Padaanwysers: Vergifnis (Deel 4): Vergewe en Vergeet? Vergelding?

You are currently viewing Padaanwysers: Vergifnis (Deel 4): Vergewe en Vergeet? Vergelding?

1. Moet ek werklik vergewe EN VERGEET?

And whenever you stand praying, if you have anything against anyone, forgive him and let it drop (leave it, let it go), in order that your Father Who is in heaven may also forgive you your [own] failings and shortcomings and let them drop. Mark 11:25 

Forgive and let it drop (let it go). Hierdie is nie maklik nie! Soms is die pyn van die herinnering so diep in ons harte, dat dit beswaarlik moontlik is om te vergeet. Wanneer ons reeds erns gemaak het daarmee om te vergewe, sal ons ‘n groter ligtheid in ons gemoed ervaar wanneer die herinneringe weer ons gedagtes kom besoek. Dit is egter baie moeilik om die gedagtes te “drop” as ons die herinnering lewendig hou deur voortdurend dit te bedink en daaroor praat? Paulus sê:

  • Phi 3:13  I do not consider, brethren, that I have captured and made it my own [yet]; but one thing I do [it is my one aspiration]: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead.

Wanneer ons met die emosies rondom die seer gedeel het, moet ons doelbewus daarna streef om ons uit te strek na die “hoë roeping wat daar vir ons is in Christus”.

2. Vereffening van skuld

Wanneer iemand ons seermaak, affronteer (bewustelik of onbewustelik) of ons doelbewus indoen, is die natuurlike reaksie dat ons voel die persoon skuld ons iets.

Ons wil graag hê dat die persoon moet:

  • op een of ander manier boet
  • of ‘n vorm van skuld betaal vir wat hy/sy gedoen het
  • of ook iets van die seer ervaar wat hy/sy my aangedoen het.

Wanneer ons ander seergemaak of ingedoen het, kan ons ook met skuldgevoelens loop wat maak dat ons ander wil vergoed vir die seer wat ons veroorsaak het. Daar is egter geen manier waarop een persoon ‘n ander kan VERGOED vir enige seer nie. Slegs God kan die wonde genees en mense vergoed. Dit is eger nodig dat ons alles in ons vermoë sal doen om vergifnis te vra vir seer wat ons veroorsaak het. Dit maak ons en die ander persoon vry.

Die Onse Vader gebed praat ook van skulde wat vereffen word:

  • Matt 6:12  And forgive us our debts, as we also have forgiven (left, remitted, and let go of the debts, and have given up resentment against) our debtors.

Mens voel soms dat dit nie moontlik is om te vergewe, voordat die ander persoon nie ook eers so ‘n bietjie gestraf is of ook seer ervaar het nie. Dis altyd makliker om die saak te los, NADAT ons sin vir regverdigheid genoeg bevredig is, die ander persoon ook gely of seergemaak is, of ons voel ons het hom nou genoeg gestraf.

a. Vergelding in die huwelik

In huwelike wend ‘n maat hom of haar soms tot stilstuipe om op so ‘n manier die ander party te straf vir die seer wat die ander veroorsaak het. In erger gevalle is die grootste magswapen of strafmeganisme in die huwelik, die onthouding van seks. Kyk wat sê die Woord oor die onthouding van seks:

  • 1 Kor 7:5  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

Ondersoek jou hart. IN ALLE huwelike is daar soms konflik. Is daar enige optrede in jou huwelik wat spreek van straf vir jou huweliksmaat? Betaal jy ander terug deur stilte, hulle sleg te sê by ander mense of deur geestelike mure tussen julle te bou? Jare gelede het ek ‘n oulike plakker gekry wat ek in my kombuis opgesit het. Dit sê: “Don’t run to the phone, run to the Throne.” (In die hedendaagse konteks sal dit seker wees: Moenie “Whatsapp” toe hardloop nie…) Neem ALTYD eers jou hartseer of teleurstelling na die Vader toe, voordat jy dit met ander bespreek. Dit kan daartoe lei dat die persoon met wie jy dit gedeel het, ook kwadegevoelens teenoor jou maat ontwikkel wat dalk nog kan voortbestaan, lánk na jy en jou maat al vrede gemaak het.

b. Jesus het alle skuld vereffen

Die kern van die evangelie lê daarin dat Jesus alle skuld betaal het. Hy het vergifnis vir sonde van die mensdom se verlede, hede en toekoms bewerkstellig. As Hy alle skuld betaal het, kan ek nie nog skuld van iemand vereffen nie.

  • Matt 18:32-35  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.

‘n Lewe van vergifnis moet ‘n lewensingesteldheid wees. Ons lewenswandel moet spreek van ‘n hart wat gevul is met vergewensgesindheid. Dit moet die eerste gedagte wees wat by ons opspring as iemand ons seermaak.

c. Hoekom vergewensgesindheid?
  • Dit is die manifestasie van ‘n lewe van selfloosheid! ‘n Vergewensgesinde lewensingesteldheid is ‘n groot toets of ons werklik aan onsself gesterf het.
  • Dit is die karakter en voorbeeld van Jesus. As my eie ek sterf en Hy in my leef, is dít die gesindheid wat sal manifesteer.
  • Solank jy nog ander wil laat boet, verstaan jy nog nie werklik dat jý vrygeskeld is en God van jou verwag om dieselfde te doen nie.
d. Moet mense wegkom met onreg?

As ons ander hulle oortredinge moet vergewe sonder vergelding, beteken dit dat mense maar net kan doen wat hul wil en wegkom daarmee? NEE! Dit gaan hier oor die gesindheid van ons hart. As ons hart reg is, kan ons met LIEFDE ander teregwys. Daar moet dus geen selfsug of selfgesentreerdheid in die teregwysing wees nie. Dan gaan dit nie oor myself nie, maar tot voordeel van die ander party.

Wat maak ons met ernstige oortredings wat deur die landswette strafbaar is? Wat as ‘n medegelowige my benadeel het in ‘n saak wat volgens die landswette strafbaar is? Ek glo dat elke saak op meriete beoordeel moet word. Ons kan nie vaste reëls daaroor maak nie. Dit is elke gelowige se persoonlike saak wat hy met God moet uitsorteer oor hoe dit hanteer moet word. ‘n Hofsaak kan dalk wees wat ‘n persoon nodig het om radikale lewensingryping mee te bring. In gevalle waar daar ernstige oortredings begaan is, soos moord, molestering of verkragting, móét ons ons tot die owerhede wend om seker te maak dat die persoon verhoed word om ook ander slagoffers van sy dade te maak. Selfs al sou dit ‘n geestelike leier wees!

3. Beteken vergifnis altyd herstel?

Beteken vergifnis altyd dat daar herstel van ’n verhouding sal wees? NEE! Vergifnis beteken nie altyd dat ons weer ons hart moet oopstel vir die persoon wat ons benadeel het nie. Herstel hang af van die omstandighede en die spesifieke situasie. Daar kan nie verwag word van ’n vrou wat erge mishandeling in ’n huwelik verduur het, om weer terug te keer na dieselfde mishandeling nie. Dit kan slegs gebeur indien daar ingrypende lewensverandering en ware berou in die ander party se lewe was.

Soms kan selfs Christenvriendskappe toksies wees as gevolg van manupilasie of watter ongesonde gees daar ook in die vriendskap mag wees. Dit is nodig om dit uit te praat en kwade gevoelens uit die weg te ruim. Vergifnis is noodsaaklik, maar in sommige gevalle is dit dan net beter om die vriendskap te beëindig.

Die belangrikste aspek van vergifnis is dat al die negatiewe gedagtes, bitterheid, wraak en verwerping uit ons harte en denke verwyder moet word, sodat die wonde kan genees.

Wat as die ander persoon nie erken hy was verkeerd nie en ook geen berou toon oor wat hy gedoen het nie? Onthou, vergifnis is ‘n geskenk wat ons iemand bied, ongeag of hy die geskenk aanvaar of nie. Wanneer die persoon nie erken dat hy iets verkeerd gedoen het nie, bid ons: “Vader, vergeef hom/haar, want hy weet nie wat hy/sy doen of gedoen het nie.” Dit is wat Jesus en Stefanus gedoen het.

4. God vergeld

Ons het reeds gesien dat ons nie ander kan laat boet vir wat hul gedoen het nie. Ons grootste troos wanneer ons te na gekom is, is dat ons wraak aan God moet oorlaat. Ons moet dit aan God oorlaat om ander te vergeld vir dit wat hul gedoen het nie. Hý is die een wat ons sal vergoed (I will repay) en wat die kwaaddoeners sal laat vergeld (Vengeance is Mine):

  • Rom 12:19  Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn (God se toorn); want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
  • Rom 12:19  Beloved, never avenge yourselves, but leave the way open for [God’s] wrath; for it is written, Vengeance is Mine, I will repay (requite), says the Lord.
  • Psa 54:5  He will pay back evil to my enemies; in Your faithfulness [Lord] put an end to them.
  • Isa 35:4  Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
  • Isa 59:17  En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel.
  • Isa 61:2  om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;

Die rede waarom Hy wraak uit ons hande neem, is omdat Hy weet dat ons nie objektief en regverdig sou kon optree of oordeel nie. Wanneer ons pyn ervaar, wil ons die ander persoon met dieselfde hoeveelheid pyn terugbetaal. Dit sal nie die konflik oplos nie, maar net die situasie vererger. Die vrug van vergifnis daarenteen is vryheid en genesing.

Maak seker jy lees ook: Die lokaas van Satan (Om aanstoot te neem/gee)


  • Post category:Padaanwysers