Padaanwysers: Pasop vir die lokaas! (Om aanstoot te neem/gee…)

You are currently viewing Padaanwysers: Pasop vir die lokaas! (Om aanstoot te neem/gee…)

Then said he unto the disciples, It is impossible but that offences (struikelblokke) will come: but woe unto him, through whom they come! Luk 17:1

Woe unto the world because of offences! for it must needs be that offences come; but woe to that man by whom the offence cometh! Matt 18:7

Moenie gou kwaad woed nie, ergernis hoort by dwase. Pred. 7:9

1. Wat is die lokaas?

Elke gelowige word daagliks omring met etlike situasies waarin daar die potensiaal bestaan dat iemand ons kan aanstoot gee (being offended) of dat ons aan ander kan aanstoot gee (to offend others). Die Griekse woord vir struikelblokke of “offences” is “SKANDALON”. Oorspronklik het hierdie woord verwys na dié deel van ‘n vangstrik waaraan die lokaas vasgemaak word. Elke situasie waarin ons geaffronteerd kan voel, is ‘n potensiële lokaas waardeur ons in die strik van Satan kan trap.

Liggeraaktheid is mense se grootste swakheid wat deur die vyand gebruik word om ons in sy vangstrik te vang. Wanneer iemand ons aanstoot gee, vat ons die aas as ons met liggeraaktheid (“touchy”) daarop reageer of aanstoot neem.

Wanneer ons oor iets aanstoot neem, is ons eerste gedagte dikwels om te dink dat die “fout” by die persoon lê wat ons aanstoot gegee het. 95% van die gevalle wat iemand ons aanstoot gee, weet hul nie eens dat hulle dit doen nie. Ons moet eerder onsself afvra: wat daar in ons lewens is wat maak dat ons aanstoot neem oor dinge waaroor ons nie behoort aanstoot te neem nie? Hoekom voel ons so maklik geaffronteerd of seergemaak?

Op my geestelike reis was hierdie seker een van die grootste en mees bevrydende oorwinnings om te behaal. Elke keer wanneer ek sou aanstoot neem, sal ek myself daaraan herinner dat die “fout” waarskynlik by my eie “onsekerhede” lê (noem dit emosionele onvolwassenheid of selfs minderwaardigheid).

Wanneer iemand iets sê wat my aanstoot gee, het ek myself aangeleer om altyd eers myself af te vra:

  • Die persoon wat my seergemaak het: Wat in dié persoon se lewe maak dat hy of sy so teenoor my optree of so iets sê?
  • Wat is húlle pyn in die lewe? Vanuit watter plek kom so ‘n aanmerking wat my seermaak?
  • Mense wat self pyn het, pynig ander!
  • Dan vra ek myself af of ek dalk iets verkeerd gedoen het om sulke optrede te kon regverdig en waarvoor ek dalk om verskoning moes vra?
  • Dan herinner ek myself aan my identiteit in Christus en ek is nie wie die ander persoon sê ek is nie.

2. Wat staan ons te doen as iemand ons aanstoot gee?

  • Ef. 4:26 sê:  When angry, do not sin; do not ever let your wrath (your exasperation, your fury or indignation) last until the sun goes down.

Let Wel: Die Skrif sê nie dat ons nie moet kwaad word nie, maar dat ons nie moet sonde doen as ons kwaad word nie. Kwade gevoelens is die emosie wat ons in kennis stel, wanneer iemand ons benadeel of aanstoot gegee het. Ons moet egter nie die kwaad koester nie! Maak onmiddellik die keuse om die persoon te vergewe = let it drop (leave it, let it go)  Mark 11:25.

Wat gebeur as ons aanstoot neem en nie dadelik die emosies verwerk of hanteer nie?

Die emosie word ‘n wrok (“grudge”). Elke “grudge” is soos ‘n baksteen waarmee ons geestelike mure tussen ons en ander mense of God bou. Die “offense” of “grudge” word later ‘n wrok wat lei tot bitterheid in ons lewens. Die bitterheid is die sement wat die bakstene aan mekaar voeg. ’n “Grudge” begin klein, maar hy het potensiaal om ‘n monster te word wat al groter en groter groei. Die monster word gevoer deur:

  • negatiewe denke; deur voortdurend daarop te broei.
  • of deur met ander daaroor te praat

Deur kwaad te bly, gee jy aan die vyand ‘n basis om vandaan te opereer in jou lewe. Jy kan nie ‘n “grudge” hou nie. Binnekort word hy ‘n monster wat jou hou.

  • Jam 1:19  Understand [this], my beloved brethren. Let every man be quick to hear [a ready listener], slow to speak, slow to take offense and to get angry.

3. Hoe moet ons “offences” hanteer

He who covers and forgives an offense seeks love, but he who repeats or harps on a matter separates even close friends. Pro17:9

Wat behels die  “covering” van ‘n “offence”? Hierdie beginsels geld nie net vir wanneer ons kan aanstoot neem nie, maar ook wanneer mense ons doelbewus benadeel.

  • Moenie in die hitte van die stryd reageer en vinnig praat nie. Kry eers jou emosies onder beheer. Maak ‘n doelbewuste keuse om nie vinnig te reageer nie.
    • Besef in die oomblik van kwaad wees dadelik dat jy nou op gevaarlike terrein beweeg. Jy kan in die oomblik van woede dinge sê wat onberekenbare skade of pyn kan veroorsaak. As dit eers gesê is, kan jy dit NOOIT weer “ontsê” (my eie woordskepping? 🙂 ) nie. Die Gees sal jou dadelik waarsku dat jy nou waaksaam moet wees. MOENIE DIT IGNOREER TER WILLE DAARVAN OM ‘N ARGUMENT TE WEN NIE!
    • “Drop it!” Kies om nie aanstoot te neem en toe te laat dat dit later ‘n wrok word nie.
      • Spr 17:14  Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
      • Pro 19:11  Good sense makes a man restrain his anger, and it is his glory to overlook a transgression or an offense.
    • Kies om dadelik te vergewe. Herinner jouself daaraan dat vergifnis is wat God van jou verwag. Dit is die regte ding om te doen.
    • Onthou vergifnis is ‘n geskenk wat ons aan iemand offer wat dit nie verdien nie.
    • Wees spesifiek wanneer jy in gebed met God praat oor die mens(e) wat jy moet vryspreek en vergewe. Noem hul by die naam.
    • Wanneer jy reeds tot op hierdie punt gekom het en oorwinning oor die situasie behaal het, mag die situasie nog steeds aan jou kom knaag en jy geneig wees om dit te wil bedink. Stop negatiewe gedagtes deur doelbewus jou denke te beheer.
    • Moenie na die naaste persoon hardloop of die telefoon optel en vertel hoe kwaad jy nou net was nie. Moet met niemand anders behalwe God daaroor praat nie!!! Neem dit dadelik na die Here en praat met Hom oor die situasie.
    • Wees bereid om jou aandeel in die konflik te erken en te bely. Waak teen selfregverdiging.
    • Hou aan met God praat en bely totdat jy rustigheid en vrede in jou gemoed het. Totdat jy gereed is om seën oor die ander persoon uit te spreek.
    • Indien dan nog nodig, gaan na die oortreder en bespreek die konflik rustig, met liefde en akkomoderend. 
    • Jy weet jy het die situasie verwerk, wanneer jy God kan dank dat dit met jou gebeur het, want dit was ‘n geleentheid vir groei in jou karakter.
Selfloosheid

Ons weet almal dat bogenoemde dinge nie maklik is nie en soms die mees diepliggende groei in ons karakter as gelowiges vereis. Hierdie is waarskynlik een van die moeilikste struikelblokke in ons groei tot selfloosheid”. Selfgesentreerdheid sal dit vir ons baie moeilik maak om in hierdie area van ons lewens oorwinning te ervaar. Die waarheid is egter dat dit gehoorsaamheid aan God is as dit ons lewensstyl word. As ons dit sien as ‘n gehoorsame offer aan God, motiveer dit ons om werklik erns te maak hiermee.

  • “Offences can make us bitter or better.”
  • “Bitter root, produces bitter fruit.”
  • Sien elke “offence” as ‘n geleentheid om te groei/ beter te word en nie bitter.
    • Jak 1:2-4  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Wanneer jy te nagekom is:

  • Kies om nie liggeraak te wees nie
  • Kies om nie aanstoot te neem nie
  • Kies om dadelik te vergewe
  • Glo dat ander dit nie opsetlik gedoen het nie.

Wanneer mense jou seergemaak het, weet hul 95% van die tyd nie eens dat hul dit gedoen het nie.

4. Wat as ons aan ander aanstoot gee?

Wanneer Jesus gekonfronteer word oor tempelbelasting, sê Hy:

  • Mat 17:27  Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.

Ons as gelowiges moet baie daarteen waak om nie ander aanstoot te gee nie. God se wet van liefde moet altyd by ons hoogste prioriteit geniet. As ek bereid is om die REGTE DING TE DOEN, sal dit my oorbeweeg in die realm van wonderwerke (Mat 17:27).

  • 2 Cor 6:3  We put no obstruction in anybody’s way [we give no offense in anything], so that no fault may be found and [our] ministry blamed and discredited.
  • Act 24:16  Therefore I always exercise and discipline myself [mortifying my body, deadening my carnal affections, bodily appetites, and worldly desires, endeavoring in all respects] to have a clear (unshaken, blameless) conscience, void of offense toward God and toward men.
  • Rom 14:14-15 Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein. Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.

Wanneer ander kan aanstoot neem deur wat ek eet, doen of praat, is dit beter om hul liewer geen rede tot aanstoot te gee nie. Ons moet altyd seker maak dat ons ekstra opoffering maak om te vermy om aan ander aanstoot te gee!

  • Spr 29:20  Het jy ‘n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir ‘n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
  • Pred 5:1 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

5. Woorde van waarskuwing

a. In konflik situasies:

As ons aanstoot neem, lei dit baie dikwels tot ‘n konflik situasie (veral in die huwelik). Persoonlik moes ek leer dat dit nie altyd nodig is om te bewys dat ek REG was, of dat ek ‘n argument hóéf te wen nie. Al wás jy ook reg, toon dit groter emosionele volwassenheid om die konflik te ontlont, eerder as om die argument te wen! Dit is ook NOOIT aanvaarbaar of toelaatbaar om dinge te sê wat seermaak, bloot omdat ons magteloos voel of omdat ons seergemaak voel nie. Woorde wat seermaak, kan onder GEEN omstandighede ooit geregverdig word nie! Die oomblik as jy kwaad word of aanstoot neem, weet dat dit die grootste toets van jou geestelike volwassenheid sal wees. Sien dit as ‘n uitdaging om te wys dat jy gegroei het.

Die vraag is altyd: WANNEER ‘N PERSOON VAN MY WEGGAAN, VOEL HULLE BETER OOR HULSELF OF SLEGTER? As ons emosioneel volwasse genoeg is, sal ons ALTYD daarop let om sensitief vir ander te wees en ALTYD IN LIEFDE optree. Dit verg dat ons soms (teen ons natuur) die minste sal wees in ‘n situasie. Dit beteken nie dat ons moet toelaat dat ander oor ons loop nie. Wat nodig is, is duidelike leiding van die Heilige Gees of ons iets mag sê of nie.

b. Nuwe gelowiges

‘n Woord van waarskuwing aan NUWE gelowiges. Soms is ons só opgewonde oor die nuwe ervaringe en ontdekkings wat ons as nuwe wedergebore kinders van God maak, dat ons die wêreld wil instorm en almal wil teregwys, hulle sonde uitwys, wil doop of op die “regte” pad wil help. Ek het al soveel hartseer en pyn hierdeur gesien. Wees uiters sensitief teenoor ongelowiges en ook veral teenoor gelowiges wat al lankal die Here dien, maar nie noodwendig dieselfde oortuiging (teologie) as jy het nie. Die grootste verdeeldheid in kerke, vriendekringe, families en selfs in huwelike het al hieroor gekom. LIEFDE MOET ALTYD BELANGRIKER AS ENIGE LERING OF OORTUIGING WEES! Die wyse Augustinus het gesê: JOU LEWE MOET GETUIG EN SÓMS MOET JY WOORDE GEBRUIK! Laat die liefde ons riglyn wees. Laat mense die liefde van Christus uit jou sien straal en laat DÍT hulle aanlok na ‘n nuwe lewe in Christus en NIE jou teregwysings of teologiese ontdekkings nie! SLEGS wanneer die Gees jou lei om ‘n gedagte in die persoon se midde te laat, mag jy praat! Jesus het nooit die tollenaars en prostitute veroordeel nie. Hy het hulle met onvoorwaardelike liefde tot in die Koninkryk bedien.

Die goue reël: People don’t care what you know, until they know that you care!

Laat ons nie haastig wees met ons woorde wat ander kan seermaak nie, maar wees haastig met die woorde wanneer ons vergifnis vra vir seer wat ons dalk sou kon veroorsaak.


  • Post category:Padaanwysers