Padaanwysers: Effektiewe Dissipelskap is Nodig

You are currently viewing Padaanwysers: Effektiewe Dissipelskap is Nodig

Die ideaal sou wees dat elke nuwe gelowige met baie leiding, begrip, liefde en lering gehelp sou word op die nuwe pad van geestelike groei. Hierdie pad van groei behels nie net dat ons fokus op die toekoms nie, maar dis ook noodsaaklik dat ons die persoon sal perspektief gee op sy verlede.

Paulus stel die voorbeeld van effektiewe dissipelskap

Therefore be always alert and on your guard, being mindful that for three years I never stopped night or day seriously to admonish and advise and exhort you one by one with tears. Act 20:31 

Dis nodig dat ons mense leer om:

  • hulself beter te verstaan (dui op verlede en hede).
  • die gebeure, invloede en trauma van hul verlede beter te verstaan.
  • genesing vir hul wonde kry.
  • die struikelblokke op hul pad van groei te identifiseer (verlede en toekoms).
  • hul volle potensiaal as geestelike volwassenes kan bereik.

In die praktyk sien ons egter dikwels dat iemand al baie lank ‘n gelowige is, maar nog steeds ‘n geestelike baba is. Soms kry ‘n persoon jare lange berading, maar leer nooit om op sy/haar eie bene te staan nie. Soms ervaar gelowiges in een area van sy geestelike wandel al baie geestelike groei en oorwinning, maar in ‘n ander area, bv. verhoudings, finansies, angs, vrees of minderwaardigheid, ervaar hy net nie deurbrake nie. Deur bloot net vir hierdie mense te sê dat hul hul denke moet vernuwe, of dat hul die verlede moet vergeet, maak ons as geestelike leiers ons skuldig aan “spiritual abuse” (geestelike mishandeling).

Ons almal se verlede speel ’n baie belangrike rol in wie ons vandag is. Ons onsensitiwiteit teenoor mense se emosies en wonde van die verlede, veroorsaak dat ons net nog meer veroordeling op hulle plaas. Dit het tot gevolg dat so baie mense agter maskers leef, skaam is om te erken hul het probleme en gevolglik nooit vry kom nie. Óf mense besef nie hul het emosionele wonde nie, óf hul glo dat hul die seer van die verlede kan wegsteek, óf hul is te skaam of te trots om hulp te soek. As ons onverwerkte seer in ons lewens het, sal ons dit nie altyd kan wegsteek nie. Êrens op jou pad, veral in ons verhoudings, kom die wonde van die verlede wel na vore en beïnvloed dit ons lewens.

1. Genesing en vrymaking is moontlik:

Die mens is ‘n geestelike wese, dus kan ons in beide die geestelike en die fisiese realms funksioneer. Die natuurlike wêreld (fisiese realm) is dít wat ons met ons sintuie kan waarneem en die geestelike realm is wat ons met ons gees waarneem. Om ons volle potensiaal te bereik, soos wat God vir ons bedoel het, moet ons in beide realms funksioneer. Geestelke volwassenheid kan slegs bereik word, wanneer ons die mens in totaliteit, m.a.w. kognitief, emosioneel, liggaamlik en geestelik bedien.

Emosionele onvolwassenheid of gebrokenheid, wat dikwels hul oorsprong het in verkeerde denkpatrone of kognitiewe wanpersepsies, kan ‘n struikelblok wees om suksesvol in beide realms te funksioneer. Verkeerde persepsies waarmee mense grootgeword het oor hulself, ander en God, is van die grootste struikelblokke tot genesing van gebrokenes en vrylating van gevangenes (Jes 61). Gevangenskap van sterk negatiewe emosies soos bitterheid, onvergifnis, woede, verwerping, skuldgevoelens, vrees, ens. is dikwels aanduidend van ernstige geestelike en/of emosionele probleme. Negatiewe denkpatrone is gewoontevormend en hou die persoon gevange in hierdie negatiwiteit.

Jesus het nooit enige iemand met pyn, siekte, gebrek, demoniese besetting of mense wat in die mag van sonde vasgevang was, veroordeel nie. Let op die manier waarop Hy die Samaritaanse vrou by die put (Joh. 4:1-42), vir Petrus na sy verloëning (Joh. 21:15-19) en die vrou wat in ‘n buite egtelike verhouding betrap was (Joh. 8:11), hanteer het .

David A. Seamands: “God understood what it meant to be a human being. But because of the incarnation, His ultimate identification with us in the sufferings and death of Christ, God now fully knows and understands, not simply from factual omniscience but from actual experience”.

Mense word aangemoedig om hul pyn vierkant in die oë te kyk en eerlik dit aan te spreek. Ons kan nie ons verlede ontken nie. Jesus wil hê dat ons dit na Hom toe moet neem:

  • Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Ons kan pyn in ons lewens ervaar a.g.v:

  • Verkeerde keuses en pyn wat ons ander veroorsaak het
  • Of van dinge wat aan ons gedoen is.

Jesus wil beide genees! Eerlikheid met onsself en met God, is die enigste weg tot vryheid. Mense loop soms met baie selfveroordeling en selfverwyt oor sonde van die verlede, of sonde waarin hul huidiglik vasgevang is. As ons skade ly a.g.v. sonde  in ons verlede (ons eie verkeerde keuses of pyn wat ons ander aangedoen het), moet ons die sonde eerlik en opreg bely en dan glo dat Jesus daarvoor aan die kruis gesterf het. So nie staan Satan altyd gereed om valse skuldgevoel oor mense te stort. (Later meer oor vergifnis en selfvergifnis.)

  • 1 Joh 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Jesus het nie net vir ons sonde gesterf nie, maar het ook gesterf vir die gebrokenes van hart. Hy wil al die wonde genees van die pyn wat ons onsself aangedoen het en ook wat ander aan ons gedoen of gesê het.

  • Isa 61:1-3  THE SPIRIT of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the [physical and spiritual] captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, To proclaim the acceptable year of the Lord and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn, To grant [consolation and joy] to those who mourn in Zion–to give them an ornament (a garland or diadem) of beauty instead of ashes, the oil of joy instead of mourning, the garment [expressive] of praise instead of a heavy, burdened, and failing spirit–that they may be called oaks of righteousness [lofty, strong, and magnificent, distinguished for uprightness, justice, and right standing with God], the planting of the Lord, that He may be glorified.

Hierdie verse het Jesus aangehaal in Luk 4:18-19, toe Hy aangekondig het waarom Hy na die aarde gekom het. Dit maak nie saak watter tipe aanslag daar teen ‘n persoon was nie, Jesus het gekom “om aan gevangenes vrylating te verkondig.” Jesus het ons verlos, maar ons ervaar dikwels nie vryheid nie. Vrede het Hy ons nagelaat (Joh. 14:27), maar ons bly onrustig.

Dit is tyd dat ons die volle implikasie van Jesus se kruisdood besef, dit glo en leef soos mense in wie se lewens dit wel ‘n verskil maak. Jesus het geseën, genees, bevry en vergewe. Hy het aan Sy dissipels opdrag gegee om dieselfde te doen:

  • Luk 9:1-2  En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

Hy het ook hierdie opdrag aan ons gegee om dit vandag met outoriteit en krag te gaan verkondig en sodoende genesing en bevryding aan mense te bring. (Mat 28:18-20)

2. Herstel van ‘n dissipel

Jesus se hantering van Petrus nadat hy Hom verloën het, is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe Jesus vryheid bring, nadat dinge in die verlede verkeerd geloop het (Joh. 21:15-19). Petrus was ‘n dissipel van Jesus, maar hy het onder die druk van versoeking jammerlik gefaal. Drie maal het hy met groot oortuiging ontken dat hy ‘n volgeling en vriend van Jesus was. Jesus het hulle gewaarsku (Luk 22:31) dat die vyand hul soos koring sou sif, maar Petrus het nogtans gefaal.

Petrus was só oorweldig deur skuld en selfverwyt, dat hy homself nie kon vergewe nie en ook nie God se vergifnis gesoek het nie. Toe hy besef wat hy gedoen het, het hy buitentoe gegaan en bitterlik geween (Mat. 26:75b).

Na Jesus se opstanding het Hy seker gemaak dat Hy Petrus weer herstel in die roeping wat Hy vóór die kruisiging vir hom gegee het. Hy het Petrus 3 maal gevra of hy Hom liefhet en Petrus het 3 maal “ja” geantwoord. Elke keer het Jesus Petrus daarna opdrag gegee om na Sy skape om te sien. Dit was nie blote toeval dat Hy hom 3 maal die vraag gevra het nie. Soos wat Petrus Jesus 3 maal verloën het, was die drievoudige herstel nodig om dit volledig te maak. Jesus het nooit vir Petrus gekonfronteer oor die nag van verloëning deur in detail daarop in te gaan nie, maar Hy het die pynlike wond van herinnering baie sagkens kom genees. Daarna was Petrus sonder enige pyn van die herinnering of enige skuldgevoel. Hy het deur hierdie negatiewe ervaring gegroei! Nadat God hom genees en herstel het, was hy soveel kragtiger toegerus vir die taak wat op hom gewag het.

God wil jou struikelblokke verwyder:

  • Jes 57:13-15+18-19… Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem. En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk. Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges. Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.

3. Herstel is ons keuse

John en Paula Sandford: “…human free will is so precious to our Lord that He will not let the efficacy of the cross be applied to us without our consent.” Om vry te kom van ons ou natuur en van emosionele bindinge, moet ons waarlik vry WIL wees en God toelaat om die kettings wat ons bind te verbreek. Ons sien dikwels hoe mense vir baie jare as Christene lewe, maar nie in vryheid lewe nie, omdat hul nie vir God toelaat om hul vry te maak nie.

Albert Einstein: “Die wêreld wat ons geskep het, is ’n produk van ons gedagtes. Niemand kan dit verander as ons nie self ons gedagtes verander nie”.

Dikwels voel mense veilig binne hul huidige omstandighede of denkpatrone (al is dit vir hul sleg), maar hul ervaar dit as “normaal”, is gewoond daaraan en/of vrees verandering. Die gedagte om vry te wees van hul negatiewe denke voel na ’n mite en nie iets wat hul dryf om dit na te jaag nie. Ons kan dit bykans vergelyk met ’n sywurm wat net op blare rondkrul en weier om in die kokonstadium in te gaan, want hy vrees verandering in sy lewe. Hy voel bekend met sy huidige omstandighede en die gedagte om te kan vlieg is so vreesaanjaend, dat hy dit liewer vermy!

Soms glo mense dat daar nie meer uitdaging aan Christenwees is, as om bloot net tot bekering te kom nie. Hul soek niks meer, vertrou en waag niks meer nie. Hul raak ongelukkig met mense wat aan hul uitwys dat daar ’n opwindende pad van groei is wat ons uitdaag om in ’n intiemer liefdesverhouding met die Vader te leef. Hul sien ook geen nodigheid vir die Heilige Gees om verandering in hul lewens te bring nie, of vertrou God vir geen wonderwerke in hul lewens nie.

Hoewel hierdie mense gered is, sleep hul nog steeds die sak met “garbage” van hul verlede met hul saam. Genesing, vrymaking en herstel is God se hart vir elke persoon.

4. Herstel en hoop

God stel in ons verlede belang en wil vir ons genesing en herstel bring van wonde, trauma en hartseer. Hy begeer ook dat alle wanpersepsies wat ons het oor Hom, onsself, oor ander… maak nie saak watter wanpersepsies ons in ons het nie… Hy begeer dat ons waarheid sal hê in ons diepste wese:

  • Psa 51:6  Behold, You desire truth in the inner being; make me therefore to know wisdom in my inmost heart.

Jesus het nie ‘n groot storie gemaak van Petrus se verraad nie. Hy het net sagkens die seer kom herstel en elke keer daarmee saam vir Hom ’n visie vir die toekoms gegee.

Herstel van die verlede en ’n visie vir ’n hoopvolle toekoms gaan hand aan hand. Sonder hoop vir die toekoms, is daar by ons nie motivering om iets aan die verlede toe doen en herstel te ontvang nie. Met net hoop vir die toekoms, sonder dat die pyn van die verlede hanteer is, gaan die seer ons altyd inhaal wanneer daar druk, konflik of ander konfrontasies in ons lewens kom. Effektiewe dissipelskap lê daarin om beide die verlede en die toekomsvisie aan te spreek en nie die een hoër te ag as die ander, of as onbelangrik te beskou nie.


  • Post category:Padaanwysers