{"id":439,"date":"2019-09-24T13:16:44","date_gmt":"2019-09-24T11:16:44","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439"},"modified":"2022-05-06T16:22:50","modified_gmt":"2022-05-06T14:22:50","slug":"jy-is-geklee-met-geregtigheid-deel-1-betekenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439","title":{"rendered":"Jy is geklee met geregtigheid (Deel 1): Betekenis"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:58px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil (salvation) my in die mantel van geregtigheid (righteouness) gewikkel &#8211; soos &#8216;n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos &#8216;n bruid wat haar versier met haar juwele. Jes. 61:10<\/em><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:51px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">God se<a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=357\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"> droom vir die mensdom is gedwarsboom<\/a> deur die sondeval. Hy bewerkstellig egter herstel en versoening in Sy verhouding met die mensdom deur Sy Seun Jesus te stuur om gekruisig te word.<em> 2 Kor. 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.<\/em> In die volgende twee artikels kyk ons na wat hierdie geregtigheid (vryspraak) vir ons as gelowiges beteken. Die pad van die skepping &#8211; tot die sondeval &#8211; tot geregtigheid, kan ons aan die hand van die volgende skematiese voorstelling opsom.<\/p>\n\n\n\n<p>(LW Die 1983 Afrikaanse Bybelvertaling, asook die Nuwe Lewende Vertaling gebruik die woord vryspraak waar die 1953 vertaling die woord geregtigheid gebruik. In Engelse vertalings word &#8220;righteousness&#8221; gebruik. Soos wat uit die artikel sal blyk, s\u00ea die woord geregtigheid vir my veel meer as net vryspraak.)<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Stand-van-geregtigheid-prentjie.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-440\" width=\"427\" height=\"340\" srcset=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Stand-van-geregtigheid-prentjie.jpg 922w, https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Stand-van-geregtigheid-prentjie-300x239.jpg 300w, https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/09\/Stand-van-geregtigheid-prentjie-768x612.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 427px) 100vw, 427px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=350\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Skeppingsdoel<\/a>: <ul><li>God het die mens, waarvan Adam en Eva die eerste was, geskep om in \u2018n <strong>volmaakte liefdesverhouding<\/strong> met Hom te leef.<\/li><li>Die mens moes heers as God se verteenwoordiger op aarde.<\/li><\/ul><\/li><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=357\">Sondeval<\/a>:<ul><li>Adam en Eva eet van die verbode boom van kennis van goed en kwaad en word uit die tuin van Eden verban. <\/li><li>D\u00ede ongeregtigheid bring \u2018n skeidsmuur (Jes. 59:2) tussen God en die mens. <\/li><\/ul><\/li><li>Mensdom sonder God:<ul><li> Die mens het sy intieme liefdesverhouding met God verloor. <\/li><li>Offers is nodig om versoening tussen God en die mens te bring.  <\/li><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"> God sluit \u2018n verbond met Abraham<\/a>. <\/li><\/ul><ul><li><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=369\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">God sluit &#8216;n verbond met Israel<\/a>. Moses lei die volk uit Egipte<\/li><li>God gee wette, offers, priesters en profete om mense voor te berei vir Sy verlossingsplan.<\/li><\/ul><\/li><li>Kruisiging:<ul><li>Jesus word die volmaakte Offerlam wat eenmaal geslag hoef te word.<\/li><\/ul><\/li><li>Mensdom geregtig voor God: <ul><li>Jesus se offer word deur God aanvaar en Hy hiermee bring volkome herstel tussen God en die mens.<\/li><li>Die mens is dus herstel in &#8216;n posisie<em> v<\/em>an geregtigheid voor God.<\/li><\/ul><\/li><li>Gelowiges wat die offer van Jesus aanvaar, kan weer in &#8216;n herstelde liefdesverhouding met God leef. <\/li><\/ol>\n\n\n\n<div style=\"height:53px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. <strong>Wat is<em> geregtigheid<\/em><\/strong>?<\/h2>\n\n\n\n<p>Die woord <strong>\u201cgeregtigheid\u201d<\/strong> (in Grieks = Dikaiosune) beteken:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Om reg te wees, m.a.w. om niks verskuldig te wees nie. <\/li><li>Om aan die vereiste standaard te voldoen<\/li><li>Om gelykwaardige stand (posisie) te h\u00ea. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:41px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. Wat is die \u201c<strong><em>geregtigheid van God\u201d<\/em><\/strong>?<\/h2>\n\n\n\n<p>Dit\nimpliseer God se posisie of stand t.o.v. Homself. Wat sien God as Hy na Homself kyk? Hy sien volmaaktheid, heiligheid, liefde, ens. God voldoen volkome aan Sy eie standaard. Daar is geen ongeregtigheid in Hom nie. Hy is aan niks skuldig nie. Hy is volkome reg met Homself. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Jesus<\/strong> het dieselfde stand van geregtigheid as God gehad. Hy was gelyk aan God. Daar was in Hom geen ongeregtigheid of sonde nie. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Fil 2:6&nbsp; Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te<\/em> <em>wees nie. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Jesus, wat geen sonde geken of gedoen het nie,&nbsp;is sonde gemaak! (2 Kor. 5:21) Sonde\/ongeregtigheid van die mensdom is op H\u00f3m geplaas. Die Offerlam moes vir die ongeregtigheid van die mensdom gekruisig word.<\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\"><strong>Hoekom?<\/strong><\/h6>\n\n\n\n<p><strong>Sodat die mensdom, wat deur die sondeval in \u2018n posisie van ongeregtigheid voor God beland het, \u2018n herstelde posisie\/stand van geregtigheid voor God kon h\u00ea. Jesus wat geen sonde geken of gedoen het nie, was gelyk aan God en dus geklee met geregtigheid. Die mensdom was a.g.v. die sondeval geklee met \u2018n kleed van&nbsp;sonde, ongeregtigheid, misdade en oortredinge. Sonde en oortredinge moes gestraf word, maar Jesus het die kleed van ongeregtigheid s\u00e9lf aangetrek. In \u00f3ns plek het Hy as offer vir \u00e1l die oortredinge van die mensdom, van die verlede en die toekoms, gesterf. Hy het ons besoedelde kleed omgeruil met Sy kleed van geregtigheid.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jes 64:6&nbsp; En ons het almal geword soos &#8216;n onreine, en al ons geregtighede soos &#8216;n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Na die sondeval was die mens geklee in &#8216;n besoedelde kleed. Jesus het die besoedelde kleed van ons weggeneem en ons soos \u2018n bruidspaar kom klee in \u2018n kleed van geregtigheid.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Isa 61:10&nbsp; I will greatly rejoice in Jehovah, my soul will be joyful in my God; <strong>for He has clothed me with the robes of salvation, He covered me with the robe of righteousness <\/strong>like a bridegroom adorns himself with ornaments, and like a bride adorns herself with her jewels. <\/em><\/li><li><em>Jes. 61:10 &#8230; <strong>my in die mantel van geregtigheid gewikkel&#8230; <\/strong><\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Hierdie woorde laat my glimlag. Ek sien in my geestesoog &#8216;n ouer wat &#8216;n kind in &#8216;n warm handdoek toewikkel as hy uit die water kom. God wikkel ons toe in &#8216;n kleed van geregtigheid en druk ons vas teen Sy bors. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:43px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. <strong>Wat beteken dit om met geregtigheid<\/strong> geklee te wees?<\/h2>\n\n\n\n<p>As Koningskinders, gewikkel in &#8216;n kleed van geregtigheid, neem ons &#8216;n nuwe posisie voor God se troon in. Wat behels my stand as Koningskind?<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>As ons sou vra: \u201cWat is die stand van sake tussen God en die mens nou na Jesus se kruisdood?\u201d Dan is die antwoord: \u201cvolkome herstel\u201d; \u201c<strong>die twee partye is volkome versoen<\/strong>\u201d. (Dit is veel meer as om net vrygespreek te word.)<\/li><li>Die Engelse term <strong>\u201c<em>Righteousness<\/em>\u201d<\/strong> beteken &#8220;to be in right-standing with God\u201d. <ul><li><em>2 Cor. 5:21 (Amp) &#8230;become the righteousness of God [what we ought to be, <strong>approved and acceptable and in right relationship with Him<\/strong>, by His goodness].<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Die <strong>verhouding<\/strong> tussen God en die mens is reggestel. Ons staan volkome geregtig voor Hom. As Hy na my kyk, kyk Hy na die offer van Jesus en sien volkome geregtigheid. Hy sien dus al die eienskappe van geregtigheid &#8211; volmaaktheid, heiligheid, reinheid. Hy kyk na ons  en sien \u201cgeregtigheid\u201d en kan nie meer sonde raaksien nie (Heb. 10:17). <\/li><li>Geregtigheid is dus die vermo\u00eb wat die mens ontvang het om voor God te staan, <strong>sonder \u2018n bewustheid van sonde, skuld of minderwaardigheid<\/strong>. Ons staan voor God asof sonde nooit bestaan het nie. <ul><li><em><strong>Righteousness is &#8220;the ability to stand before God without the sense of guilt or inferiority; standing before God \u201cas if sin never existed.&#8221; It is freedom from &#8220;sin-consciousness&#8221;<\/strong><\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Dit is dus nie net hoe God ons sien nie, maar ook hoe ons onsself moet sien! So dikwels bly mense vasgevang in skuldgevoelens van hul sonde van die verlede. Ons moet onsself sien soos wat God ons sien om met vrymoedigheid die pad van oorwinning te kan wandel. <strong>Sien jy jouself as Koningskind<\/strong>, gewikkel in &#8216;n mantel van geregtigheid en volkome sonder sonde skuld of minderwaardigheid?<\/li><li>Ons stand van geregtigheid beskryf ons adellike posisie voor God. Ons is herstel tot dieselfde posisie as wat Adam en Eva voor die sondeval was. Ons is almal bekend met die koninklike adelstand van &#8216;n land soos Brittanje. Prins Charles hoef nie te wonder of Hy \u2018n koningskind is nie. Hy w\u00e9\u00e9t wat sy stand as die seun van die koningin van Engeland is.  Net so hoef ons ook nie te twyfel aan ons addelike stand voor God nie. Ons is nou&nbsp;Koningskinders, erfgename van God en mede-erfgename van Christus. (Rom 8:15-17). <\/li><li>Net voordat Jesus opvaar hemel toe, s\u00ea Hy aan die dissipels: &#8220;Aan my is gegee alle mag in die hemel en op die aarde&#8221;. Vanuit hierdie posisie van mag en outoriteit stuur hy ons almal uit om sy dissipels te wees. Ons geregtigheid stel ons in <strong>dieselfde <\/strong>posisie van outoriteit om oorwinning oor die vyand aan die mensdom te gaan bedien (Mark. 16:17-18)<\/li><\/ol>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Sien ons onsself as minderwaardig of sien ons onsself as oorwinnaars? Vanuit ons posisie van geregtigheid, kan ons onsself sien as erfgename met \u2018n wonderlike erfporsie wat ons kan opneem en vir onsself toe-eien. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em>Isa 58:8&nbsp; Then shall your light break out as the dawn, and your health shall spring out quickly; and your righteousness shall go before you; the glory of Jehovah shall gather you.<\/em><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:45px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">4. Jesus het vir die ganse mensdom gesterf. <strong>Gaan almal dan hemel toe?<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Van God se kant af, het Hy reeds <strong>alles <\/strong>gedoen om die verhouding tussen Hom en die mensdom te herstel. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Kol 2:13-14&nbsp; En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,<\/em> <em>en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, <\/em><\/li><li><em>2 Kor 5:21&nbsp; Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Versoening tussen God en die mens, is vir God &#8216;n afgehandele saak.  <\/strong><\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\"><em>Beteken dit nou dat <strong>alle<\/strong> mense in \u2018n liefdesverhouding met God wandel en hemel toe kan gaan? <\/em><\/h6>\n\n\n\n<p>Nee, beslis nie. Die mens het sy\nstand van geregtigheid deur Adam se <strong>keuse <\/strong>verloor. Die enigste manier\nhoe ek en jy weer kan terugkeer in \u2018n verhouding met Hom is om \u2018n <strong>keuse<\/strong>\nte maak.<\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\"><strong>Wat is die keuse?<\/strong><\/h6>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 1:12&nbsp; Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God sien ons reeds regverdig, maar ons moet steeds nog <strong>kies om die offer van Jesus te aanvaar<\/strong>, voordat ons die ewige lewe in die hemel kan ontvang (Joh.3:16). As ons nie die offer, nl. Jesus aanvaar nie, kan ons naam nie in die Boek van die Lewe opgeskryf word nie. Duisende gaan \u201conwettig\u201d hel toe, want daar is reeds vir hulle betaal om die hemel te ontvang. Hulle is duur gekoop. <\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\">Wanneer ons die\noffer aanvaar, word ons beklee met Jesus Christus.<\/h6>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 13:14&nbsp; Maar <strong>beklee<\/strong> julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.<\/em><\/li><li><em>Gal 3:27&nbsp; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus <strong>beklee<\/strong>.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dit is dus nie ons sonde (verkeerde dade soos moord, ontrou, steel, vloek, skinder&#8230;) wat ons laat hel toe gaan nie, maar die EEN verkeerde keuse. <strong>Dit is om nie vir Jesus as ons Verlosser te aanvaar nie.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<p>Joh. 16:9\nverduidelik aan ons wat di\u00e9 sonde is waarvan die Heilige Gees ons kom oortuig: <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 16:7-9&nbsp; Maar Ek s\u00ea julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die w\u00eareld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: <strong>van sonde, omdat hulle in My nie glo nie.<\/strong><\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Dit is die enigste sonde waarvoor mens kan hel toe gaan. Dit is om die offer van Jesus te verwerp. Om nie in Hom te glo as die enigste Middelaar en Verlosser nie. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:55px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">5. <strong><em>Kan die mens<\/em><\/strong><strong><em> <\/em><\/strong><strong><em>nog iets doen om geregtigheid te verdien?<\/em><\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p><strong>God het van Sy kant af reeds ALLES gedoen wat nodig is om die mensdom met Homself te versoen. <\/strong>As iemand nie die keuse maak om gered te word nie, kan God (met alle respek ges\u00ea) niks meer doen om by te dra tot enige iemand se redding nie. Wat kan ons n\u00f3g meer van Hom verwag, as dat Hy reeds Sy kosbaarste besitting gegee het? <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Kan ek nog iets doen om meer guns in God se o\u00eb te h\u00ea?<\/strong> Nee, niks nie! Jesus het <strong>alles<\/strong> gedoen. As ek reeds my ouers se kind is, kan ek nie nog iets doen om meer hul kind te word nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Die verlore seun besluit om na baie verkeerde keuses weer terug te keer na sy pa. Hy het nie in die tyd wat hy weg was, nie opgehou om sy pa se kind te wees nie. Die pa ontvang die seun met ope arms en met onvoorwaardelike liefde. Hy het nie nodig om soos \u2018n slaaf eers sy pad oop te verdien terug na sy pa se hart toe nie. Sy pa het in ieder geval met groot afwagting vir hom gewag. Hy hoef net in sy stand as seun weer terug te stap om die volle voordeel van sy pa se huis te geniet. <\/p>\n\n\n\n<p>Die pa s\u00ea vir sy diensknegte: &#8220;Bring die beste kleed en trek hom dit aan&#8230;&#8221; (Luk 15:22) Wanneer ons na ons Vader toe terugkeer, word ons met die BESTE KLEED geklee &#8211; die kleed van GEREGTIGHEID word om ons skouers gehang! <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>God wag met ope arms dat elke persoon moet terugkom in sy erfenis wat reeds vir hom verdien is.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>2 Pet 3:9&nbsp; Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie h\u00ea dat sommige moet vergaan nie, <strong>maar dat almal tot bekering moet kom<\/strong>. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:49px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">6. Die rol van <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=529\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"><strong>G<\/strong>ELOOF<\/a><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Ef 2:8-9&nbsp; Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ons het nou reeds gesien dat die volle prys betaal is om die mens te herstel in sy posisie van geregtigheid voor God. Ons kan niks <strong>byvoeg <\/strong>by die offer van Jesus om ons posisie voor God te verbeter nie. Dit is reeds volkome herstel. Ons moet net die offer aanvaar.<\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\"><strong>Hoe\naanvaar ons die offer?<\/strong><\/h6>\n\n\n\n<p>Ek kan niks <strong><em>doen<\/em><\/strong> nie. Die enigste beginsel wat hier geld, is die beginsel van <strong>GELOOF<\/strong>. Hierdie beginsel het God reeds in die Ou Testament gevestig in Abraham:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Gen 15:6&nbsp; En hy (Abraham) het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.<\/em><\/li><li><em>Rom 4:2-5&nbsp; Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.&nbsp;Want wat s\u00ea die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; aan hom egter wat nie werk nie, maar <\/em><strong><em>glo in Hom<\/em><\/strong><em> wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center has-medium-font-size\"><strong>Soos wat Abraham geglo het en dit hom tot geregtigheid gereken is, is ons geloof in Jesus, die enigste weg na \u2018n herstelde verhouding met God.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\">Wat\nmoet ons glo?<\/h6>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>Dat Jesus die Seun van God is.<\/li><li>Dat Hy die volle prys vir versoening aan die kruis betaal het.<\/li><li>Dat ons volkome met God versoen is en gered word deur Sy offer. <\/li><\/ol>\n\n\n\n<p>Deur d\u00edt te glo,\nverkry ons toegang tot die ewige lewe in die hemel en ook die volle voordeel\nvan ons erfenis wat ons as kinders van God ontvang.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 3:16&nbsp; Want so lief het God die w\u00eareld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen <\/em><strong><em>wat in Hom glo<\/em><\/strong><em>, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h\u00ea. <\/em><\/li><li><em>Joh 1:12&nbsp; Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, <\/em><strong><em>aan hulle wat in sy Naam glo<\/em><\/strong><em>; <\/em><\/li><li><em>Hand 13:39&nbsp; en dat <\/em><strong><em>elkeen wat glo<\/em><\/strong><em>, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. <\/em><\/li><li><em>Rom 1:17&nbsp; Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal <\/em><strong><em>uit die geloof lewe<\/em><\/strong><em>.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\"><strong>Wat gebeur as ons in die offer glo?<\/strong><\/h6>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ons word <strong>kinders van God<\/strong>.<ul><li><em>Joh 1:12\u00a0 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons ontvang die<strong> ewige lewe<\/strong>.<ul><li><em>Joh 3:16\u00a0 Want so lief het God die w\u00eareld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h\u00ea. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Ons word beklee met &#8216;n <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">nuwe kleed van geregtigheid<\/a>. <\/li><li>Word \u2018n <strong>erfgenaam <\/strong>met \u2018n <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">erfporsie <\/a>wat ons in besit kan neem.<ul><li><em>Gal 4:6-7\u00a0 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. <\/em><\/li><\/ul><ul><li><em>Rom 8:17\u00a0 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Word \u2018n<strong> nuwe skepse<\/strong>l.<ul><li><em>2 Kor 5:17\u00a0 Daarom, as iemand in Christus is, is hy &#8216;n nuwe <strong>skepsel<\/strong>; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Word <strong>verse\u00ebl met die Heilige Gees<\/strong>. Die Heilige Gees wil ons leer en herinner aan ons erfenis wat ons in besit kan neem.<ul><li><em>Ef 1:13\u00a0 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verse\u00ebl is met die Heilige Gees van die belofte,<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:69px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>OPSOMMING<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">Die Ou Testament was \u2018n pad van voorbereiding vir die mensdom vir die nuwe herstelde verhouding tussen God en mens. Jesus betaal die volle prys vir volkome herstel. Die verhouding tussen God en mens is presies dieselfde as wat Sy verhouding met Adam en Eva was v\u00f3\u00f3r die sondeval. Die outoriteit om te heers oor die aarde is aan ons teruggegee. Ons kan nou met vrymoedigheid tot God nader en in \u2018n intieme liefdesverhouding met Hom wandel. <strong>Ons denke en ons wandel baseer ons op die w\u00e9te dat ons geklee is met die geregtigheid van God. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hierdie\ngedeelte in die Skrif som dit op<\/strong>: (<em>Amplified)<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Rom 3:20<\/em><\/strong><em>-24 For no person will be justified (made righteous, acquitted, and judged acceptable) in His sight by observing the works prescribed by the Law. For [the real function of] the Law is to make men recognize and be conscious of sin [not mere perception, but an acquaintance with sin which works toward repentance, faith, and holy character]. But now the righteousness of God has been revealed independently and altogether apart from the Law, although actually it is attested by the Law and the Prophets. <\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em><strong>Namely, the righteousness of God which comes by believing with personal trust and confident reliance on Jesus Christ (the Messiah). [And it is meant] for all who believe. For there is no distinction.<\/strong> Since all have sinned and are falling short of the honor and glory which God bestows and receives. <strong>[All] are justified and made upright and in right standing with God, freely and gratuitously by His grace (His unmerited favor and mercy), through the redemption which is [provided] in Christ Jesus.<\/strong><\/em><\/p>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\">Lees vervolgens: Jy is geklee met geregtigheid (Deel 2): Wat is jou erfenis?<\/a><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:57px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil (salvation) my in die mantel van geregtigheid (righteouness) gewikkel &#8211; soos &#8216;n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos &#8216;n bruid wat haar versier met haar juwele. Jes. 61:10 God se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1223,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-439","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uit-die-woord","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/439","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=439"}],"version-history":[{"count":62,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/439\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2769,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/439\/revisions\/2769"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1223"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=439"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=439"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=439"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}