Padaanwysers: God se Vaderhart

You are currently viewing Padaanwysers: God se Vaderhart

Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand. Jes 64:8

In die Ou Testament sien ons slegs enkele verse waar daar na God verwys word as “Vader”. Voor die koms van Jesus, het die mens God geken as die God van Abraham, Isak en Jakob. Jesus het God aan die mens kom voorstel as ’n Vader wat betrokke is by Sy kinders en Sy kinders by die naam ken. Terwyl Jesus op die aarde gewandel het, was Hy genoem Immánuel, wat beteken “God met ons”. Jesus was God self by die mense op aarde. Daarna het Jesus na die hemel opgevaar sodat Sy teenwoordigheid vervang kon word met die BETER BELOFTE: die uitstorting van die Heilige Gees op elke kind van God. Vader is nie meer die God wat ver is nie, maar is deur Sy GEES wat in ons woon, nou God wat BY ons is. Hy wil as ons Vader in ‘n nuwe intieme verhouding met Sy kinders staan.

  • Joh 20:17 … maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God
  • Rom 8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

God wil met ons, sy kinders, ’n baie spesiale Vader – kind verhouding hê. Die vyand sal enige iets in sy vermoë probeer om hierdie verhouding te ruïneer. Deur misleiding en leuens, het hy by die mensdom die beeld van die vaderfiguur kom vernietig en verdraai. Ons het reeds in die artikel oor die Vaderwond gesien hoe wanpersepsies oor ons aardse vaders, kan lei tot wanpersepsies oor die hemelse Vader. ‘n Wanvoorstellings oor God die Vader se onvoorwaardelike liefde vir ons as Sy kinders, beroof die wedergebore kind van God van soveel vrede, vreugde en ‘n lewe in oorvloed.

Die verlore kind

Ons sien in Lukas 15 dat tollenaars en sondaars dikwels na Jesus kom luister het. Die Fariseërs en die Skrifgeleerdes was baie ontevrede dat Jesus met sulke veragtelike mense assosieer en saam met hulle eet. Jesus vertel toe die gelykenis van die verlore seun om God se hart vir Sy kinders te illustreer. Hierdie seun het sy erfporsie van sy pa geëis, die huis verlaat en alles gaan verkwansel. Hy eindig op tussen varke in ‘n varkhok en begeer selfs om hulle kos te eet. Hier wonder hy wat sou gebeur as hy sou besluit om terug te keer na sy ouerhuis toe? Hy het nie geweet hoe sy pa sou reageer nie. Sou sy pa hom selfs net weer as ‘n slaaf terug ontvang? Sou hy verwerp word?

  • Luk 15:18-24  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

Vader wag vir jou!

Net soos die verlore seun, is enige persoon vry om sy eie keuses in die lewe te maak. Keuses het dalk gemaak dat jy ook vandag baie ver van God voel en jy onseker voel oor Sy hart vir jou.

Dis baie insiggewend om in hierdie verhaal daarop te let dat die seun nie, terwyl hy weg was, opgehou het om sy pa se kind te wees nie. Dit maak nie saak wat die kind aangevang het nie, hy het steeds sy pa se kind gebly. Sy pa het die hele tyd geduldig gewag vir sy terugkoms. Met sy terugkeer, het sy pa hom ONVOORWAARDELIK terug ontvang. Die pa het gehardloop, hom omhels en gesoen. Daar was GEEN verwyte, aanklagte of voorwaardes nie. Sy terugkeer is met ’n groot fees gevier.

Dit is hoe God vandag oor my en jou voel:

  • Hy het ons eerste liefgehad.
    • 1 Joh 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
  • Hy is ons Skepper, daarom behoort ons aan Hom.
    • Joh 17:9  Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
  • Hy bied aan ons verlossing en ewige lewe.
    • Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
  • God wil ’n verhouding met ons hê.
    • Joh 10:14  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

‘n Gratis geskenk

Ons almal ken die beminde lied Amazing Grace, how sweet the sound. In Afrikaans word “GRACE” vertaal as genade, maar in Engels beteken genade “mercy” of “grace”. “Mercy” is die vryspraak wat ons deur Christus kry. Ons kry dus nie die straf wat ons eintlik verdien nie. Maar “GRACE” is die seën (blessing) waarmee God ons seën, omdat ons vrygespreek is. Wanneer ons tot geloof kom, kom die genade op genade… “Grace appeared, the hour I started to believe”! 

In sy boek, “What’s So Amazing About Grace?”, skryf Philip Yancey: “God’s grace is so great that we do not have to achieve righteousness. By striving to prove how much they deserve God’s love, legalists miss the whole point of the gospel, that grace is a gift from God to people who don’t deserve it. I know nothing that represents a greater threat to grace than legalism.”

In die OU Testament sien ons hoe God die Wet (10 gebooie + etlike ander wette) gegee het om die volk riglyne te gee waarvolgens hulle moes leef en wat hulle in bewaring moes hou totdat die NUWE sou kom. Deur die kruis het Jesus ‘n Nuwe Verbond met nuwe beloftes bewerkstellig. Wanneer ons nog deur die volhouding van wette probeer om guns by God te wen, verstaan ons nog nie die konsep van God se genade (“grace“) nie.

Die Nuwe Verbond is ‘n verbond van GENADE (“grace“). God se genade (“grace”) is ’n gratis geskenk wat jy net moet ontvang. Die enigste “voorwaarde” is ‘n bewussyn van ons eie onvolmaaktheid. God se genade word geblokkeer deur ons trots, oordeel en onvergifnis.

  • Jam 4:6  But He gives us more and more grace (power of the Holy Spirit, to meet this evil tendency and all others fully). That is why He says, God sets Himself against the proud and haughty, but gives grace [continually] to the lowly (those who are humble enough to receive it).

Pyn hou ons terug

Floyd McClung skryf in sy boek The Father Heart of God: It is fear of the Lord and humility, that will bring us close to the father heart of God and release to us wholeness and self-worth. Healing and freedom from selfishness is God’s ultimate desire for us. Try as we might, that will not happen through all the various means we can devise to improve ourselves, but only by returning to the one who created us, who longs for a relationship with us, who even now waits for us, and who indeed sent his Son to die for us.

David Seamands sê in sy boek,  “Perfectionism”: “Many years ago I was driven to the conclusion that the two major causes of most emotional problems among evangelical Christians are these:

  1. the failure to understand, receive and live God’s unconditional grace and forgiveness,
  2. the failure to give out that unconditional love, forgiveness and grace to other people.”

Een van die grootste behoeftes van elke mens is om in sy diepste wese te weet hy is aanvaar, liefgehê en het waarde. As ons nie onvoorwaardelike liefde ontvang nie, ontstaan daar emosionele wonde en wanpersepsies in ons denke. Vir gelowiges is Christus die bron van genade waaruit ons aanvaarding, liefde en waarde ontvang. Sy genade en liefde bring vir ons genesing, maak ons vry en rus ons toe om genade, vergifnis en liefde aan ander te offer.

Oordink die volgende vrae:

  • Aanvaar jy dat God jou onvoorwaardelik liefhet?
  • Is jy bereid om te erken dat jou verhouding en siening van jou aardse vader jou siening van God beïnvloed het?
  • Bedink of daar by jou dalk nog wanpersepsies oor God kan wees wat direk of indirek deur jou aardse vader veroorsaak is?
  • Is jy bereid om genesing te ontvang vir die wonde wat deur jou aardse vader (doelbewus of onwetend) veroorsaak is?

Jesus wil ons genees wanneer ons Hom innooi in die seer herinneringe van ons verlede. Om tot insig te kom oor die Vader se hart van onvoorwaardelike liefde vir jou, is om in die VOLLE vrede en ‘n lewe in oorvloed in te stap soos wat in Joh. 10:10 belowe word.

  • Isa 61:1-3 THE SPIRIT of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the [physical and spiritual] captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, [Rom. 10:15.] To proclaim the acceptable year of the Lord and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn, To grant [consolation and joy] to those who mourn in Zion–to give them an ornament (a garland or diadem) of beauty instead of ashes, the oil of joy instead of mourning, the garment [expressive] of praise instead of a heavy, burdened, and failing spirit–that they may be called oaks of righteousness [lofty, strong, and magnificent, distinguished for uprightness, justice, and right standing with God], the planting of the Lord, that He may be glorified.

God se Woord vir jou:

  • Joh 14:23  Jesus answered, If a person [really] loves Me, he will keep My word [obey My teaching]; and My Father will love him, and We will come to him and make Our home (abode, special dwelling place) with him.
  • Joh 14:18  I will not leave you as orphans [comfortless, desolate, bereaved, forlorn, helpless]; I will come [back] to you.
  • Joh 14:1  DO NOT let your hearts be troubled (distressed, agitated). You believe in and adhere to and trust in and rely on God; believe in and adhere to and trust in and rely also on Me.
  • Eph 1:3-6  May blessing be to the God and Father of our Lord Jesus Christ (the Messiah) Who has blessed us in Christ with every spiritual (given by the Holy Spirit) blessing in the heavenly realm! Even as [in His love] He chose us [actually picked us out for Himself as His own] in Christ before the foundation of the world, that we should be holy (consecrated and set apart for Him) and blameless in His sight, even above reproach, before Him in love. For He foreordained us (destined us, planned in love for us) to be adopted (revealed) as His own children through Jesus Christ, in accordance with the purpose of His will [because it pleased Him and was His kind intent]– [So that we might be] to the praise and the commendation of His glorious grace (favor and mercy), which He so freely bestowed on us in the Beloved.
  • Psa 84:11  For the Lord God is a Sun and Shield; the Lord bestows [present] grace and favor and [future] glory (honor, splendor, and heavenly bliss)! No good thing will He withhold from those who walk uprightly.
  • Ps 91:4  Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
  • Jer 29:11-14  Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander…

Lees aandagtig die artikel oor GEBEDSTERAPIE. Dit sal jou begelei op die pad van genesing om die onvoorwaardelike liefde van God jou eie te maak.


  • Post category:Padaanwysers