{"id":529,"date":"2019-09-27T16:48:03","date_gmt":"2019-09-27T14:48:03","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=529"},"modified":"2022-05-06T16:58:10","modified_gmt":"2022-05-06T14:58:10","slug":"geloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=529","title":{"rendered":"Geloof"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:52px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Geloof is om \u2018n vaste vertroue in of \u2018n sekerheid van iets of\niemand te h\u00ea.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">Daar is baie dinge in die alledaagse lewe waar geloof vir ons bloot \u2018n refleks is. Ons doen baie dinge in geloof, sonder om veel daaroor na te dink of daaroor te wonder. Hoeveel keer skakel ons ons motor aan en wonder of hy gaan werk? Ons doen dit nie, want ons het \u2018n vaste sekerheid dat hy s\u00e1l werk. Ons geloof is gebaseer op ons kennis van die motor se werkvermo\u00eb en ons ondervinding van die motor. As ek op my gunsteling stoel gaan sit, glo ek dat hy my sal kan dra. Ek het \u2018n vaste vertroue, gebaseer op kennis en ondervinding, dat ek net so lekker sal sit soos elke ander dag. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center has-medium-font-size\"><strong>D\u00edt is geloof  =<\/strong>  <strong>\u2018n Vaste vertroue en sekerheid wat gebaseer is op kennis en ondervinding. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>As ons die Woord van God bestudeer, sien ons dat geloof \u2018n uiters belangrike rol speel vir die kind van God. Geloof is \u2018n basiese bestanddeel van die Christendom en die sleutel waarmee baie dinge ontsluit word. Net soos wat gravitasie &#8216;n wet van die natuur is, is geloof &#8216;n wet of beginsel van die geestelike realm. Sonder geloof kan niks in die geestelike realm plaasvind nie. Daarom is dit van uiterste bleang dat ons die beginsels van geloof moet verstaan. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:52px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. <strong>DEFINISIE VAN GELOOF:<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Heb 11:1&nbsp; Die geloof dan is &#8216;n<\/em> <strong><em>vaste vertroue op die dinge wat ons hoop<\/em><\/strong><em>, &#8216;n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ons het reeds ges\u00ea dat geloof \u2019n vaste vertroue of \u2019n sekerheid van iets of iemand is. Volgens die Heb 11:1 definisie is geloof \u2019n vaste vertoue op wat ons <strong>HOOP<\/strong>. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Wat is hoop?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Hoop is die persepsies, verwagtinge, drome, ideale, ens. in ons denke. Hoop word gevorm of be\u00efnvloed deur ons<strong> sieninge en waarnemings <\/strong>van die lewe. Dit word gebaseer op ons kennis en ervaring wat ons in die verlede reeds opgedoen het. Hoop word gevorm deur dinge waaraan ons in die verlede al blootgestel was. Dit word ook gevorm deur ons ondervindings, deur informasie of indoktrinasie. <\/p>\n\n\n\n<p>As hoop gevorm word deur\ndit waaraan ons blootgestel word, moet ons onsself afvra <strong>waaraan<\/strong> ons ons die meeste blootstel? <\/p>\n\n\n\n<p>Ons hoop word bepaal deur\ndit waarmee ons ons vol maak. Is dit die slegte nuus van die w\u00eareld, of die\nbeloftes van ons erfenis in Christus? Ons het \u2018n <strong>keuse<\/strong> waarmee ons ons volmaak. Ons kan dus self bepaal hoe ons hoop\nsal lyk. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Hoop word as volg gevorm:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Hoop-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-507\" width=\"525\" height=\"482\" srcset=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Hoop-1.jpg 758w, https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/Hoop-1-300x276.jpg 300w\" sizes=\"(max-width: 525px) 100vw, 525px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>As ons hoop bepaal word deur die <strong>negatiewe dinge<\/strong> van die w\u00eareld, dan vorm die negatiewe die basis vir ons geloof. As ons hoop gebaseer is op die Woord van God, Sy beloftes, die nuwe verbond, my stand van geregtigheid, Sy karakter en ons kennis en ondervinding van God, is d\u00edt die dinge wat ons geloof sal bepaal. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Visualiseer die oplossing\/ eindproduk:<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Ons kan nie in iets glo\nwaarvan ons nog nie \u2018n beeld of prentjie in ons kop gevorm het nie. \u2018n Atleet kan slegs \u2018n\nwenner wees as hy vooraf reeds in sy kop sien hoe hy wen. Sy hoop word gevorm,\ndeurdat hy homself&nbsp; as wenner\nvisualiseer. <\/p>\n\n\n\n<p>Om byvoorbeeld te kan glo in God se beskerming deur engele, moet ons eers \u2018n prentjie in ons kom  kry om ons hoop te stimuleer. Ons geloof is \u2018n vaste vertroue in daardie hoop. Ons sal nooit die vrymoedigheid h\u00ea om ons hande op \u2018n verlamde te l\u00ea en vir genesing te bid, voordat ons nie eers die genesing kan visualiseer nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Baie mense s\u00ea dat hulle\nnooit <strong>\u201cgenoeg geloof\u201d<\/strong> sal h\u00ea om vir\n\u2018n blinde of sieke te bid nie. Wanneer het ons genoeg geloof? Die vraag is\negter nie of ons genoeg geloof het nie, maar eerder hoe lyk die \u201cprentjies\u201d in\nons kop?<\/p>\n\n\n\n<p>As ons 1) in ons gedagtes \u2018n <strong>beeld<\/strong> gevorm het oor wat God kan en wil doen in \u2018n spesifieke saak, 2) ons uitgesorteer is oor ons<a rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\" stand van geregtigheid (opens in a new tab)\" href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/2019\/09\/27\/jou-stand-van-geregtigheid-vryspraak-voor-god-deel-1\/\" target=\"_blank\"> <\/a><strong><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">posisie van geregtigheid<\/a><\/strong> en 3) ons <strong>kennis<\/strong> dra oor die <strong>outoriteit<\/strong> wat God aan ons gegee het, het ons <strong>ALLES<\/strong> wat nodig is om in geloof daarvoor te bid.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Om hoop te h\u00ea, moet ons\ntoelaat dat die <strong>Woord<\/strong> ons\nverbeelding stimuleer met die <strong>beloftes\nvan God.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jos 1:8&nbsp; Hierdie wetboek (Woord van God) mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou we\u00eb voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.<\/em><\/li><li><em>Ps 1:2&nbsp; maar sy behae is in die wet (Woord\/beloftes) van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:54px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. <strong>WAAR BEGIN GELOOF IN GOD?<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>God het met die skepping van die aarde die beginsels vrugbaarheid en voortplanting ingestel. Alles word uit saad gebore. Dieselfde beginsel geld ook t.o.v. geloof. Voordat \u2019n persoon tot wedergeboorte gekom het, is daar saad in sy lewe gesaai deur prediking van die Woord.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Pet 1:23&nbsp; want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>&#8216;n Persoon hoor dus die Woord van God, kies dan om dit te glo en te aanvaar as sy eie. Sy geloof in God is soos \u2019n klein saadjie wat alle potensiaal het om groot te groei. Jesus vergelyk di\u00e9 geloof met \u2019n mosterdsaadjie wat die kleinste van sade is. Hy s\u00ea nie hiermee hoe groot ons geloof moet wees nie, maar wat is die <strong>potensiaal van ons geloof<\/strong>. Die mosterdsaad het potensiaal om &#8216;n baie baie groot boom te word. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Matt 17:20&nbsp; &#8230;voorwaar Ek s\u00ea vir julle, as julle geloof het soos &#8216;n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s\u00ea: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:25px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Hoe ontwikkel geloof?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 10:17&nbsp; Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.<\/em> <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Geloof ontwikkel deur die Woord wat ons hoor<\/strong>. Dit bring ons weer terug by die kwessie oor waarmee ons ons vol maak. As ons ons vol maak met die w\u00eareld se bekommernisse en steel, slag en verwoes, sal dit vir ons net al hoe moeiliker wees om God se beloftes te glo. Maak ons ons vol met God se Woord en Sy beloftes, sal ons net al hoe meer as \u201cgeloofsreuse\u201d na vore tree.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe meer ons ons vol maak met God se Woord, sal ons staatmaak op die beloftes en waarhede van die Woord en sal ons God vertrou as &#8216;n waarmaker van Sy Woord! Die getuienisse van mede-gelowiges speel ook &#8216;n GROOT rol daarin om mekaar te bemoedig, aan te spoor en te inspireer tot groter geloof! <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:21px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Die maat van geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Ons hoor soms die stelling dat een persoon meer geloof het as &#8216;n ander.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 12:3&nbsp; Want deur die genade wat aan my gegee is, s\u00ea ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat &#8216;n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees <strong>na die maat van geloof soos God dit aan <\/strong><\/em><strong><em>elkeen toebedeel het. <\/em><\/strong><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God het aan alle mense <strong>dieselfde maat van geloof<\/strong> toebedeel. Dit is asof elke persoon dieselfde saad ontvang het, met dieselfde potensiaal. Die hoeveelheid geloof wat dit gaan voortbring, word bepaal deur die wyse waarop hierdie saad van geloof <strong>benat en versorg<\/strong> word. Jesus het self gepraat van \u2019n klein geloof en groot geloof. Dit het alles egter by dieselfde saad, nl die Woord van God, begin. <\/p>\n\n\n\n<p>Die groei van ons geloof gaan dus deur <strong>onsself <\/strong>bepaal word. Deur die prentjie in jou kop. Dit waarmee ons ons vol maak, bepaal ons denke, wat ons praat en ons wat ons doen. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 10:8+10&nbsp; &#8230; Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: <\/em>&#8230;<em>want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. <\/em><\/li><li><em>Matt 12:34-35&nbsp; &#8230; Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:24px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">c. <strong>M\u00e9\u00e9r geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Die apostels het Jesus gevra om vir hulle meer geloof te gee. <em>Luk 17:5&nbsp; Toe het die apostels aan die Here ges\u00ea: Gee ons meer geloof.<\/em> In die volgende vers, verduidelik Hy aan hulle die beginsel van saad wat potensiaal het om te groei. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Luk 17:6&nbsp; En die Here s\u00ea: As julle geloof gehad het soos &#8216;n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom s\u00ea: Word ontwortel en in die see geplant&#8211;en hy sou julle gehoorsaam wees. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>God kan ons nie m\u00e9\u00e9r geloof gee nie. Hoe kry ons dan \u201cm\u00e9\u00e9r geloof\u201d? <em>Heb 12:2&nbsp; die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof..<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ons geloofsgroei word\nbepaal deur hoe ons op Jesus fokus. Dit waarop ek fokus, sal my oorweldig. Ons\ngeloofsgroei is direk gekoppel aan:<\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>ons kennis van <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=990\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">God\u00a0en Sy karakter<\/a><\/li><li>ons kennis van die Woord, ons <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">erfenis <\/a>en beloftes, die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=284\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">verbond <\/a>en ons <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">posisie van geregtigheid<\/a> <\/li><li>ons intimiteit met God (verhouding)<\/li><\/ol>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Hoe meer ons in kennis en ervaring van God groei, groei ons geloof daarmee saam<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:52px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. <strong>REDES waarom GELOOF BELANGRIK is:<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<p>Ons het reeds ges\u00ea dat\ngeloof \u2018n basiese bestanddeel van die Christelike godsdiens is. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Dit is deur \u201c<strong>geloof<\/strong>\u201d wat ons gered word. Iemand <strong>hoor<\/strong> die Woord en maak dan \u2018n <strong>keuse om dit te glo<\/strong>.<ul><li><em>Ef 2:8&nbsp; Want uit genade is julle gered, deur die <strong>geloof<\/strong>,<\/em><\/li><li><em>Joh 1:12&nbsp; Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam <strong>glo;<\/strong><\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>\u201cGeloof\u201d is die sleutel waarmee ons ons <strong>erfenis<\/strong> en die beloftes van God ontsluit. Ons bid dit in geloof:<ul><li><em>Mark 11:24&nbsp; Daarom s\u00ea Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, <strong>glo <\/strong>dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Met \u201cgeloof\u201d behaag ons God:<ul><li><em>Heb 11:6&nbsp; En sonder geloof is dit onmoontlik om God te <strong>behaag<\/strong>; want hy wat tot God gaan, moet <strong>glo<\/strong> dat Hy is en &#8216;n beloner is van die wat Hom soek.<\/em><ul><li>\u2018n Hele geslag Israeliete het in die woestyn omgekom omdat hulle nie geloof in God se beloftes gehad het nie. Hul ongeloof het hulle weerhou van die Beloofde Land. <ul><li><em>Heb 3:19&nbsp; En ons sien dat hulle deur <strong>ongeloof <\/strong>nie kon ingaan nie.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul><\/li><li>Uit \u2018n hele geslag van 3 miljoen mense, was dit net Josua en Kaleb, wat ten spyte van die feite en realiteite van die situasie, bly glo het dat God hulle sou help om die Beloofde Land in te neem. Hulle geloof is <strong>beloon<\/strong>.<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>God het reeds in die Ou testament die beginsel van <strong>geregtigheid deur geloof<\/strong> ingestel:<ul><li><em>Gen 15:6&nbsp; En hy (Abraham) het in die HERE <strong>geglo<\/strong>; en Hy het hom dit tot <strong>geregtigheid<\/strong> gereken.<\/em><\/li><li><em>Jak 2:23&nbsp; En die Skrif is vervul wat s\u00ea: En Abraham het God <strong>geglo<\/strong>, en dit is hom tot <strong>geregtigheid<\/strong> gereken, en hy is &#8216;n vriend van God genoem.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center has-medium-font-size\"><strong>Abraham se geloof, het God s\u00f3 behaag, dat hy \u2018n vriend van God genoem is.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:56px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">4. <strong>GELOOF IN PRAKTYK<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Word daders van die Woord<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Ons ken die Afrikaanse\nuitdrukking: \u201cjou dade weerspreek jou woorde\u201d. As ons s\u00ea dat ons glo en in\ngeloof wandel, moet ons dade en ons wandel ons geloof weerspie\u00ebl. As ons\nwerklik glo, sal ons dade ons geloof bevestig. Geloof as kopkennis, baat\nniks. Ons kan die Woord hoor en glo dat alles moontlik is, maar ons moet op \u2018n\npunt kom wat ons dit in praktyk begin toepas. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>As ons nie \u2018n daders van die Woord word nie, is ons besig om onsself te bedrieg:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jak 1:22-25&nbsp; En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand &#8216;n hoorder van die woord is en nie &#8216;n dader nie, di\u00e9 is soos &#8216;n man wat sy natuurlike gesig in &#8216;n spie\u00ebl sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie &#8216;n vergeetagtige hoorder is nie, maar &#8216;n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><em><strong>\u2018n Hoorder van die Woord is nie outomaties &#8216;n dader van die Woord nie!<\/strong><\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Ons kan jare lank die Woord\nhoor, maar nie prakties daarin wandel nie. Dan is ons geneig om te s\u00ea dat die\nWoord nie werk nie. Om die Woord te laat werk, moet ek \u2018n dader van die Woord\nword. <\/p>\n\n\n\n<p>Met die volgende gelykenis,\nhet Jesus dit baie duidelik gestel dat ons na Sy woorde moet luister <strong>EN DIT DOEN!<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><em>Luk 6:46-49 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek s\u00ea nie? <\/em><em>Elkeen wat na My toe kom en na my woorde <strong>luister en dit doen<\/strong> Ek sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos &#8216;n man wat &#8216;n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gel\u00ea het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was. Maar wie dit <strong>hoor en dit nie doen nie<\/strong>, is soos &#8216;n man wat &#8216;n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot. <\/em><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:26px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Wat moet ons \u201cdoen\u201d om te groei in geloof?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Weet dat jy <strong>verlos <\/strong>is en vry is van die mag van duisternis. Noem jouself dan ook soos God jou noem: <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1038\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Sy kind, Sy geregtigheid, erfgenaam, vrygespreekte (en nie meer \u2018n sondaar nie), Sy oogappel, heilig, volmaak, rein, oorwinnaar, tot alles in staat&#8230;<\/a> Praat hierdie dinge hardop en moenie toelaat dat minderwaardigheid ooit \u2018n struikelblok tussen jou en oorwinning staan nie. <ul><li><em>Gal 5:1\u00a0 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.<\/em><\/li><li><em>Joh 8:36\u00a0 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ken jou <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">posisie van <strong>geregtigheid<\/strong><\/a> en wandel met selfvertroue en oortuiging daarin.<ul><li><em>2 Kor 5:21\u00a0 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.<\/em><\/li><li>Daar is dus nou geen veroordeling meer nie. Veroordeling kan ons beroof van ons geloof in God. As ons hart ons veroordeel, verloor ons ons <strong>vrymoedigheid<\/strong> voor God. <ul><li><em>1 Joh 3:20-23\u00a0 want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy Geliefdes, as ons hart ons nie <strong>veroordeel<\/strong> nie, dan het ons <\/em><strong><em>vrymoedigheid <\/em><\/strong><em>teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet <strong>glo en mekaar liefh\u00ea<\/strong> soos Hy ons &#8216;n gebod gegee het.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Weet dat jy \u2018n <strong>nuwe skepsel<\/strong> is<ul><li><em>2 Cor 5:17&nbsp; Therefore if any man be in Christ, he is a new creature: old things are passed away; behold, all things are become new.<\/em><\/li><li>Ons moet verseker weet dat ons verlede finaal verby is en ons totaal nuut gebore is. Ons moet telkens die ou mens dood reken en bely dat ons nuwe skepsels is. Ons moenie toelaat dat enige dinge of mense uit ons verlede \u2018n struikelblok is in ons nuwe pad van geloof in God se beloftes nie. <\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Praat<\/strong> die Woord. As ons tot kennis gekom het oor die verbond en ons erfenis, moet ons dit praat. <ul><li>As ons \u2018n verwagting het vir genesing \u2013 praat genesing (Ek is genees!).<\/li><li>As ons \u2018n verwagting het vir voorsiening \u2013 praat asof ons reeds ontvang het. <ul><li><em>Matt 12:34\u00a0 &#8230; Want uit die oorvloed van die hart praat die <strong>mond<\/strong>.<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Dit wat ons praat, is die <strong>eerste stap<\/strong> van \u2018n geloofslewe. As ons in geloof God se beloftes in ons lewe wil ontsluit, MOET ons ons praat in lyn kry met dit wat ons glo!<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Neem <strong>Outoriteit<\/strong>. As ons die woord ken, sal ons weet wat is die mag, krag en vermo\u00eb wat God ons gee. <ul><li><em>Matt 21:21&nbsp; Maar Jesus antwoord en s\u00ea vir hulle: Voorwaar Ek s\u00ea vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al s\u00ea julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see&#8211;sal dit gebeur. <\/em><\/li><li><em>Matt 21:22&nbsp; En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Ons moet outoriteit neem oor d\u00edt wat die berg in ons lewens is.&nbsp; <\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ken die<strong> krag van die Naam van Jesus<\/strong>. Ons geloof in die verbond en in ons posisie van geregtigheid, gee ons die vrymoedigheid om die naam van Jesus Christus te gebruik. Hy het dit vir ons gegee en dit is ons reg. Ongeloof in hierdie reg en voorreg, kan ons daarvan weerhou om ons volle erfenis in besit te neem.<ul><li><em>Mark 16:17-18\u00a0 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande l\u00ea, en hulle sal gesond word. <\/em><\/li><li><em>Joh 14:14\u00a0 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Wees <strong>gehoorsaam aan God<\/strong> en Sy Woord<ul><li><em>Luk 8:21&nbsp; Maar Hy antwoord en s\u00ea vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit <strong>doen<\/strong>.<\/em><\/li><li>God praat met ons op verskillende maniere. As ons glo dat God ons \u2018n opdrag gee om iets te doen, moet ons dit in gehoorsaamheid gaan doen. <\/li><li>Hierdie is \u2018n opwindende geloofspad om te stap. Soms lyk die versoek wat God tot ons rig, vir ons totaal onsinnig, maar as ons dit in geloof gehoorsaam, wag daar vir ons baie groot vreugde en se\u00ebn. <\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Wandel<\/strong> met God. Geloof begin met \u2018n liefdesverhouding met God, want God is liefde. Geloof word gebore en gevoed in die teenwoordigheid van God se liefde. <ul><li><em>1 Joh 4:16-19&nbsp; En ons het die liefde wat God tot ons het, <strong>leer ken en geglo<\/strong>. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan h\u00ea in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie w\u00eareld. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. <\/em><\/li><li>Geloof is om met God te wandel. Henog het in geloof met God gewandel en dit het God behaag.<ul><li><em>Gen 5:24&nbsp; En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. <\/em><\/li><li><em>Heb 11:5&nbsp; Deur die geloof is <strong>Henog<\/strong> weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Soos in alle liefdesverhoudings, moet daar genoegsame tyd en wedersydse kommunkasie tussen ons en God wees. \u2018n Liefdeswandel met God impliseer tyd saam met Hom, meditasie in Sy Woord, geloof (\u2018n vaste vertroue) in Sy Woord en gehoorsaamheid aan Sy Woord. <\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:48px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">5. <strong>GLO, TEN SPYTE VAN&#8230;<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Mark 11:24&nbsp; Daarom s\u00ea Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en dit sal vir julle so wees. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dikwels vra ons God iets, maar dit wat ons vra, realiseer nie dadelik nie. Ons gebed word nie vandag of m\u00f4re al beantwoord nie. <strong>Geloof is om onwrikbaar te bly glo dat God &#8216;n waarmaker van Sy Woord is! Dit is om met sekerheid te weet dat God nie lieg nie.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Num 23:19&nbsp; God is geen man dat Hy sou lieg nie; of &#8216;n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets s\u00ea en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Wanneer ons in ons denke hierdie deurbraak kan maak, het ons op die punt gekom wat ons ware geloof openbaar. Ons is dan op die punt wat ons bereid is om onvoorwaardelik vas te hou aan God se beloftes. Ons laat ons nie afsit deur die feite en realiteite om ons nie, maar hou kinderlik vas aan Sy Woord. Dit neem soms letterlik jare vir die geloofssaak waarvoor ons bid, om deur te breek. Moenie moed opgee nie! Ons diepste groei as gelowiges, l\u00ea daarin dat ons nie opgee nie en onwrikbaar bly staan in die beloftes van die Woord. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jak. 1:3-4 Julle weet mos: Wanneer &#8216;n mens se geloof &#8216;n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Dikwels ontvang ons nie wat ons in geloof vir God vra nie. Eers baie jare later, besef ons dat dit &#8216;n genade is dat ons nie gekry het wat ons daardie tyd in geloof voor gestaan het nie. Wanneer ons dan die groter prentjie sien, besef ons dat God beter weet en dat dit Sy groot liefde is wat verhoed dat ons nie altyd ontvang wat ons voor vra nie. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:30px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Noag<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>In geloof het Noag die ark\ngebou. Hy was die bespotting van sy tyd, maar het hom nie laat afsit deur die\nspot van mense nie. Dit is dikwels ons vrees vir wat mense sal s\u00ea, wat ons\ndaarvan weerhou om in geloof te staan vir \u2019n saak. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Heb 11:7&nbsp; Deur die geloof het Noag, toe hy &#8216;n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die w\u00eareld veroordeel het en &#8216;n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:27px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Abraham en Sarah<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>In geloof het Abraham in \u2018n vreemde land gaan woon. In geloof het hy en Sarah uitgesien na die koms van \u2018n seun, terwyl dit menslik gesproke op hulle ho\u00eb ouderdom al onmoontlik was. Jare later het hy dieselfde<a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"> beloofde seun Isak in geloof gaan offer<\/a>, omdat hy God onvoorwaardelik vertrou het. Hy het geglo dat God die mag het om Isak weer uit die dood op te wek! <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Heb 11:8-11&nbsp; Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as &#8216;n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in &#8216;n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, <strong>omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.<\/strong><\/em> <\/li><li><em>v 18b &#8230;want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Ons moet God genoeg vertrou om, ongeag mense se opinies en realiteite van omstandighede, te glo in Sy beloftes en dit wat HY vir jou s\u00ea in jou omstandighede. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong><em>GELOOF\nROEP DIE DINGE WAT NIE BESTAAN NIE, <\/em><\/strong><strong><em>ASOF DIT\nALREEDS BESTAAN<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Toe God geskep het, het Hy d\u00edt wat in die geestelike\nrealm reeds bestaan het, geroep om in die natuurlike realm sigbaar te word. D\u00edt\nis wat ons doen as ons ons beroep op God se beloftes. Hy het Sy Woord reeds\nvasgemaak in die geestelike realm, toe Hy sekere beloftes gemaak het. God kan\nnie lieg of teruggaan op Sy Woord nie. Deur sy beloftes in geloof te roep, laat\nons die beloftes wat reeds in die geestelike realm bestaan, maar nog nie\nsigbaar is nie, manifesteer in die natuurlike realm.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 4:17-22&nbsp; soos geskrywe is: Ek het jou &#8216;n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en <\/em><strong><em>die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.<\/em><\/strong><em> Hy het <strong>teen hoop op hoop geglo<\/strong> dat hy vader sou word van baie volke volgens wat ges\u00ea was: So sal jou nageslag wees. En <strong>sonder om te verswak in die geloof<\/strong> het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie, maar hy is <strong>versterk deur die geloof<\/strong> en het aan God die eer gegee en was <strong>ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. <\/strong>Daarom is dit <strong>hom ook tot geregtigheid gereken<\/strong>.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Leer ken die Woord en weet wat God s\u00ea oor jou omstandighede. Roep dan die beloftes in Sy Woord wat jy nog nie kan sien realiseer in jou lewe nie, om te begin deurbreek. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">6. <strong>GRADE VAN GELOOF:<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Luk 17:5&nbsp; Toe het die apostels aan die Here ges\u00ea: Gee ons meer geloof.<\/em><\/li><li><em>Rom 1:17&nbsp; Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.<\/em><\/li><li><em>2 Kor 10:15&nbsp; Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop<\/em> <em>om, wanneer julle geloof toeneem, in ho\u00ebr mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring, <\/em><\/li><li><em>1Thess 1:3&nbsp; en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader, <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Uit hierdie Skrifgedeeltes sien ons dat GELOOF nie staties is nie, maar lewend en groeiend en voortdurend veranderend. Geloof kan nie stil staan nie, maar moet altyd aan die beweeg bly. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h6 class=\"wp-block-heading\">Ons kyk vervolgens na wat is geen geloof, klein geloof, groot geloof en vernietigende geloof?<\/h6>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Geen geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Mark 4:40-41&nbsp; Toe s\u00ea Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie? En &#8216;n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar ges\u00ea: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is! <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Vrees het die dissipels\nmidde-in die storm oorval. Hulle was oorweldig deur die verskrikking van die omstandighede.\n<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Mark 4:38&nbsp; Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom ges\u00ea: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die eerste ding wat hulle in die krisis gedoen het, was om Jesus se <strong>getrouheid en integriteit te bevraagteken<\/strong>. Dit is gewoonlik die eerste vraag wat by baie mense opspring in \u2019n krisis. Hulle betwyfel God se goedheid en is onseker of God wel sal uitkoms gee in die situasie. Jesus het die dissipels berispe en gevra of hulle dan geen geloof het nie. In hierdie situasie sien ons dat <strong>VREES <\/strong>dieselfde is as <strong>GEEN GELOOF<\/strong>. Waar daar vrees is, is daar geen geloof nie. Ons kan nie aan die een kant vrees h\u00ea en dan aan die ander kant ook s\u00ea dat ons glo nie.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jer 15:19 (AMPC) \u2026[cleansing your own heart from<\/em><strong><em> unworthy and unwarranted suspicions concerning God&#8217;s faithfulness<\/em><\/strong><em>], you shall be My mouthpiece.&nbsp;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1813\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Is my hart gesuiwer van onwaardige en ongegronde agterdog aangaande God se getrouheid? Hierdie woorde ruk my diep aan die hart en laat my diep dink ook hoe ek dink oor God se trou! <\/a><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Daar is een van 2 redes waarom ons vrees:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>Of\nons ken nie God se beloftes nie en weet dus nie dat ons nie nodig het om te\nvrees nie.<\/li><li>Of\nons glo nie dat God dit <strong>kan<\/strong> of <strong>wil<\/strong> doen nie.<\/li><\/ol>\n\n\n\n<div style=\"height:27px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Klein geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Ongeloof is om g\u00e9\u00e9n geloof te h\u00ea nie. Om te t<strong>wyfel<\/strong>, is om wisselvallige en onstabiele geloof te h\u00ea. KLEIN GELOOF is om <strong>soms te glo en soms te twyfel<\/strong>. <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Wat s\u00ea die Skrif gebeur met kleingelowiges?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jak 1:6&nbsp; Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos &#8216;n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Kleingelowiges word soos golwe deur die wind voortgedryf. Hulle word soos \u2019n golf deur die see rondgesweep.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Waardeur word hulle rondgesweep?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Omstandighede<\/strong><ul><li>Kleingelowiges is mense wat vol lof en oorwinning is wanneer alles goed gaan, maar onmiddellik negatief is en moedverloor as dit sleg gaan. Kleingelowiges word deur die omstandighede oorweldig:<ul><li><em>Matt 8:26&nbsp; En Hy s\u00ea vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het &#8216;n groot stilte gekom.<\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Gevoelens<\/strong><ul><li>Kleingelowiges is ook mense wat toelaat dat hulle emosies hulle oorheers. Hul baseer hul geloof of hoe hul voel en nie op die waarheid van God se Woord nie.<\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><strong>Sintuie<\/strong><ul><li>Kleingelowiges is mense wie se geloof be\u00efnvloed word deur hul sintuie. Hulle hoor en sien, praat en voel die feite en realiteite van die omstandighede en word daardeur gelei, i.p.v. hul geloof te baseer op die waarheid van die Woord. <ul><li><em>Matt 14:28-32\u00a0 En Petrus antwoord Hom en s\u00ea: Here, as dit U is, beveel my om op <\/em>die water na U te kom. <em>En Hy s\u00ea: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en s\u00ea: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom ges\u00ea: <\/em><strong><em>Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?<\/em><\/strong><em> Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan l\u00ea. <\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Petrus het die begeerte gehad om op die water te loop. Hy het Jesus genoeg vertrou om op S\u00fd uitnodiging op die water loop. Die oomblik wat hy Sy oog van Jesus afgeneem het en die wind <strong>SIEN<\/strong>, begin hy twyfel en sink. <\/li><li>In teenstelling met die kleingelowige Petrus, sien ons Abraham wat hom nie blindstaar teen die feit dat beide s\u00fd en Sarah se liggame al te oud is om \u2019n baba te h\u00ea nie. D\u00edt het hom nie laat verswak in sy geloof nie. Hy het vertrou op <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">God se verbond<\/a> en belofte en geweet dat ALLES by Hom moontlik is. <ul><li><em>Rom 4:19\u00a0 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:30px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">c. <strong>Groot geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Matt 15:28&nbsp; Toe antwoord Jesus en s\u00ea vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil h\u00ea. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Wat is die eienskappe van groot geloof?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Groot geloof is <strong>volhardend<\/strong><ul><li>Dit is om <strong>ten volle oortuig<\/strong> te wees dat die Here in staat is om te doen wat Hy belowe het. Volhardende geloof <strong>weier om op te gee<\/strong>. Dit is om <strong>uithouvermo\u00eb <\/strong>te h\u00ea en <strong>deur te druk<\/strong> om al die beloftes van ons erfenis te ontvang. <ul><li><em>Matt 15:22-23&nbsp; En &#8216;n Kanan\u00e9se vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en ges\u00ea: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. Maar Hy het haar nie &#8216;n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en s\u00ea: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.<\/em><\/li><\/ul><\/li><li>Hierdie vrou het <strong>nie moed opgegee nie<\/strong>. Selfs toe dit lyk asof Jesus nie aandag aan haar gee nie en die dissipels haar wegjaag, bly sy volhard. Sy ken Jesus se karakter en Sy vermo\u00eb, daarom hou sy aan.<ul><li><em>Matt 15:28&nbsp; Toe antwoord Jesus en s\u00ea vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil h\u00ea. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af. <\/em><\/li><\/ul><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Groot geloof is <strong>geduldig<\/strong><ul><li><em>Heb 6:12&nbsp; sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. <\/em><\/li><li><em>Heb 10:36&nbsp; Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. <\/em><\/li><li>Groot geloof is om nie op te gee nie. <strong>Dit is om geduldig aan te hou, TOTDAT die resultate verkry is. <\/strong><\/li><\/ul><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:26px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">d. <strong>Vernietigende geloof<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Kan geloof vernietig word? <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Kor 10:12&nbsp; Daarom, wie meen dat hy <strong>staan<\/strong>, moet oppas dat hy nie val nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ons kan in ons pad van geestelike groei en geloofsgroei nooit dink dat ons \u2018n punt bereik het wat ons \u201cgearriveer\u201d het nie. Om te ontspan en te dink dat ons nou genoeg weet, stuur ons af op vernietiging. <strong>Paulus skryf aan Timothe\u00fcs om aan te hou om die goeie stryd te stry:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Tim 1:18-19&nbsp; Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Tim\u00f3the\u00fcs, ooreenkomstig die profesie\u00eb wat vroe\u00ebr aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry <strong>en aan die geloof en &#8216;n goeie gewete vashou. Sommige het dit van <\/strong><\/em><strong><em>hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely, <\/em><\/strong><\/li><li><em>Luk 22:31-32&nbsp; En die Here s\u00ea: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou <strong>geloof nie ophou nie<\/strong>;<\/em><\/li><li><strong><em>Heb 10:23&nbsp; Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou&#8230;<\/em><\/strong><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:73px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geloof is om \u2018n vaste vertroue in of \u2018n sekerheid van iets of iemand te h\u00ea. Daar is baie dinge in die alledaagse lewe waar geloof vir ons bloot \u2018n refleks is. Ons doen baie dinge in geloof, sonder om veel daaroor na te dink of daaroor te wonder. Hoeveel keer skakel ons ons motor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1014,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-529","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uit-die-woord","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=529"}],"version-history":[{"count":34,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/529\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2791,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/529\/revisions\/2791"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1014"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=529"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=529"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}