{"id":364,"date":"2019-09-21T13:32:51","date_gmt":"2019-09-21T11:32:51","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364"},"modified":"2022-05-06T16:01:35","modified_gmt":"2022-05-06T14:01:35","slug":"voorbereiding-tot-herstel-tussen-god-en-mens-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364","title":{"rendered":"Voorbereiding tot herstel tussen God en mens (Deel 1 &#8211; Abraham)"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:94px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">In die hele Skrif sien ons dat daar\n\u2019n patroon is om iets vanaf die bekende of <strong>natuurlike w\u00eareld<\/strong> te neem om\n\u2018n <strong>geestelike <\/strong>beginsel te verduidelik. Jesus het dwarsdeur Sy bediening\nin <strong>gelykenisse<\/strong> met die mense gepraat. Hy het eers \u2019n voorbeeld aan die\nmense gegee wat aan hulle bekend is en daarna die geestelike betekenis daarvan\nverduidelik. In hierdie konteks moet ons ook die\nhele Ou Testament sien. Die hele Ou Testament is vir ons \u2018n <strong>heenwysing<\/strong>\nna die nuwe. As ons s\u00f3 na die Ou Testament kyk, kry dit vir ons \u2018n totale nuwe\nbetekenis.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:38px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Na die sondeval<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Baie groot verval van die mensdom,\nwas \u2018n kenmerk van die eerste jare na die sondeval. Dit het God berou dat Hy\ndie mens gemaak het. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 6:5-8 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. En die HERE s\u00ea: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die vo\u00ebls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. Maar Noag het genade gevind in die o\u00eb van die HERE. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God kon nie teruggaan op Sy woord en die mensdom in sy totaliteit uitwis nie. Hy het die aarde verdelg met alles wat daarop is, maar slegs vir Noag en sy huis gered. Die mensdom moes steeds voortbestaan. Die sondeval het soos &#8216;n skeidsmuur tussen God en die mens geword. Die vroegste verhale vertel hoe die mens al hoe meer boos en afvallig van God geword het. <\/p>\n\n\n\n<p>God was gereed om Sy Seun as Verlosser te stuur om Sy verhouding met die mens te herstel, maar voordat Hy die Verlosser kon stuur, moes Hy eers <strong>Homself<\/strong> aan die mensdom kom bekendstel. Adam en Eva het God geken, maar die nageslagte het hom nie geken soos wat h\u00falle Hom geken het nie. Dit was nodig dat die mense voorberei moes word op wi\u00e9 Jesus sou wees en w\u00e1\u00e1rom Sy offer nodig was. God se plan was om \u2019n volk voor te\nberei waaruit die Verlosser gebore kon word. Aan hierdie volk sou Hy op \u2019n\npraktiese manier kom verduidelik wat die verlossing impliseer en wat dit alles\nbehels het. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:25px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>God soek \u2019n verbondsvennoot <\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Dit was God se skeppingsplan dat die mens op aarde in die fisiese w\u00eareld sou heers en outoriteit uitoefen. Nadat die plan deur <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=357\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Satan gedwarsboom<\/a> was, wou God dit herstel. God moes in \u2019n vennootskap met \u2019n mens, <strong>weer wettiglik toegang kry tot die fisiese w\u00eareld<\/strong>. God was soekend na \u2019n man wat as vennoot saam met Hom in \u2019n verbond kon ingaan. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>2 Kron 16:9&nbsp; want die HERE&#8211;sy o\u00eb deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Op \u2019n dag het God \u2019n man met die naam van <strong>Abram<\/strong> genader. Hy het gewoon in die heidense stad Ur. God het met die volgende voorstel na hom gekom:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 12:1-3&nbsp; En die HERE het aan Abram ges\u00ea: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.&nbsp; En Ek sal jou &#8216;n groot nasie maak en jou se\u00ebn en jou naam so groot maak, dat jy &#8216;n se\u00ebn sal wees. En Ek sal se\u00ebn diegene wat jou se\u00ebn, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde gese\u00ebn word.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Abram het God se voorstel aanvaar en\nbegin om Hom te gehoorsaam. God het weer aan hom verskyn en ges\u00ea:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 12:7&nbsp; Daarop verskyn die HERE aan Abram en s\u00ea: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar &#8216;n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God was besig om Homself en ook Sy plan\nvir herstel stap vir stap aan Abram te openbaar. Hy was ook besig om Abram se\nvertroue te wen. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:34px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Verbond met Abram<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Abram het al God se beloftes\naanvaar, maar hy het \u2019n versekering gesoek dat God dit wel sou doen. Op \u2019n dag\nhet hy dan die vraag gevra:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 15:8&nbsp; En hy s\u00ea: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Abram was nou gereed om \u2019n <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">bloedverbond<\/a> met die Skepper van die heelal te sluit. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 15:9-11&nbsp; En Hy antwoord hom: Neem vir My &#8216;n driejaaroud vers en \u2019n driejaaroud bokooi en &#8216;n driejaaroud ram en &#8216;n tortelduif en &#8216;n jong duif. En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gel\u00ea; maar die vo\u00ebls het hy nie verdeel nie. Toe kom daar roofvo\u00ebls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Abram was bekend met die prosedure van verbondsluiting en hy het dadelik geweet dat God \u2019n verbond met hom wou sluit. Hy het sonder om te huiwer, alles gereed gekry soos wat God hom beveel het. God het \u2019n diepe slaap oor Abram\nlaat kom, sodat hy geen fisiese aandeel in die ritueel kon h\u00ea nie. God het\npersoonlik hierdie verbond met hom kom sluit.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 15:17+18&nbsp; En n\u00e1 sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar &#8216;n rokende oond en vurige fakkel tussen di\u00e9 stukke vleis deur. Op di\u00e9 dag het die HERE met Abram &#8216;n verbond gesluit&#8230;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die mens is feilbaar en nie in staat\nom \u2018n verbond met God te hou nie. Toe God later die nuwe verbond kom sluit het,\nhet Hy dit met \u2019n waardige verbondsvennoot gedoen. Sy eie Seun, wat sonder\nsonde was. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>God het Abram se naam na Abraham verander<\/strong> en ges\u00ea dat Hy hom die vader van menigte van nasies sou maak (Gen 17:1-5). <strong>Hierdie was die begin van die uitverkore volk, Israel<\/strong>. God se verbondsvolk. Van al die nasies op die aarde, het God h\u00ederdie volk uitgekies waaruit die Verlosser van die mensdom gebore sou word. God het \u2019n ewige verbintenis met die mens en sy nageslag gesluit om hulle God, Voorsiener, Beskermer en hulle vennoot te wees. <\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Die sondeval was die gevolg van die mens se eie keuse om Satan te gehoorsaam. Dit het veroorsaak dat die mens op \u2019n pad van selfvernietiging was. Abraham het namens die mensdom die keuse gemaak om God weer die reg te gee om vir hulle \u2019n God te wees. Deur Abraham se keuse, het God wettiglik toegang verkry om in te gryp in die verlossing van die mens. <\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:43px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Toets van gehoorsaamheid<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 22:1&nbsp; N\u00e1 hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom ges\u00ea: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Toe s\u00ea Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Mor\u00eda en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God het aan Abraham belowe dat hy &#8216;n seun sou h\u00ea en die nageslag uit di\u00e9 seun so groot soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see sou wees. Abraham en sy vrou Sarah was reeds baie oud en hulle seun Isak se geboorte was \u2019n wonderwerk. God het van Abraham \u2019n bykans onmoontlike offer verwag deur te vra dat hy sy enigste seun aan God moes offer! Hy het besef dat die kanse om, menslik gesproke, n\u00f3g \u2019n kind te h\u00ea, feitlik nul was.  <\/p>\n\n\n\n<p>Abraham het nie een oomblik gehuiwer om God te gehoorsaam nie. HOEKOM NIE? <strong>Hy het die volle implikasie van \u2019n verbond geken en verstaan!<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>God het belowe dat daar vir Abraham \u2019n nageslag deur Isak sou kom (Gen 21:12) en op hierdie stadium het Isak nog nie kinders gehad nie. Abraham het \u2019n vaste vertroue gehad dat God nie sou lieg nie en sou doen wat Hy ges\u00ea het. Daar s\u00e1l &#8216;n nageslag kom! <\/li><li>Abraham het geweet dat God verplig was om Sy verbondsbeloftes na te kom. Daarom het hy geglo dat, al sou hy Isak offer, God hom weer uit die dood sou opwek. <ul><li><em>Heb 11:18&nbsp; aan wie ges\u00ea is: In Isak sal jou nageslag genoem word&#8211;want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek;<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Die belangrikste implikasie van die verbond, is die volgende: <\/li><\/ol>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center has-medium-font-size\"><strong><em>As God van Abraham s\u00fd kosbaarste besitting kon vra, naamlik sy eniggebore\nseun, dan was God ook verplig om S\u00fd eniggebore Seun te gee. <\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Met Abraham se gehoorsaamheid aan God, het hy namens die mensdom aan God toestemming gegee om S\u00fd Seun as offerlam te gee. God kon nou wettiglik die mensdom wat van Hom gesteel was, terugkoop. Adam het die toets van gehoorsaamheid gefaal deur die vrug te eet, maar die gehoorsaamheid van Abraham het God die reg gegee om die verkeerde keuse van Adam reg te stel. Jesus het die finale toets van gehoorsaamheid geslaag deur as offerlam Sy lewe aan die kruis te gee en die mensdom terug te koop. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:30px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>Die Here sal voorsien<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 22:12-14 &nbsp;En Hy s\u00ea: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; &nbsp;want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.&nbsp; En toe Abraham sy o\u00eb opslaan, sien hy meteens &#8216;n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.&nbsp; En Abraham het di\u00e9 plek genoem: <strong>Die HERE sal voorsien<\/strong>! Sodat vandag nog ges\u00ea word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Abraham sou Isak offer op die berg Moria buite die ou stad Salem (later Jerusalem). Dit was feitlik dieselfde plek waar God S\u00fd Seun, Jesus, ongeveer 2000 jaar later geoffer het. God het aan Abraham \u2019n ram gegee om in die plek van Isak te offer. God het hier die belangrike beginsel van \u2019n <strong>plaasvervangende offer<\/strong> gevestig. Deur die res van die Ou Testament was diere geoffer as plaasvervanger vir die mense se sonde. Hierdie metode van diereoffers het voortgeduur totdat die Lam (Jesus) eenmaal as \u2019n volmaakte offer gekruisig was. <\/p>\n\n\n\n<p>Die verbond van God met Abraham het\u00a0 as basis en grondslag vir die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">nuwe verbond<\/a> gedien. Op die dag wat hy Isak moes offer, het Abraham geweet dat die dag wat God Sy Seun sou offer, sou kom. In die Nuwe Testament word telkens daarna verwys. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 8:56&nbsp; Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my (Jesus) dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. <\/em>(Ook: Gal 3:7-9;11:13-16)<\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=369\">Lees verder: Voorbereiding tot herstel (Deel 2 &#8211; Israel)<\/a><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:68px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die hele Skrif sien ons dat daar \u2019n patroon is om iets vanaf die bekende of natuurlike w\u00eareld te neem om \u2018n geestelike beginsel te verduidelik. Jesus het dwarsdeur Sy bediening in gelykenisse met die mense gepraat. Hy het eers \u2019n voorbeeld aan die mense gegee wat aan hulle bekend is en daarna die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1338,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-364","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uit-die-woord","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/364","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=364"}],"version-history":[{"count":36,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/364\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2761,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/364\/revisions\/2761"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1338"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=364"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=364"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=364"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}