Die term “Drie-eenheid”, is ’n benaming wat ons nêrens in die Woord van God vind nie. Dit is bloot ’n benaming van die Godheid wat onstaan het uit dit wat ons in beide die Ou en Nuwe Testamente oor God lees. Dit beskryf aan ons hoe God, wat in wese EEN is, Homself op drie maniere aan ons bekend maak. Ons leer in die Skrif God ken as
God die Vader
God die Seun
God die Heilige Gees
Alhoewel God Hom as drie persone openbaar, is die Vader, Seun en Heilige Gees ’n volmaakte eenheid in wil, doelwit en liefde.
- Jak 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
- John 17:21 …as You, Father, are in Me and I in You, that they also by ONE in US…
- Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping
Die Drie-eenheid was vóór die skepping reeds daar.
- Joh 1:1-3 In die begin was die Woord (Jesus), en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy (Jesus) was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
- Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Daar is volmaakte samewerking tussen Vader, Seun en Heilige Gees. Alhoewel al drie as volkome eenheid in liefde en harmonie saamwerk om die skepping en kerk in stand te hou, is elkeen op ’n ander manier betrokke en speel elk ’n ander rol.
Ons sou kon sê:
- die Vader skep
- die Seun verlos
- die Heilige Gees kom troos en lei.
Maar by elkeen van hierdie, is al drie persone in die Godheid aktief betrokke. So is byvoorbeeld beide die Seun en die Heilige Gees (Gen 1:2) ook betrokke by die skepping.
- Kol 1:16 want in Hom (Jesus) is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte–alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
1. God die Vader
As ‘n teken van respek vir die naam van God, is ons as kinders geleer om nie Sy naam ydellik te gebruik nie en om Sy naam altyd met ’n hoofletter te skryf. Om te weet wie God régtig is, moet ons na Sy Woord, die Bybel, gaan om Hom te leer ken en verstaan. Wanneer ons kyk na die verskillende name van God in die oorspronklike Hebreeus, sê dit vir ons baie meer oor wie God is en wat Sy karakter is.
In die Nuwe Testament leer ons God ken as Vader (Grieks: “Pater).
- 1 Joh 3:1 Kyk wat ‘n groot liefde die Vader (Pater) aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!
In die Ou Testament leer ons God deur ‘n verskeidenheid ánder name ken. Daar is verskillende Hebreeuse woorde wat in die Bybel as “God” of “Here” vertaal is. Elkeen van hierdie woorde dui op ‘n ander aspek van wie God is.
a. ELOHIM
El Elyon = Allerhoogste God
- Gen 1:1 In die begin het God (Elohim) die hemel en die aarde geskape.
Die Hebreeuse naam Elohim word in hiérdie Skrifgedeelte met die naam “God”, vertaal. “El” kom van ’n woord wat krag of sterkte aandui en as dit vir God gebruik word, dui dit vir ons op algehele krag of mag. Elohim (’n meervoudsvorm van El) dui vir ons op die naam van God as die “Almagtige”.
- Gen 14:19-20 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God (El), die Allerhoogste (Elyon), die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God (El), die Allerhoogste (Elyon), wat u vyande in u hand gegee het.
- Ps 57:3 Ek roep God (El), die Allerhoogste (Elyon), aan, God wat dit vir my voleindig.
El-Roi = Die God wat sien
- Gen 16:13-14 Toe noem sy (Hagar) die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ‘n God wat sien (roi). Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien? Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï.
- Sy noem die put: “beer-lahai-roi, wat beteken “A well to the Living One who seeth me.”
El Olam = Die ewige God
- Jes 40:28-31 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ’n Ewige (Olam) God (El) is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
b. YAHWEH
Hiérdie Hebreeuse naam van God word dikwels as “Jehova” geskryf.
- Ex 20:7 Jy mag die Naam van die HERE (Yahweh) jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE (Yahweh) sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
- Exo 20:7 You shall not take the name of Jehovah your God in vain. For Jehovah will not hold him guiltless that takes His name in vain.
Elohim word hoofsaaklik as “God” vertaal en Yahweh as “Here”. God het Homself aan Moses by die brandende bos bekendgestel, voordat Hy hom na Egipte gestuur het om die volk te bevry. Moses het geweet dat die Egiptiese gode almal name gehad het en hy het vir God gevra wat Sý naam is, sodat hy aan die Farao kon sê wie die God is wat hom gestuur het. Hier het God homself “Yahweh” genoem.
- Ex 3:15 Toe sê God (Elohim) verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE (Yahweh), die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
Dakes verklaar “Yahweh” as: “The Self-existent or Eternal One”
Die grondwoord is ’n woord wat ’n onafhanklike en beginlose bestaan aandui.
- Ex 3:13-14 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? –wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Die “Ek is” dui op God se getrouheid en onveranderlikheid. Hy was, is en sal altyd dieselfde wees. Gister, vandag en tot in ewigheid. “Ek is”……. ons kan hier invul wat ook al ons behoefte mag wees. “Ek is” jou Beskermer, Geneser, Voorsiener, ens.
Nog name vir Jehovah:
- Jehovah-Elohim = Die ewige Skepper. Hierdie saamgestelde naam dui op die ewige, verhewe, almagtige God wat die Skepper is.
- Gen 2:4 These are the generations of the heavens and of the earth when they were created in the day that Jehovah God (Elohim) made the earth and the heavens.
- Jehovah-Jireh = God sal voorsien
- Gen 22:14 (MKJV) And Abraham called the name of that place Jehovahjireh: as it is said to this day, In the mount of the LORD it shall be seen.
- Jehovah-Nissi = Die Here is my banier. God gee die oorwinning.
- Exo 17:15 (KJV) And Moses built an altar, and called the name of it Jehovahnissi:
- Ex 17:15 En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
- Jehovah-Ropheka (ook: Rophi of Rapha = gesond) = Die God wat jou gesond maak (“mend, cure, heal”).
- Ex 15:26 en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
- Jehovah-Shalom = Die Here is vrede.
- Jdg 6:24 Then Gideon built an altar there unto the LORD, and called it Jehovahshalom: unto this day it is yet in Ophrah of the Abiezrites.
- Rigters 6:24 Toe bou Gídeon daar ‘n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede!
- Enkele betekenisse van Shalom:
- “welfare” (Gen 43:27),
- “in good health” (Gen 43:28),
- “well, happy, safe (2 Sam 18:28+29),
- “prosperity” = Psa 35:27 Let them shout for joy, and be glad, that favour my righteous cause: yea, let them say continually, Let the LORD be magnified, which hath pleasure in the prosperity (shalom) of his servant.
- Jehovah-Tsidkeenu = Die Here ons geregtigheid.
- Jer 23:6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
- Jehovah-Elyon = Die Allerhoogste God.
- Ps 7:18 Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.
- Jehovah-Rohi = Die Here is my herder.
- Ps 23:1 ‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
- Jehovah-Hoseenu = Die Here ons maker.
- Ps 95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.
c. ADONAI
Die grondbetekenis van Adonai is heerser of meester. Wanneer iemand só aangespreek word, dui dit op onderwerping aan die persoon wat aangespreek word. Dit word vertaal as “Here” of “Here van die Here”.
Deut 10:17 Want die HERE (Yahweh) julle God (Elohim) is die God (Elohim) van die gode (Elohim) en die HERE (Adonai) van die here (Adonai); die grote, magtige en gedugte God (El) wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
In hierdie naam van God is daar oppergesag, heerskappy, outoriteit en beheer. Ons wat geskape is na God se beeld, ontvang ook Sy outoriteit en gesag.
2. God die Seun
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Heb. 1:1-2
Die Seun van God het die aarde op ’n nuwe wyse betree toe Hy mens geword het. Hy was Jesus genoem. “Immanuel “ = God met ons.
- Joh 14:8-9 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.
Jesus het aarde toe gekom om die Vader aan die mensdom te kom openbaar. As God self aarde toe sou kom om mens te word, sou Hy soos Jesus wees.
- Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
God het die Seun gestuur om die mensdom te verlos. Hy het as mens op die aarde gewandel. Gevul met die krag van die Heilige Gees. Hy het net gedoen wat die Vader aan Hom getoon het om te doen.
Die naam Jesus kom van die Grieks vir Josua. Josua beteken “God is verlossing”. Die naam van Jesus word mooi deur Matthéüs verduidelik wanneer Hy Jesus se geboorte aan Maria aankondig:
- Matt 1:21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Dus: Jesus = Verlosser.
a. Enkele name vir Jesus in die Ou Testament:
Immánuel = God by ons
- Jes 7:14 Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.
Vredevors= Jesus het vrede na die wêreld gebring
- Jes 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors
Gesalfde
- Ps 2:2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde…
b. Enkele name vir Jesus in die Nuwe Testament:
Seun van God
Hierdie naam van Jesus dui op Sy spesiale en unieke verhouding met God.
- Mark 1:1 Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
Seun van die mens
Hierdie naam dui daarop dat Jesus ook volkome mens was.
- Matt 8:20 En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
Seun van Dawid
Matt 15:22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
Die Woord
- Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
- Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon–en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Die Lam van God
Slegs Johannes die Doper verwys só na Jesus:
- Joh 1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Christus is die Gesalfde
- Matt 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Christus is die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord “Messías”. (Dan. 9:24-26)
- Joh 1:42 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind–dit is, as dit vertaal word, die Christus.
- Joh 4:25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
Rabbi Meester
- Joh 1:38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: (1:39) Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi–dit wil sê, as dit vertaal word, Meester–waar is U tuis?
Leidsman na die lewe
- Hand 3:14-15 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word, en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is
c. Name van Jesus in Openbaring
Alfa en die Omega
Jesus word in Openbaring die Alfa en Omega genoem. Die Alfa en die Omega is die eerste en laaste letters van die Griekse alfabet. Dit dui daarop dat Jesus die eerste is en die laaste sal wees.
- Openb 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Leeu uit die stam van Juda
- Openb 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
Die Lam
- Openb 5:6-8 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.
Woord van God
- Openb 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
Koning van die Konings en Here van die heersers
- Openb 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
Blink Môrester
- Openb 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
d. Name wat Jesus Homself genoem het:
By sewe geleenthede het Jesus met Sy “Ek is” uitsprake vir ons iets vertel van Sy Godellike natuur:
Brood
Joh 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Lig
- Joh 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Ingang
- Joh 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Goeie Herder
- Joh 10:11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
Opstanding en lewe
- Joh 11:25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
Weg, Waarheid, Lewe
- Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Ware wingerdstok
- Joh 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
3. God die Heilige Gees
a. Die Gees in die Ou Testament
Skepping
Die Gees van God was reeds van die begin af aktief betrokke in God se skepping (Gen 1:2).
Vaardigheid vir take
In die Ou Testament was die Gees net aan sekere persone gegee en ook op ’n beperkte wyse, sodat hulle sekere take of funksies kon vervul. Met die bou van die tabernakel, het sekere persone die Gees ontvang om wysheid te verkry om spesifieke handvaardighede te kon doen. (Ex 31:3-5)
Profete
Profete het die Gees van God ontvang, bv. Elisa = 2 Kon 2:9.
Leiers
Die Gees is gegee aan leiers (Josua; Deut 34:9), rigters (Gideon; Rigters 6:34) en konings (Dawid; 1 Sam 16:13). Hierdie persone het die Gees ontvang om spesifieke leiding en rigting te gee aan God se volk en as ’n tussenganger tussen God en die volk Israel op te tree.
b. Die Gees se rol in die Nuwe Testament
Die Ou Testament het ’n nuwe era voorspel, waarin die Gees ’n ander funksie sou vervul en die mensdom die volheid van die Gees kon ontvang.
- Joël 2:28+29 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.
Die Gees was die BELOFTE VAN DIE VADER genoem, wat na die opstanding en hemelvaart van Jesus sou kom.
- Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.
Hy is die GEES VAN WAARHEID wat ons in die hele waarheid lei.
- Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Hy is ons TROOSTER en HERINNER ons aan alles wat Jesus geleer het.
- Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Lees vervolgens: Waarom het God die mens geskep?