Padaanwysers: Groei deur ander te bedien

You are currently viewing Padaanwysers: Groei deur ander te bedien

Enkele jare gelede het ek en my man in ons besigheid deur ‘n baie moeilike seisoen gegaan. Die beproewing was vir ons uiters moeilik. Ons het ná die tydperk hierdie Skrif ontvang: Jes 48:10 Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie. Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding. Aan die einde van hierdie beproewing, het Vader aan ons openbaar dat dit nodig is om ons getuienis rondom ons swaarkry met ander mense te deel en hulle daardeur te bemoedig. Die woorde “YOUR TESTIMONY IS THEIR PROPHECY”, het ons aan die hart gegryp! Dit wat JY getuig oor jou pad wat jy stap met die Here en ook oor jou beproewings, word vir ander die profesie, die inspirasie, die RHEMA WOORD wat hulle nodig het om vas te byt, opnuut God te vertrou en om in geloof te kan wandel. As God dit vir jou kon doen, sal hy dit vir ander ook doen. Daarom moet ons nie huiwer om ook ons swaarkry met ander te deel nie.

Empatiese hart

Wanneer God ons wonde genees, gee Hy ook aan ons ‘n sensitiewe hart vir die seer van ander mense. Dit is beswaarlik moontlik om empatie aan te leer. Dit is nie iets wat ons deur boekekennis kan aanleer nie. Die pad van beproewing wat baie gelowiges stap, rus hulle juis spesifiek in dáárdie area van die lewe toe, om met empatie saam met ander se pyn te kan leef.

In my eie lewe leef ek reeds al meer as 25 jaar met pyn ELKE dag. Ek het al dikwels gekry dat persone wat met my gesels, sê dat ek die eerste persoon is met wie hulle praat, wat hulle voel regtig verstaan waardeur hulle gaan. Al het ek nie raad nie, ek het ‘n begripvolle oor. So is daar weer ander pyn, soos die verlies van ‘n kind of eggenoot, wat ek glad nie ken nie. Vir diesulkes is daar weer ánder gelowiges nodig om met sulke persone empatie te kan hê.

Dit wat JOU beproewing is (of was), kan Vader positief aanwend om ander gelowiges te bemoedig en te inspireer.

  • Eseg 36:26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.
  • Mark 5:19  Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.

Onthou dat God ook JOU negatiewe kan verander tot ‘n positewe.

  • Deut 23:5  Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.
  • 2 Kor 1:6  Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.

Leiding van die Heilige Gees

Vra God om jou te vul met Sy Heilige Gees, Sy liefde en Sy genade sodat jy die genesing wat jy ontvang het, met ander kan deel en ook húlle genesing kan ontvang.

  • Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
  • Joh 7:37-38  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
  • Ef 3:17-20  Luk 11:1-13

Maak hierdie Skrif jou eie:

  • Luk 4:18-19  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Deel hierdie goeie nuus wat jy ontvang het met ‘n vriend wat in nood is!

  • Matt 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

A. Davies: We are told in Galatians 5:13, “You were called to be free. But, do not use your freedom to indulge the sinful nature; rather serve one another in love.” It is interesting when I work with people, I find that after the Lord heals their thoughts with truth, they very often say two things “I want to worship God more”, and “I want to help others more”. I believe that when a person is functioning out of the True Self, which God created, they want to naturally do the two commandments of the new covenant to love God and love others.


  • Post category:Padaanwysers