{"id":922,"date":"2019-10-09T13:30:11","date_gmt":"2019-10-09T11:30:11","guid":{"rendered":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=922"},"modified":"2022-05-06T18:10:31","modified_gmt":"2022-05-06T16:10:31","slug":"struikelblokke-op-jou-pad-oorlog-in-jou-denke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=922","title":{"rendered":"Struikelblokke op jou pad: Oorlog in jou denke"},"content":{"rendered":"\n<div style=\"height:38px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-drop-cap\">By die gelowige is daar voortdurend konflik tussen sy ou natuur en die nuwe natuur. Die konflik tussen die 2 nature vind in ons denke plaas. Hierdie oorlog is \u2019n magstryd oor wie jou denke beheer &#8211; lig of duisternis. Jou gedagtes is die rigtingwysers wat jou lewe gaan bepaal. Elke persoon sal tot die dag van sy dood nog worstel met vleeslike gedagtes, of begeertes wat stryd voer met die geestelike gedagtes. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>Rom 7:18&nbsp; Want ek weet dat in my, dit wil s\u00ea in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.<\/em><\/li><li><em>Rom 8:6&nbsp; Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,<\/em><\/li><li><em>Gal 5:17&nbsp; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Bindinge van die duisternis<\/h2>\n\n\n\n<p>Nie net ongelowiges nie, maar \u00f3\u00f3k Christene kan sukkel met bindinge van die duisternis soos verslawings, pornografie, bitterheid, onvergifnis, minderwaardigheid, selfverwerping, jaloesie, ongeloof, wellus, buite-egtelike verhoudings, ens. Hoewel baie van di\u00e9 bindinge simptome van demoniese teenwoordigheid by &#8216;n persoon is, is die oorsaak nie <strong>noodwendig<\/strong> &#8216;n demoniese aanslag nie. ELKE persoon is daagliks nog in \u2019n <strong>oorlogstryd <\/strong>gewikkel tussen sy ou natuur en sy nuwe natuur. <strong>Ons moet waak daarteen om ons onvermo\u00eb om oorwinning te behaal in ons denke, bloot net aan demone toe te skryf en sodoende nie self verantwoordelikheid neem vir die keuses wat ons maak nie.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<p>Selfs al sou \u2019n persoon na wedergeboorte bevryding ontvang het, sal daar nog <strong>steeds vernuwing van denke <\/strong>moet plaasvind. Solank die dinge van jou ou natuur nog in jou denke heers, sal dit voortdurend jou gedagtes be\u00efnvloed, beheer of besmet. Hoe meer daar teen sulke  denke geveg word, maak ons ruimte vir Goddelike gedagtes om ons denke te oorheers. God wil ons vrymaak van ons ou natuur, maar ons moet die <strong>keuse<\/strong> maak om Hom <strong>toe te laat<\/strong> om dit te doen. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Aanklag van die verlede<\/h2>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"alignleft is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/wp-content\/uploads\/2019\/10\/denke.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-924\" width=\"242\" height=\"234\"\/><figcaption><em>Hou jou verlede jou terug?<\/em><\/figcaption><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>&#8216;n Emosionele wond wat nie volkome genees het nie, kan veroorsaak dat Satan steeds &#8216;n houvas kry in d\u00e1\u00e1rdie area van die wedergebore persoon se lewe. Na sy wedergeboorte kan iemand dus steeds aanslae in di\u00e9 spesifieke area van sy lewe ervaar.  Sodra die gelowige nader aan God wil beweeg, of geestelik wil groei, word hierdie probleem \u2019n struikelblok wat die persoon laat <strong>skuldig of veroordeeld voel<\/strong> en die persoon draai dan <strong>ontmoedig en skaam<\/strong> weg van God se roepstem.&nbsp;  <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Byvoorbeeld<\/strong>: &#8216;n persoon wat voor sy wedergeboorte baie minderwaardig was agv wonde van sy verlede, kan voortdurend in hierdie area aangeval en lamgel\u00ea word n\u00e1 sy wedergeboorte. Dit is nodig dat die <strong>wortel van die probleem<\/strong> aangespreek word, sodat volkome genesing kan plaasvind. <\/p>\n\n\n\n<p><em>Seamands: \u201cSatan\u2019s greatest psychological weapon is a gut-level feeling of <strong>inferiority, inadequacy, and low self-worth<\/strong>&#8230; Low self-esteem paralyzes our potential, destroys our dreams, ruins our relationships, and sabotages our Christian service\u201d.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Satan gebruik dus ons <strong>verlede as aanklag <\/strong>teen ons, sodat ons nie met vrymoedigheid voor God kan staan nie. Hierdie aanklagte veroorsaak dat so baie gelowiges nie<a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1038\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"> hul identiteit in Christus<\/a> in ontvangs kan neem en hul <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=461\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">erfporsie <\/a>geniet nie. Hul kan glo dat dit vir ander is, maar nie vir h\u00falle nie, want hulle is dit nie waardig nie. Skuldgevoel, minderwaardigheid, selfveroordeling, ens. hou die persoon gevange in die houvas van Satan. Dit beroof gelowiges van <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=676\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">lewe en oorvloed<\/a>, oorwinning en die vreugde van \u2019n uitverkorene.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wurm mentaliteit<\/h2>\n\n\n\n<p>Gelowiges wandel soms met \u2018n \u201cwurm mentaliteit\u201d (Jes 41:14) en wil soos \u2018n Elia onder \u2018n besembos gaan wegkruip. Hierdie negatiewe denkpatrone en persepsies beroof ons van \u2018n liefdesverhouding en intimiteit met God en belemmer baie ernstig ons geestelike volwassenheid. <\/p>\n\n\n\n<p>As ons nie hierdie aanklagte van minderwaardigheid in ons gedagtes herken as die ammunisie waarmee die vyand ons aanval nie, is ons sonder enige verdediging uitgelewer in die oorlog wat hy teen ons voer. <strong>Ons moet bekend wees met sy planne en besef dat die oorlogsveld in ons gedagtes l\u00ea! Sy grootste kanon is die wanpersepsies oor ons verlede.<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>2 Kor 2:10-11&nbsp; Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het&#8211;as ek iets vergeef het&#8211;dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, <strong>sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie.<\/strong><\/em><\/li><li><em>Ef 6:12-13&nbsp; Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die w\u00eareldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Gooi af die kettings<\/h2>\n\n\n\n<p>Ons onvermo\u00eb om\nhierdie as \u2019n geestelike oorlog in ons gedagtes te herken, sal altyd \u2019n\nstruikelblok in ons lewens bly en ons verhoed om geestelike volwassenheid te\nbereik. Die wonde van ons verlede sal ons dus weghou van God se plan vir ons\nlewens, totdat ons genesing ontvang en vrykom. Ons sal nie genees deur bloot\nnet die realiteit van die kettings wat ons bind te ignoreer nie. Deur dit te\nignoreer, waarborg ons net dat die probleem sal terugkom om ons weer te wond.\nOns moet ons harte oopstel dat God die leuens van ons verlede ontbloot, ons\nvrymaak en ons genees.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As ons bereid is\nom die dinge van die verlede in die o\u00eb te kyk, sal ons genesing ontvang, die\nsak met \u201cgarbage\u201d word leeggemaak, die kettings van die verlede word verwyder\nen ons kan dan in emosionele vryheid stap. <\/p>\n\n\n\n<p>Satan verloor dan sy houvas oor ons, aangesien hy geen ammunisie meer het om ons verlede teen ons te gooi nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Wanneer Satan jou aan jou verlede herinner, herinner hom aan s\u00fd toekoms.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wandel in vryheid<\/h2>\n\n\n\n<p>Wanneer daar enige aanklag van jou verlede weer teen jou kom, of enige skuldgevoelens, kan jy met selfvertroue wegstap in die wete dat die liefde van God jou beskerm en omring. Soos wat die wonde genees en jy al meer vryheid ervaar, sal dit mettertyd al hoe minder pynlik wees om aan die verlede te dink of herinner te word. Jy sal weet dat daar reeds baie genesing plaasgevind het, wanneer jy God kan <strong>dank <\/strong>vir die sleg wat in jou lewe gebeur het. Wanneer jy begin insien dat dit deel was van die storie van JOU lewe en ook van jou groei as sterk gelowige. Dan kan jy dit kan aanwend om ander te inspireer en te help. <\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:20px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Heiligmaking<\/h2>\n\n\n\n<p>God begeer dat ons ons ou natuur afl\u00ea en voortdurend vernuwe word om die natuur van Christus aan te neem. Hierdie proses waardeur God ons nuut maak, word <strong>HEILIGMAKING<\/strong> genoem en word teweeggebring deur die Heilige Gees wat in ons woon. <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li><em>2 Kor 7:1&nbsp; Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die <strong>heiligmaking<\/strong> in die vrees van God volbring.<\/em><\/li><li><em>Heb 12:14&nbsp; Jaag die vrede na met almal, en die <strong>heiligmaking<\/strong> waarsonder niemand die Here sal sien nie;<\/em><\/li><li><em>2 Kor 3:18&nbsp; En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in &#8216;n spie\u00ebl die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.<\/em><\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Die vrug van die Gees sal al hoe meer manifesteer in jou lewe. Jou siening van jouself, jou verhouding met God en met ander sal \u2019n radikale transformasie ondergaan. Jy sal in staat wees om in &#8216;n baie groter intimiteit met God te wandel.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die koninkryk van God sou waarskynlik baie vinniger gevestig word op aarde, as alle gelowiges hul <a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1038\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">identiteit in Christus<\/a> geken en aanvaar het. Hoeveel mense besef nie dat ons genoem word konings en priesters (Openb. 1:6; 5:10), kinders van God (1 Joh. 3:1) en dat ons erfgename van God en mede-erfgename van Christus (Rom. 8:14-17, Gal. 4:6-7) is nie. So dikwels s\u00ea mense aan my dat hul die Skrifte ken, maar hul voel dit geld vir ander maar nie vir hulself nie (minderwaardig).<\/p>\n\n\n\n<p>Sien ook die artikel oor<a href=\"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/?p=1038\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\"> ONS IDENTITEIT IN CHRISTUS.<\/a><\/p>\n\n\n\n<div style=\"height:64px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator\"\/>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By die gelowige is daar voortdurend konflik tussen sy ou natuur en die nuwe natuur. Die konflik tussen die 2 nature vind in ons denke plaas. Hierdie oorlog is \u2019n magstryd oor wie jou denke beheer &#8211; lig of duisternis. Jou gedagtes is die rigtingwysers wat jou lewe gaan bepaal. Elke persoon sal tot die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":926,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_monsterinsights_skip_tracking":false,"_monsterinsights_sitenote_active":false,"_monsterinsights_sitenote_note":"","_monsterinsights_sitenote_category":0,"ocean_post_layout":"","ocean_both_sidebars_style":"","ocean_both_sidebars_content_width":0,"ocean_both_sidebars_sidebars_width":0,"ocean_sidebar":"0","ocean_second_sidebar":"0","ocean_disable_margins":"enable","ocean_add_body_class":"","ocean_shortcode_before_top_bar":"","ocean_shortcode_after_top_bar":"","ocean_shortcode_before_header":"","ocean_shortcode_after_header":"","ocean_has_shortcode":"","ocean_shortcode_after_title":"","ocean_shortcode_before_footer_widgets":"","ocean_shortcode_after_footer_widgets":"","ocean_shortcode_before_footer_bottom":"","ocean_shortcode_after_footer_bottom":"","ocean_display_top_bar":"default","ocean_display_header":"default","ocean_header_style":"","ocean_center_header_left_menu":"0","ocean_custom_header_template":"0","ocean_custom_logo":0,"ocean_custom_retina_logo":0,"ocean_custom_logo_max_width":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_width":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_width":0,"ocean_custom_logo_max_height":0,"ocean_custom_logo_tablet_max_height":0,"ocean_custom_logo_mobile_max_height":0,"ocean_header_custom_menu":"0","ocean_menu_typo_font_family":"0","ocean_menu_typo_font_subset":"","ocean_menu_typo_font_size":0,"ocean_menu_typo_font_size_tablet":0,"ocean_menu_typo_font_size_mobile":0,"ocean_menu_typo_font_size_unit":"px","ocean_menu_typo_font_weight":"","ocean_menu_typo_font_weight_tablet":"","ocean_menu_typo_font_weight_mobile":"","ocean_menu_typo_transform":"","ocean_menu_typo_transform_tablet":"","ocean_menu_typo_transform_mobile":"","ocean_menu_typo_line_height":0,"ocean_menu_typo_line_height_tablet":0,"ocean_menu_typo_line_height_mobile":0,"ocean_menu_typo_line_height_unit":"","ocean_menu_typo_spacing":0,"ocean_menu_typo_spacing_tablet":0,"ocean_menu_typo_spacing_mobile":0,"ocean_menu_typo_spacing_unit":"","ocean_menu_link_color":"","ocean_menu_link_color_hover":"","ocean_menu_link_color_active":"","ocean_menu_link_background":"","ocean_menu_link_hover_background":"","ocean_menu_link_active_background":"","ocean_menu_social_links_bg":"","ocean_menu_social_hover_links_bg":"","ocean_menu_social_links_color":"","ocean_menu_social_hover_links_color":"","ocean_disable_title":"default","ocean_disable_heading":"default","ocean_post_title":"","ocean_post_subheading":"","ocean_post_title_style":"","ocean_post_title_background_color":"","ocean_post_title_background":0,"ocean_post_title_bg_image_position":"","ocean_post_title_bg_image_attachment":"","ocean_post_title_bg_image_repeat":"","ocean_post_title_bg_image_size":"","ocean_post_title_height":0,"ocean_post_title_bg_overlay":0.5,"ocean_post_title_bg_overlay_color":"","ocean_disable_breadcrumbs":"default","ocean_breadcrumbs_color":"","ocean_breadcrumbs_separator_color":"","ocean_breadcrumbs_links_color":"","ocean_breadcrumbs_links_hover_color":"","ocean_display_footer_widgets":"default","ocean_display_footer_bottom":"default","ocean_custom_footer_template":"0","ocean_post_oembed":"","ocean_post_self_hosted_media":"","ocean_post_video_embed":"","ocean_link_format":"","ocean_link_format_target":"self","ocean_quote_format":"","ocean_quote_format_link":"post","ocean_gallery_link_images":"off","ocean_gallery_id":[],"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[],"class_list":["post-922","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-struikelblokke","entry","has-media"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=922"}],"version-history":[{"count":31,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2832,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/922\/revisions\/2832"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/926"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/karookind.lewensvervulling.org\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}