><\/li><li><em>Mat 16:24&nbsp; Toe s\u00ea Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlo\u00ebn en sy kruis opneem en My volg.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Die tema van die Nuwe Testament is \u2018n oproep op\nons as gelowiges om nie selfgesentreerd te lewe nie, maar voortdurend te sterf\naan onsself. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Kruisig-jouself-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-2271\" width=\"353\" height=\"239\" srcset=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Kruisig-jouself-1.jpg 545w, https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Kruisig-jouself-1-300x204.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 353px) 100vw, 353px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Om ons daaglikse kruis op te neem, beteken dat ons moet sterf aan ons selfgesentreerde gedagtes en lewens. <strong>Soos wat selfverheffing gelei het tot die mens se verlies aan intimiteit met God, is die kruisiging van die self weer die antwoord om terug te kom in intimiteit met God. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Dit klink na \u2018n\nbaie eenvoudige konsep, maar in die praktyk sien ons so min mense wat\noorwinning hieroor behaal. Die grootste rede hiervoor is waarskynlik dat ons \u2018n\nwanbegrip het oor wat dit beteken om nie selfgesentreerd te lewe nie. In die\nsekul\u00eare w\u00eareld word ons vanuit alle oorde geleer om ons self te laat geld. <strong>Humanisme<\/strong> plaas \u2018n ongesonde fokus op\ndie regte van die indiwidu. Dit is alles dinge wat teenstrydig is met die\nboodskap van die Skrif van \u2018n <strong>selflose<\/strong>\nbestaan. (<em>Nie ek wat leef nie, maar\nChristus in my<\/em>!)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Satan verlei vandag nog die mensdom weg van\nintimiteit met God deur selfverheffing! <\/strong><\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\"><strong>Selfverheffing is o.a. die kern van<\/strong><strong>:<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Onvergifnis<\/strong> en <strong>bitterheid<\/strong>. &#8216;n Ongesonde fokus op jouself en wat ander jou aangedoen het. <\/li><li><strong>Jaloesie<\/strong>. Die mens vergelyk homself met ander en begeer wat hulle het om homself te kan verhoog. <\/li><li><strong>Prestasie<\/strong>&#8211; of <strong>geldgedrewenheid<\/strong>. &#8216;n Ongesonde soeke na <strong>erkenning<\/strong> of <strong>aanvaarding<\/strong>. <\/li><li><strong>Minderwaardigheid<\/strong>. Ongesonde fokus op jouself wat lei tot selfbewustheid of selfs <strong>selfhaat<\/strong>. <\/li><li><strong>Hoogmoed, rebellie, manipulasie<\/strong>.  Hierdie dinge spreek van \u2018n ongesonde fokus op jouself om jou te verhef bo ander.<\/li><li><strong>Selfgesentreerde lewe<\/strong> wat nie ander mense en hulle behoeftes of gevoelens in ag neem. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dit behoort die roeping en strewe van elke gelowige te wees om meer en meer te sterf aan homself, om sodoende alle struikelblokke uit die weg te ruim sodat hy\/sy in groter intimiteit met God kan kom. <\/p>\n\n\n\n<p>Graham Cooke skryf: <strong>Beide God en Satan wil ons dood h\u00ea<\/strong>. Ons moet net uitvind watter een maak ons dood&#8230; God wil selfgesentreerdheid doodmaak. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>God vra van ons:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter is-resized\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/selfloosheid.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1299\" width=\"320\" height=\"120\" srcset=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/selfloosheid.jpg 497w, https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/selfloosheid-300x113.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 320px) 100vw, 320px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p><strong><em>&nbsp;\u201cIf you want to be a person of significance,\ndie to the \u201cself\u201d, so that the Significant One can shine through you. The more\nyou die, the more of Him will show. He has already proven Himself as the\nSignificant One and God crowned Him as such. Through our own efforts, we will\nnever be able to achieve what He did. But He invites us to lay down our lives\nso that He can live in us. \u201c<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:59px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">10. Die Heilige Gees ons Helper<\/h2>\n\n\n\n<p>Hoe meer ons\nsterf aan onsself, hoe meer kan die Gees van God deur ons die karakter van\nChristus manifesteer. Jesus het ges\u00ea dat dit vir ons voordelig is dat Hy\nweggaan, want dan kon Hy die Vader vra om die <strong>Heilige Gees<\/strong> (Trooster) te stuur om ons te lei in ons\nlewenswandel. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 8:13-17&nbsp; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.&nbsp; Want almal wat deur die Gees van God gelei word, di\u00e9 is kinders van God.&nbsp; Want julle het nie ontvang &#8216;n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.<\/em><\/li><li><em>Joh 16:13-15&nbsp; Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek ges\u00ea dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.<\/em><\/li><li><em>Joh 14:26&nbsp; <strong>But the Comforter (Counselor, Helper, Intercessor, Advocate, Strengthener, Standby), the Holy Spirit<\/strong>, Whom the Father will send in My name [in My place, to represent Me and act on My behalf], He will teach you all things. And He will cause you to recall (will remind you of, bring to your remembrance) everything I have told you.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die <strong>Heilige Gees<\/strong> is nie manipulerend nie en dwing nooit enige iets op ons af nie. Die Heilige Gees lei ons net tot die mate waartoe ons hom toelaat om ons te begelei. Die mate waartoe ek aan myself gesterf het, gee ek aan die Gees van God die geleentheid om Jesus se karakter deur my te laat manifesteer. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hoe lyk die lewe van iemand wat in intimiteit met\nJesus wandel, leef en bedien?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>PURITY<\/strong>: (eerlik, opreg en suiwer)<ul><li>and<\/li><\/ul><\/li><li><strong>HUMILITY<\/strong>: (nederigheid, sterf aan self)<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>A Psalm of David. LORD, WHO shall dwell in Your tabernacle? Who shall dwell [permanently] on Your holy hill? He who walks and lives uprightly and blamelessly, who works rightness and justice and speaks and thinks the truth in his heart, He who does not slander with his tongue, nor does evil to his friend, nor takes up a reproach against his neighbor; <\/em>  <em>Ps 15:-3<\/em> <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:36px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Enkele aspekte om oor te dink&#8230;<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Hoeveel fokus is daar op jouself wanneer jy met God praat\/ bid?<\/li><li>Hoeveel fokus is daar op jouself wanneer jy met ander mense gesels?<\/li><li>Hoeveel fokus is daar op jouself in jou:<ul><li>Huwelik<\/li><li>Verhouding met kinders<\/li><li>Finansies<\/li><li>Tydsbesteding<\/li><li>Verhouding met vriende<\/li><li>Verhouding met mede-gelowiges<\/li><li>Verhouding met God<\/li><\/ul><\/li><li>Sou jy bereid wees om met vrymoedigheid te kan s\u00ea: &#8220;Dis nie meer ek wat leef nie, maar Christus in my?&#8221;<\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:60px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is met Christus gekruisig, en \u00e9k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. Gal 2:20 Die boodskap van die Nuwe Testament is dat ons moet sterf aan onsself. Die wedergebore kind van God moet van &#8216;n SELFGESENTREERDE lewe wegbeweeg na &#8216;n Godgesentreerde lewe. In hierdie artikel kyk ons na wat is die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1286,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[19],"tags":[],"class_list":["post-1268","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-padaanwysers","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1268","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1268"}],"version-history":[{"count":52,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1268\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2868,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1268\/revisions\/2868"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1286"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1268"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1268"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1268"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}