Wantrou jy God?

You are currently viewing Wantrou jy God?

Ek lees die week hierdie vers in die Amplified Bybel raak:  

  • Jer. 15:19 (AMPC)… and if you separate the precious from the vile [cleansing your own heart from unworthy and unwarranted suspicions concerning God’s faithfulness], you shall be My mouthpiece. 

“…unworthy and unwarranted suspicions concerning God’s faithfulness…”  Onwaardige en ongegronde agterdog/wantroue aangaande God se trou… Die woorde gryp my regtig aan die hart. 

Hoeveel keer bevraagteken ek God se trou? Hoeveel keer wonder ons of Sy liefde hiérdie keer gaan deurbreek en Hy ons gaan uitred? Al het Hy in die verlede soveel keer aan ons Sy trou bewys. Ek besef dat ek myself so dikwels hieraan skuldig maak. Ek bid vir Vader vir uitkoms, maar daarmee saam wonder ek té dikwels of Hy regtig gaan help…

Gaan die genesing deurbreek? Gaan Hy in ons nood ons uitred? Gaan Hy ons beskerm? Gaan Hy vir ons voorsien? Gaan die reën kom om die boere te red? Is daar ‘n beter toekoms in die land? Gaan dinge ooit herstel? Gaan ons genoeg voorsiening hê vir aftrede? Is daar ‘n toekoms vir ons kinders in SA? Gaan Hy… wat ook al jou bekommernis vandag mag wees.

Daar is een van 2 redes waarom ons vrees:

  1. Of ons ken nie God se beloftes nie en weet dus nie dat ons nie nodig het om te vrees nie.
  2. Of ons glo nie dat God dit kan of wil doen nie. Wat is Sy Vaderhart vir my?

Ek bely my agterdog aangaande Sy trou

Ek gebruik vanoggend nagmaal en bely voor Vader my ongeloof, agterdog en wantroue in Hom wat só maklik opspring in my hart. I ask Him to cleanse my heart from unworthy and unwarranted suspicions concerning His faithfulness! 

Mag my ongegronde agterdog aangaande God se trou, verander in ‘n vaste wete en onwrikbare geloof in Sy goedheid en trou. 

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Jer 29:11‭-‬13 NLV

Mag jy vandag aangeraak word met NUWE inspirasie om onwrikbaar op Hom te vertrou!

Lees ook: Struikelblokke op jou pad van groei

Lees ook: Padaanwysers op jou pad van groei