{"id":284,"date":"2019-09-20T08:51:42","date_gmt":"2019-09-20T06:51:42","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284"},"modified":"2022-05-06T15:59:19","modified_gmt":"2022-05-06T13:59:19","slug":"die-betekenis-van-verbond-vir-jou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284","title":{"rendered":"Die betekenis van VERBOND vir jou!"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:63px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap wp-block-paragraph\">Om die ware betekenis van Jesus se offer aan die kruis te verstaan, is dit nodig dat&nbsp; gelowiges \u2019n duidelike begrip moet h\u00ea van die betekenis van \u2018n verbond. Kennis oor verbondsbeginsels sal groot waarde toevoeg tot ons verstaan van die beloftes van God vir ons as Sy kinders. <\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"has-text-align-center wp-block-heading\"><strong>Ons kyk vervolgens na die betekenis van die OU VERBOND en hoe dit vervul is met die NUWE  VERBOND.<\/strong><\/h4>\n\n\n\n<div style=\"height:46px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h1 class=\"wp-block-heading\">Die Ou Verbond<\/h1>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. <strong>Agtergrond<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">God het met Abraham \u2019n verbond gesluit (Gen. 15) wat as voorbereiding gedien het vir die nuwe verbond wat Hy later met Jesus sou sluit. Die nuwe was nie \u2019n plaasvervanger vir die oue nie, maar eerder \u2019n vervulling van die oue. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ou verbond was \u2019n <strong>heenwysing<\/strong> of \u2019n voorskou van die nuwe verbond. Ons sien in die Bybel verskillende soorte verbonde. Na die sondvloed het God bv. \u2018n verbond met Noag gesluit dat Hy nie weer \u2018n vloed oor die aarde sou stuur nie. Hy het die re\u00ebnboog as teken van di\u00e9 verbond gegee (Gen. 8). Daar is ook etlike ander soorte verbonde, maar die een waarop ons gaan fokus is \u2018n BLOEDVERBOND.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. <strong>Wat is \u2019n verbond?<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>\u2019n Verbond is \u2019n daad waardeur twee partye in \u2019n lewenslange versoeningsooreenkoms met mekaar tree.<\/em><\/strong> Met die sondeval het ongeregtigheid \u2019n skeidsmuur tussen God en die mens geword. Om herstel in die verhouding te kon bring, was \u2019n versoeningsooreenkoms tussen God en die mens nodig.  <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jes 59:2&nbsp; maar julle ongeregtighede het &#8216;n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die versoeningsooreenkoms (nuwe verbond) is deur die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" data-type=\"URL\" data-id=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">ou verbond<\/a> voorafgegaan, sodat die mense die volle betekenis van die nuwe beter kon verstaan.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\"><strong>Die verband tussen verbond en testament<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bybel bestaan uit 2 dele, nl die Ou Testament en die Nuwe Testament. <strong>Testament <\/strong>in Latyn is Testamentum. In sy mees korrekte vorm word dit met die woord <strong><em>VERBOND <\/em><\/strong>vertaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sou dus kon s\u00ea dat die Bybel bestaan uit:<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>Ou Verbond (Ou Testament)<\/li><li>Nuwe Verbond (Nuwe Testament)<\/li><\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Verbond<\/strong> &nbsp;in Hebreeus is \u201cBerith\u201d en in Grieks: \u201cDiatheke\u201d. Beide die woorde beteken letterlik: <strong>\u201com te sny\u201d. <\/strong>Ons s\u00ea dat \u2018n bloedverbond \u201cgesny\u201d word (\u201cto cut covenant\u201d), en daar vind bloedvloeiing plaas.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\"><strong>Wat is \u2018n&nbsp; BLOEDVERBOND?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Dit is \u2018n daad waardeur twee partye in \u2018n lewenslange versoeningsooreenkoms met mekaar tree.<\/li><li>Dit is die intiemste, langdurigste, heiligste en mees ernstige van alle ooreenkomste op aarde.<\/li><li>\u2018n Bloedverbond mag nooit verbreek word nie.<\/li><li>Verbreking was strafbaar met die dood.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feitlik elke nasie op aarde is bekend met die gebruik van \u2018n bloedverbond. Dit blyk asof dit \u2018n ingebore instink by mense is om deur die sny van \u2018n bloedverbond in \u2018n ooreenkoms met mekaar te gaan. Die gebruik van \u2018n verbond is iets wat selfs by die mees primitiewe stamme voorkom.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">Bloedverbonde in die Skrif<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Regdeur die Ou Testament sien ons hoe verskillende partye in ooreenkoms met mekaar gegaan het deur verbondsluiting.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Baie goeie voorbeeld van \u2018n bloedverbond was die ooreenkoms tussen <strong>Dawid<\/strong> en <strong>Jonatan<\/strong>. Uit liefde vir mekaar het hulle \u2018n lewenslange ooreenkoms met mekaar aangegaan. Hiermee het hul beloof om nie net na mekaar om te sien nie, maar ook vir mekaar se nageslagte verantwoordelikheid te aanvaar (1 Sam. 18).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sluiting van \u2018n <strong>bloedverbond<\/strong> het uit <strong>9 stappe<\/strong> bestaan. In die Ou Testamentiese tyd was mense vertroud met die prosedure van verbondsluiting. Ons vind n\u00earens in die Skrif dat die 9 stappe in volgorde beskryf word nie. Wanneer ons na voorbeelde van verbondsluiting in die Skrif kyk, kan ons \u2018n totale prentjie vorm van die verskillende stappe waaruit die prosedure bestaan het.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:48px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. <strong>Prosedure van verbondsluiting:<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.1. Omruil van die bo-kleed<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die persone wat \u2018n verbond gesluit het, het hul bo-klede omgeruil. \u2018n Persoon se bo-kleed verteenwoordig sy karakter en persoonlikheid. Deur jou bo-kleed aan \u2018n persoon te gee, het jy eintlik jou lewe as pand of waarborg gegee.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Sam 18:4&nbsp; Daarby trek J\u00f3natan sy mantel uit wat hy aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy boog en sy gordel.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.2. Omruil van die gordel<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Persoon se wapens (dolk, boog en pyle, swaard) is aan sy gordel gedra. Die gordels is omgeruil. Met die uitruiling van die gordels het die partye aan mekaar hul sterkte en ondersteuning gebied. Hul het onderneem om mekaar te beskerm as een aangeval sou word (1 Sam. 20:15).<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.3. Sny die verbond<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Dier is in 2 gelyke dele gesny en die 2 dele is teenoor mekaar gestel. Die 2 persone wat die verbond gesny het, het rug teen rug tussen die dele van die dier gestaan. Hulle het dan tussen die dele deurgestap, sodat hulle weer van aangesig tot aangesig voor mekaar te staan gekom het (Lees Gen 15).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hiermee het hulle verklaar hulle dat hulle geen reg op hulle eie lewens gehad het nie. Hulle het \u2018n nuwe lewe van opoffering teenoor mekaar opgeneem. Indien die verbond verbreek sou word, kon hulle soos die diere in 2 gekap word.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.4. Meng van bloed<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die regter handpalm of polse is gesny, waarna hul mekaar se regterhande vasgevat het om die bloed te vermeng. Ewige trou is aan mekaar gesweer. Die twee partye het bloedbroers geword.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.5. Omruil van name<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twee partye het&nbsp; hul name omgeruil. Hiermee het hulle oook hul outoriteit en reputasies uitgeruil. Toe God met Abram \u2018n verbond gesluit het, het Hy Abram se naam verander. Hy het Sy eie naam, Jehowa, by die naam van Abram gevoeg en hy het Abraham geword. Ook Abraham se vrou Sara, het Sarah geword. God word in die Ou Testament genoem die God van Abraham, Isak en Jakob.  <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.6. Maak &#8216;n litteken<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierna is houtskool of as in die wond ingevryf om \u2018n permanente litteken te maak. Die litteken was die merk dat daar meer aan \u2018n persoon is as wat jy met die eerste oogopslag raaksien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>(Henry Stanley het met 50 stamme in Afrika verbonde gesluit. Die littekens wat hy gedra het, het hom \u2018n gevreesde en gerespekteerde man gemaak vir almal wat sy pad gekruis het.)<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As bewys dat God \u2018n verbond met Abraham gesluit het, het Hy die besnydenis as \u2018n teken of se\u00ebl gegee.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 17:10-11 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag n\u00e1 jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word&#8211;&nbsp; julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal &#8216;n teken wees van die verbond tussen My en julle.<\/em><\/li><li><em>Rom 4:11&nbsp; En hy het die teken van die besnydenis ontvang as &#8216;n se\u00ebl van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.7. Voorwaardes<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorwaardes van die spesifieke verbond en wat dit behels het, is voor getuies uitgelees. Beide partye se bates en laste is voorgehou. Persone se bates (geld, eiendom en besittings) en ook hul laste het nou aan mekaar behoort.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met Jonatan se sterwe het Dawid, op grond van die verbond, hom ontferm oor Jonatan se seun, Mefiboset (Lees 2 Sam. 9 meer hieroor). Die verlamde Mefiboset het soos \u2018n koningskind in die huis van Dawid gewoon.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.8. Maaltyd<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Aan die einde van die verbondsluiting is daar brood gebreek en saam wyn gedrink. Dit het gedien as simbool van hul deelname aan mekaar.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">3.9. Gedenksteen<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Gedenksteen is opgerig of \u2018n boom is geplant. Die bloed van \u2018n dier is daaroor gesprinkel. Nadat Abraham&nbsp; \u2018n verbond met Abimeleg gesluit het, het hy \u2018n tamarisk geplant (Gen. 21:33). Die twee partye het hiermee ges\u00ea dat hulle opregte vriende was \u2013 bloedbroers.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ou verbond was \u2019n heenwysing na die nuwe verbond; die beter verbond wat op beter beloftes gegrond is.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Heb 8:6&nbsp; Maar nou het Hy &#8216;n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van &#8216;n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">God wou \u2018n beter verbond met die\nmensdom sluit. Daarvoor het Hy \u2019n verbondsvennoot nodig gehad. Geen mens op\naarde kon as waardige vennoot met God in hierdie verbond tree nie. Om hierdie\nrede het Hy <strong>Jesus <\/strong>gestuur. Jesus moes deur \u2018n vrou\ngebore word om wettiglik die aarde as mens te betree. Sy taak was om, namens\ndie mensdom, met God in \u2019n verbond te tree. Hy moes ook volmaak en sonder sonde\nwees om \u2019n <strong>waardige verbondsvennoot<\/strong>\nvan God te kon wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nuwe Verbond was dus nie tussen God en die mens nie, maar tussen God en Jesus. Jesus het as mens, namens die mensdom, met God die verbond gesluit. Ons word dus erfgename van die nuwe verbond wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanvaar. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 8:17&nbsp; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus&#8230;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:21px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"has-text-align-center wp-block-heading\">Vervolgens kyk ons hoe <strong>Jesus elkeen van die 9 stappe van verbondsluiting vervul het! <\/strong><\/h3>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h1 class=\"wp-block-heading\">Die Nuwe Verbond<\/h1>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">1. Omruil van klede<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Jesus het ons ongeregtighede soos \u2018n <strong>besoedelde kleed<\/strong> op Hom geneem. <ul><li><em>Jes 64:6+10 En ons het almal geword soos &#8216;n onreine, en al ons geregtighede soos &#8216;n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.<\/em> <em>Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">mantel van geregtigheid<\/a> gewikkel.<\/em> <\/li><\/ul><\/li><li>Jesus het nie sonde gedoen nie, Hy is sonde <strong>gemaak<\/strong>, sodat ons geregtigheid kon word! <ul><li><em>2 Kor 5:21\u00a0 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Hy het ons beklee met die nuwe mens, nl <strong>geregtigheid en heiligheid<\/strong>. <ul><li><em>Ef 4:24\u00a0 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.<\/em> <\/li><li><em>Kol 3:10\u00a0 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis<\/em> <em>na die beeld van sy Skepper, <\/em><\/li><li><em>Kol 3:12-14\u00a0 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid,<\/em> <em>lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander &#8216;n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. <\/em><\/li><li><em>Gal 3:26-27\u00a0 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons moet ons <strong>beklee<\/strong> met Jesus. Ons neem S\u00fd natuur en karakter aan.<ul><li><em>Rom 13:14\u00a0 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie. <\/em><\/li><li><em>Ef 4:22-24\u00a0 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet afl\u00ea wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mensmoet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">2. Omruil van gordels<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ons ontvang Sy <strong>krag en sterkte<\/strong>. <ul><li><em>Ef 3:16+17&nbsp; dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons ontvang die <strong>krag van die Heilige Gees<\/strong>.  <ul><li><em>Hand 1:8&nbsp; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,<\/em> <\/li><\/ul><\/li><li>Ons ontvang die <strong>volle wapenrusting<\/strong> van God.<ul><li><em>Ef 6:10&nbsp; Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy <\/em> <em>sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly <\/em>  <em>teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed<\/em>  <em>nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die w\u00eareldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">3. Sny die verbond<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Jesus self was die offerdier\/ Lam (Joh. 1:29) wat geoffer is. Hy het ons oortredinge op Hom geneem. <ul><li><em>Jes 53:4+5&nbsp; Nogtans het Hy \u00f3ns krankhede op Hom geneem, en \u00f3ns smarte&#8211;di\u00e9<\/em> <em>het Hy gedra; maar \u00f3ns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.<\/em><\/li><li><em>Rom 4:25&nbsp; wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.<\/em><\/li><li><em>1 Pet 2:24&nbsp; wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Jesus het die verbond namens ons gesny. Hoe maak ons dit ons eie? <ul><li>deur te <strong>GLO <\/strong>dat Jesus Christus die enigste Seun van God in ons plek aan die kruis gesterf, <\/li><li>deur te <strong>GLO <\/strong>dat Hy hiermee versoening tussen God en die mens bewerkstellig het, <\/li><li>deur Hom dan <strong>aan te neem as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker<\/strong>. (Lees Rom 10:9-13)<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">4. Meng die bloed<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Deur bloed te meng, word twee lewens een. Hulle neem mekaar se natuur aan. Wanneer ons die offer van Jesus se bloed aanvaar, word ons God se kinders.<ul><li><em>Rom 8:15-17\u00a0 Want julle het nie ontvang &#8216;n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;\u00a0 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. <\/em><\/li><li><em>Gal 4:5-7\u00a0 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>As <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1038\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">kinders van God, kan ons nou ons erfenis in Christus ontvang en ons eie maak<\/a>.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">5. Omruil van name<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Jesus noem ons Sy vriende<\/strong>. <ul><li><em>Joh 15:14+15&nbsp; Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li><strong>God het aan Jesus \u2018n Naam bo elke naam gegee<\/strong>.<ul><li><em>Fil 2:9-11&nbsp; Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom &#8216;n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li><strong>Jesus is verhewe bo elke mag en krag<\/strong>. <ul><li><em>Ef 1:20+21&nbsp; wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie w\u00eareld nie, maar ook in die toekomstige.<\/em><\/li><\/ul><\/li><li><strong>Ons word aangemoedig om Sy Naam te gebruik<\/strong>. <ul><li><em>Joh 14:13+14&nbsp; En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.<\/em><\/li><li><em>Joh. 15:16 &#8230;S\u00f3 sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.<\/em> <\/li><li><em>Kol 3:17&nbsp; En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li><strong>Ons ontvang S\u00fd reputasie en <\/strong><em><strong>outoriteit<\/strong><\/em>. Ons kan dus in Sy Naam storms stilmaak, berge skuif, demone uitdryf, siekes genees, blindes laat sien, dowes laat hoor, engele opdragte gee&#8230;<\/li><li><strong>Ons word \u201ckinders van God\u201d genoem<\/strong>. <ul><li><em>Rom 8:15-17 Want julle het nie ontvang &#8216;n gees van slawerny om weer te vrees nie,maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">6. Maak &#8216;n litteken<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Die besnydenis was die teken van God se verbond met Abraham. In die Nuwe Testament word die <strong>besnydenis van die hart<\/strong> dan nou die teken van die verbond.<ul><li><em>Jer 31:31-34&nbsp; Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van <\/em>I<em>srael en die huis van Juda &#8216;n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op di\u00e9 dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie&#8211;my verbond wat h\u00falle verbreek het, alhoewel \u00c9k gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek n\u00e1 di\u00e9 dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my <strong>wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart<\/strong>; en Ek sal vir hulle &#8216;n God wees, en hulle sal vir My &#8216;n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en s\u00ea: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. <\/em><\/li><li>(Eseg. 11:19-20, 36:25-28, Heb. 8:8-12, Rom. 2:29)<\/li><\/ul><\/li><li>Jesus se verbryselde LIGGAAM is die litteken. Ons identifiseer met Sy kruisiging, Sy dood en Sy opstanding wanneer ons ons<strong> <\/strong>met wedergeboorte laat doop. <ul><li><em>Kol 2:11+12&nbsp; in wie julle ook besny is met &#8216;n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te l\u00ea in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom <strong>begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het<\/strong><\/em>.<\/li><li>(Rom. 6:6, Gal. 2:20, 5:24, 6:14)<\/li><\/ul><\/li><li><strong>Die Heilige Gees is die se\u00ebl van die verbond<\/strong>. Wanneer ons tot wedergeboorte kom, kom die Heilige Gees van God in ons woon. Ons liggame word die tempel van God en ons lewenswandel dra die tekens van die vrug van die Gees. <ul><li><em>Ef 1:13&nbsp; in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verse\u00ebl is met die Heilige Gees van die belofte&#8230; <\/em><\/li><li><em>Ef 4:30&nbsp; En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verse\u00ebl is tot die dag van verlossing. <\/em><\/li><li><em>2 Kor 1:22&nbsp; wat ons ook verse\u00ebl het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">7. Voorwaardes<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ons ontvang \u2018n <strong>BETER<\/strong> verbond met beter <strong><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">BELOFTES<\/a><\/strong>.<ul><li><em>Heb 7:22\u00a0 in sover het Jesus van &#8216;n beter verbond borg geword<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>God se verbond met Jesus is deur eedswering bekragtig. <ul><li><em>Heb 7:28\u00a0 Want die wet stel as ho\u00ebpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat n\u00e1 die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons is volkome <strong><em><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\">GEREGTIG<\/a>.<\/em><\/strong><ul><li>2 Kor 5:21\u00a0 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons <em>gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>God kom woon <strong>in<\/strong> ons. Ons noem Hom Vader.<ul><li><em>2 Kor 6:16\u00a0 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My &#8216;n volk wees. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons ontvang <strong>VRYHEID.<\/strong><ul><li><em>Joh 8:36\u00a0 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">8. Maaltyd<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Net voor Jesus gekruisig is het Hy Pasga gevier saam met die dissipels (Luk. 22:7, 15-20). Hy het by hierdie geleentheid die nagmaal ingestel. Dit is die maaltyd wat dui op die sluiting van die nuwe verbond.&nbsp; <ul><li><em>Matt 26:28&nbsp; Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.<\/em><\/li><li><em>1 Kor 11:24-25 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en ges\u00ea: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker n\u00e1 die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=301\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">\u00a0[Lees meer oor die Verbondsmaal]<\/a><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">9. Gedenksteen<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kruis is die gedenkpaal waaroor die bloed van Jesus uitgegiet was. Dit is die simbool dat God \u2018n <strong>VERBOND<\/strong> met Jesus gesluit het. Vandag nog dien die <strong>le\u00eb<\/strong> kruis as simbool dat Jesus Homself as offer gegee het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jesus het namens die mensdom hierdie verbond met God gesluit. Van die hemel se kant af is dit afgehandel. Ons het niks gedoen om dit te verdien nie. Ons hoef en kan ook niks m\u00e9\u00e9r doen om dit te verdien nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Ons enigste aandeel in d\u00ede verbond, is om dit te aanvaar om die voordele daarvan te kan ervaar. Deur aanspraak te maak op die verbond wat r\u00e9\u00e9ds vir ons gesluit is, kan ons in die volle voordeel van ons <\/strong><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><strong>erfenis <\/strong><\/a><strong>wandel.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:22px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om die ware betekenis van Jesus se offer aan die kruis te verstaan, is dit nodig dat&nbsp; gelowiges \u2019n duidelike begrip moet h\u00ea van die betekenis van \u2018n verbond. Kennis oor verbondsbeginsels sal groot waarde toevoeg tot ons verstaan van die beloftes van God vir ons as Sy kinders. Ons kyk vervolgens na die betekenis [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1363,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-284","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uit-die-woord","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/284","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=284"}],"version-history":[{"count":71,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/284\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2759,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/284\/revisions\/2759"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1363"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}