{"id":550,"date":"2019-09-26T12:15:54","date_gmt":"2019-09-26T10:15:54","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=550"},"modified":"2022-05-06T16:45:55","modified_gmt":"2022-05-06T14:45:55","slug":"basiese-grondbeginsels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=550","title":{"rendered":"Basiese Grondbeginsels (Wedergeboorte, Bekering, Vervulling met die Heilige Gees)"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">In hierdie artikel kyk ons na die verskil tussen wedergeboorte en bekering asook wat vervulling met die Heilige Gees vir die gelowige beteken. In die vorige lesings het ons reeds\ngeleer:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>God se <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=350\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">skeppingsdoel met die mens<\/a> was \u2019n liefdesverhouding tussen God en mens.<\/li><li>Die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=357\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">sondeval verbreek<\/a> die verhouding tussen God en die mens.<\/li><li>Ongeregtigheid word \u2019n skeidsmuur tussen God en mens.<\/li><li>Die Ou Testament is die verhaal van God se plan om die <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=364\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">verhouding te herstel<\/a>.<\/li><li>Jesus word as die Offerlam gekruisig om <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">volkome versoening<\/a> tussen God en mens te bewerkstellig.<\/li><li>Die mensdom is deur God <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">regverdig verklaar<\/a> en die gebroke verhouding is herstel.<\/li><li>God stuur <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Sy Gees<\/a> om ons te lei, leer, bemoedig en bekragtig. <\/li><li>Jesus is die Verlosser wat die mens verlos van &#8216;n lewe (en sterwe) sonder God en aan die mens die geskenk van die ewige lewe gee. <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Ons kyk vervolgens na: 1. Wedergeboorte, 2. Bekering en 3. Vervulling met die Heilige Gees. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">1. <strong>Wedergeboorte<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p>Aan die kruis het daar dus nie net iets <strong>VIR<\/strong> die mensdom gebeur nie, maar daar het ook iets <strong>MET<\/strong> die mensdom gebeur. Volgens Kol 2:14 het Jesus die skuldbrief van ons sonde uitgedelg deur dit aan die kruis vas te nael. Die skeidsmuur tussen God en die mens is afgebreek en die mensdom se waarde is herstel. Die mensdom is weer in \u2019n posisie van <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=439\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">geregtigheid voor God<\/a> (2 Kor 5:21). Elke mens wat in Jesus glo en Hom as Verlosser aanvaar, is weer <strong>waardig<\/strong> sodat God deur Sy Gees IN ons as mense kan woon en ons in \u2018n herstelde liefdesverhouding met Hom kan wandel. Dit bly egter steeds die mens se KEUSE of hy dit wil ontvang, want hoewel Christus vryspraak vir die ganse mensdom bewerkstellig het, is dit nie almal wat die hemel as ewige bestemming sal bereik nie. Soos wat Adam en Eva uit <strong>vrye keuse<\/strong> aan God ongehoorsaam was, het die mens vandag weer \u2018n <strong>vrye keuse <\/strong>om terug te beweeg in hierdie liefdesverhouding met God. <strong>Slegs diegene wat glo dat Jesus die Seun van God is en die offer van Sy kruisdood aanvaar, kan die Gees ontvang en sal die ewige lewe saam met God in die hemel be\u00ebrwe.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. <strong>Waarom slegs Jesus?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 14:6&nbsp; Jesus antwoord hom: <strong>Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.<\/strong><\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Jesus was die vervulling van God se plan van herstel. Daar is geen groter offer wat gebring kon word, as die pynigende lyding wat Jesus voor en aan die kruis moes ly nie. Die Skrif verklaar onomwonde dat daar geen ander weg tot God is as deur Jesus nie! Om enigiets anders te akkommodeer, is om die offer van Jesus as minderwaardig of ontoereikend af te maak. Om die volle integriteit van die Woord van God te glo, beteken dat ons as gelowiges <strong>GEEN <\/strong>kompromie\u00eb kan maak om ander paaie na God te akkomodeer nie. As daar ander we\u00eb tot God kon wees, sou Jesus mos verniet so &#8216;n grusame dood gesterf het! <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. <strong>Hoe kom ons in \u2019n herstelde verhouding met God?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Die mens is geskape met &#8216;n Godgegewe behoefte of hunkering na (&#8216;n) God. Mense vul hierdie hunkering dikwels met soveel aardse dinge &#8211; geld, mag, posisie, sukses, seks en ander vorme van aanbidding of afgode. Dit is eers wanneer ons daardie behoefte (of leemte in ons hart) vul met die liefde van die Drie-enige God, die Skepper, wat ons as mense waarlik gelukkig kan wees en in volkome vrede en vreugde kan leef. <\/p>\n\n\n\n<p>Met die skepping het God beginsels van\nvrugbaarheid en voortplanting ingestel. Niks word gebore sonder saad nie. Dit\nis dieselfde beginsel wat geld wanneer \u2019n persoon in \u2019n herstelde verhouding\nmet God wil inbeweeg. Ook met wedergeboorte, wat \u2019n geestelike geboorte is, is\ndaar saad by betrokke.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die Skrif verduidelik dit as volg:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>1 Pet 1:23&nbsp; want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die onverganklike saad is die lewende Woord (Logos = geskrewe Woord) van God. By die meeste van ons is daar oor jare heen geestelike saad in ons lewens gesaai. Ons het die Woord van God miskien gehoor by ons ouers, die skool of het dit dalk self gelees.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is God se begeerte dat almal gered moet word (2 Pet 3:9). In elke persoon wat die Evangelie (die boodskap van Jesus se geboorte, dood en opstanding) hoor, is daar onverganklike saad gesaai. Dit is die Gees van God wat by daardie persoon pleit om terug te kom in sy skeppingsdoel, nl. in \u2019n liefdesverhouding met God. Dit is deur hierdie onverganklike saad wat in die persoon gesaai is, wat hy tot kennis kom van die offer van Jesus. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">c. <strong>Wat is wedergeboorte?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Wanneer &#8216;n persoon besef dat God na \u2019n liefdesverhouding met hom verlang, kan hy \u2019n keuse maak om hierdie uitnodiging te aanvaar. Die moment as &#8216;n persoon KIES om te glo en bely dat Jesus as Seun van God vir HOM gesterf het en die persoon KIES en bely om in &#8216;n nuwe herstelde verhouding met God te wandel, dan vind daar \u2019n geestelike geboorte (wedergeboorte) plaas. Volgens Joh. 1:13 word jy dus &#8220;uit God gebore&#8221;. <strong>Wedergeboorte is dus om GEESTELIK GEBORE TE WORD en die Heilige Gees kom in jou woon.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Jesus het dit s\u00f3 aan Nikod\u00e9mus verduidelik:<\/p>\n\n\n\n<p><em>Joh 3:3-7&nbsp; Jesus antwoord en s\u00ea vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek s\u00ea vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. <\/em><em>Nikod\u00e9mus s\u00ea vir Hom: Hoe kan &#8216;n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie &#8216;n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek s\u00ea vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou ges\u00ea het, julle moet weer gebore word nie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Die dag van jou geboorte is jy uit jou moeder (uit water) fisies gebore, maar dis nodig dat jou gees ook gebore moet word. <strong>Alhoewel \u2018n persoon na wedergeboorte fisies nog dieselfde lyk, is hy geestelik as \u2019n totale nuwe skepsel gebore:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>2 Kor 5:17&nbsp; Daarom, as iemand in Christus is, is hy &#8216;n nuwe <strong>skepsel<\/strong>; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.<\/em><\/li><li><em>Joh 1:12&nbsp; Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>As \u2019n persoon 1) Jesus aanneem en 2) in Sy Naam glo, word hy nou \u2019n kind van God genoem:<\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">d. <strong>Rol van die Heilige Gees<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Daar is egter \u2019n ander baie belangrike\naspek rondom wedergeboorte, nl. die betrokkenheid van die Gees van God.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Joh 3:6&nbsp; Wat uit die vlees (menslike liggaam) gebore is, is vlees (menslik); en wat uit die Gees gebore is, is gees. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>\u201cUit die Gees\u201d gebore word, is wat wedergeboorte is. Wanneer jy as geestelike wese gebore word, kom die Heilige Gees van God in jou woon. Waar jy vroe\u00ebr met menslike vermo\u00eb na geestelike dinge gekyk het, open die Heilige Gees nou jou geesteso\u00eb om as geestelike wese met God te wandel en om die Woord met leiding van die Heilige Gees te sien, te hoor en te verstaan. In die Ou Testament het God in die allerheiligste van, eers die tabernakel en later die tempel gewoon. Toe kom Jesus. Hy word genoem Immanuel, wat beteken &#8220;God met ons&#8221;. God woon toe in Jesus. Na Jesus se opstanding gee God die belofte van die uitstorting van die Heilige Gees op God se kinders. By wedergoorte word elke persoon wat geestelik gebore word, nou die tempel of blyplek waar God se Gees (Sy teenwoordigheid) nou kom leef. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li> <em>1 Kor 3:16+19&nbsp; Weet julle nie dat julle &#8216;n <strong>tempel<\/strong> van God is en die Gees van God in julle woon nie?<\/em> <em>Of weet julle nie dat julle liggaam &#8216;n <strong>tempel<\/strong> is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?<\/em> <\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Die moment wanneer \u2019n persoon Jesus aanneem, ontvang hy die Gees van God in hom. Die Gees in jou sal saam met jou wedergebore gees getuig dat jy nou kind van God is.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 8:15-17&nbsp; &#8230; julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-medium-font-size\"><strong>Wedergeboorte is dus:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>Om Jesus as jou Verlosser (Saligmaker) aan te neem (Hy <strong>verlos <\/strong>jou van die ewige dood (hel) en skenk aan jou die ewige lewe) <\/li><li>Om &#8216;n kind van God te word, <\/li><li>Om as \u2019n nuwe (geestelike) skepsel\/ maaksel gebore te word, <\/li><li>Om met die Heilige Gees gevul te word. <\/li><\/ol>\n\n\n\n<div style=\"height:42px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">2. <strong>Bekering<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p>Dikwels word die term \u201cbekering\u201d gebruik wanneer \u2019n persoon Jesus as Verlosser aanneem. Wanneer ons na die betekenis van die woord \u201cbekering\u201d kyk, vind ons dat wedergeboorte (om nuut gebore te word) <strong>VEEL MEER<\/strong> behels as om dit bloot net bekering te noem. <strong>Bekering beteken letterlik om van gedagte te verander. Grieks vir \u201cbekering\u201d = \u201cmetanoia\u201d<\/strong>. <\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Thayer Definisie van \u201cmetanoia\u201d:<\/em><\/strong><em> A change of mind, as it appears to one who repents, of a purpose he has formed or of something he has done.<\/em><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:27px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">a. Wat is <strong>BEKERING? :<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\"><li>Dit is \u2018n <strong>bewussynsbesef <\/strong>van spesifieke omstandighede waarin jy jou bevind.<\/li><li>Beteken letterlik om van <strong>plan te verander<\/strong>.<\/li><li>Beteken om<strong> weg te draai<\/strong> van \u2019n ou lewenswyse na \u2019n totaal teenoorgestelde lewenswyse (\u201cmetanoia\u201d = om \u2018n 180\u00ba draai te maak). Dit is dus die proses wat direk <strong>voor<\/strong> wedergeboorte plaasvind.<strong> \u2019n Persoon besef die volle oorwinning van die kruis en die uitnodiging tot verhouding. Die stap wat dan geneem word om die offer van Jesus te aanvaar, is \u201cbekering\u201d.<\/strong> Dit is \u2019n besluit om in geloof weg te draai van d\u00edt waarmee hy besig is en iets beters te aanvaar. Die oomblik wanneer hy dan sy keuse uitvoer en die offer aanvaar, word hy geestelik gebore en ontvang die Heilige Gees.<\/li><\/ol>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">b. Daar is egter nog \u2019n aspek van bekering, nl.<\/h5>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Dit is \u2019n voortdurende proses van vernuwing van jou gemoed en denkwyses.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<p>Wedergeboorte is \u2019n eenmalige gebeurtenis wanneer \u2019n persoon nuut gebore word en met die Heilige Gees vervul word. <strong>Bekering dui op \u2019n proses wat herhaalde kere<\/strong> by die geredde en ongeredde persoon kan plaasvind.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Ongeredde persoon kan bv. bewus word van \u2019n w\u00eareldse lewe (Bv. gejaag na geld, leuens, oneerlikheid,  alkohol misbruik, buite-egtelike verhoudings, dwelms, aggressie) wat tot sy nadeel strek. Hy besluit om sy rug op hierdie verkeerde lewe te draai en hom van die \u201cprobleem\u201d te bekeer. So \u2019n persoon kan selfs \u2019n geestelike ervaring van een of ander aard beleef, maar dit beteken nie noodwendig dat die persoon tot wedergeboorte gekom het nie. Hy kan hom bekeer van die verkeerde lewenswyse, maar moet steeds \u2019n doelbewuste keuse maak om <strong>Jesus as offer te aanvaar<\/strong>, voordat ons sou kon s\u00ea dat die persoon wedergebore of gered is. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">c. <strong>Bekering NA wedergeboorte?<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>Bekering is \u2019n <strong>voortdurende proses van vernuwing van jou gemoed en denkwyses<\/strong>. Nadat ons tot wedergeboorte gekom het, is bekering \u2019n daaglikse proses van vernuwing en verandering van ons denke en lewenswandel. Met die hulp en leiding van die Heilige Gees is ons voortdurend in die proses om ons denke en wandel in lyn te kry met God se Woord en met Sy gedagtes.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Jes 55:8&nbsp; Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle we\u00eb is nie my we\u00eb nie, spreek die HERE. <\/em><\/li><li><em>Rom 12:1-2&nbsp; Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as &#8216;n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie w\u00eareld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Bekering is om daagliks te sterf aan ons ou self en onsself as \u2019n lewende, heilige, welgevallige offer aan God te gee. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\">d. <strong>Die vrug van bekering<\/strong><\/h5>\n\n\n\n<p>In die Skrif is etlike verwysings wat daarop dui dat die <strong>vrug <\/strong>van die bekering sal wys of dit \u2019n ware en opregte bekering (of wedergeboorte) was of nie. Indien die persoon nie vrug dra wat by \u2018n bekeerde persoon pas nie, kon hy nie \u2019n ware wedergeboorte ervaar het nie. Met elke tipe bekering sal die vrug wys of daar werklik \u2019n bekering plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Mat 3:8&nbsp; Dra dan vrugte wat by die bekering pas.<\/em><\/li><li><em>Kol 1:10&nbsp; sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk <strong>vrug<\/strong> mag dra en in die kennis van God mag groei,<\/em><\/li><li><em>Mat 7:16+20&nbsp; Aan hulle <strong>vrugte<\/strong> sal julle hulle ken. &#8216;n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!<\/em> <em>So sal julle hulle dan aan hul <strong>vrugte<\/strong> ken.<\/em><\/li><li><em>Joh 15:5&nbsp; Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel <strong>vrug<\/strong>; want sonder My kan julle niks doen nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:21px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">3. <strong>Vervulling met die Heilige Gees<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p>Vervulling met die Gees is wanneer my eie-ek minder word en Hy meer. Dit is die daaglikse afl\u00ea van my vlees. Ek moet meer en meer uit die pad kom, sodat die Gees volle beheer oor my lewe kan h\u00ea. Ek is bloot \u2019n kanaal waardeur Hy Sy liefde, geregtigheid en gawes aan die w\u00eareld wil bedien. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Ef 5:18&nbsp; Moenie dronk word van wyn nie&#8211;daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Hoe lyk \u2019n dronk persoon? Sy denke, reaksies, wandel, spraak, emosies, ens. word alles deur die alkohol beheer. D\u00edt is presies wat met ons moet gebeur as ons met die Gees vervul is. Ons denke, reaksies, wandel, spraak en emosies moet die vrug van die Heilige Gees manifesteer. Dit is \u2019n <strong>daaglikse <\/strong>proses en <strong>keuse <\/strong>om my te bekeer van die dinge in my lewe wat verhoed dat die Gees deur my as kanaal kan vloei.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie gebed van Paulus moet \u2019n\ndaaglikse gebed van elke wedergebore kind van God wees. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Kol 1:9-10&nbsp; Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, <\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:100px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In hierdie artikel kyk ons na die verskil tussen wedergeboorte en bekering asook wat vervulling met die Heilige Gees vir die gelowige beteken. In die vorige lesings het ons reeds geleer: God se skeppingsdoel met die mens was \u2019n liefdesverhouding tussen God en mens. Die sondeval verbreek die verhouding tussen God en die mens. Ongeregtigheid [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1012,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[3],"tags":[],"class_list":["post-550","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uit-die-woord","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/550","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=550"}],"version-history":[{"count":63,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/550\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2783,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/550\/revisions\/2783"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/1012"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=550"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=550"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=550"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}