The thief comes only in order to steal and kill and destroy. I came that they may have and enjoy life, and have it in abundance (to the full, till it overflows).(AMP)
Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê”. Joh 10:10
Lewe en oorvloed! Dit was een van die baie beloftes van Jesus gemaak het vir Sy kinders. Sou ons eerlik kyk na die lewens van Christen gelowiges om ons, moet ons onsself afvra, waarom so baie mense NIE vreugde en oorwinning ervaar nie? Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk,besoek my met u heil, dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel. Ps 106:4-5
- Ervaar jy in jou lewe die geluk van ‘n uitverkorene?
- Ervaar jy soms dat jy nie die lewe leef wat jy voor geskape was nie?
In die Woord van God word daar vir ons as gelowiges vrede, vreugde en voorspoed belowe. Beteken dit dat dit altyd met ons moet goedgaan? Nee! Verseker nie! Die Woord praat ook van verdrukking en swaarkry wat deel van ons lewens sal wees.
- Mat 5:12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
- Rom 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
- Fil 4:4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
- Jak 1:2-4 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
Die Woord is dit duidelik dat ons karakter gevorm word deur swaarkry. Ons weet almal dat dit juis in ons tye van swaarkry is, wat ons meer intens fokus op God en Hom aanroep. Dit is egter ook soms die tye waarin mense moedeloos opgee op God en hulle rug keer op Hom. Ek praat hier uit persoonlike ondervinding. Daar was al tye in my lewe wat ek so moedeloos was oor deurbrake nie kom nie, dat ek al heeltemal wou opgee op God.
Almal se persoonlikhede verskil, ons agtergronde verskil en die huidige omstandighede waarin ek en jy ons bevind, verskil dalk drasties. Jy wil dalk vandag vir my vra hoe op aarde moet jy dit moet regkry om jou in alle omstandighede te verheug. Jy mag dalk vir my sê, as ek moes weet waardeur jy gaan, sal ek geen rede vir vreugde vind nie. Jy is reg, ek weet nie wat jy ervaar nie, maar die Woord van God wil ons die antwoorde/ sleutels kom gee om te midde van enige omstandighede hoop te kan vind, sodat jy wel by vreugde, lewe en oorvloed en die geluk van ’n uitverkorene kan uitkom.
Dit is ons ideaal: ’n BETEKENISVOLLE LEWE/ LEWENSVERVULLING ongeag gebeure van die verlede, hede of die toekoms. Dit is ook God se droom vir elke gelowige. Eph 5:15-17 Look carefully then how you walk! Live purposefully and worthily and accurately, not as the unwise and witless, but as wise (sensible, intelligent people), Making the very most of the time [buying up each opportunity], because the days are evil. Therefore do not be vague and thoughtless and foolish, but understanding and firmly grasping what the will of the Lord is.
Terug by die vraag: Waarom ervaar so min gelowiges werklik vreugde en oorwinning in hul lewens? Ons sien onder gelowiges mense wat sukkel:
- Met intimiteit met God en sukkel om God se stem te “hoor”.
- Met onvergewensgesindheid en bitterheid in hul lewens.
- Met minderwaardigheid, skaamte, selfbejammering, jaloesie, rebellie, ens.
- Met verhoudings. Veral met die naaste aan hulle soos in huwelik en gesinsverhoudings.
- Met finansies, angs, vrees, ongeloof, woede, depressie.
- Met trauma en wonde van hul verlede.
- Om geestelike deurbrake te ervaar.
- Om vrede en vreugde in hul lewens te ervaar.
Tydens beradingsessies met persone wat al geruime tyd ’n pad as wedergebore kinders van God stap, vra ek myself dikwels die volgende vrae:
- Word
ons werklik genoeg geleer om weerbaar te wees teen die aanslae van die lewe?
- Spreek ons werklik mense in hul diepste wese aan om ingrypend hul lewens te verander?
- Leer ons mense hoe om te verander?
- Wys ons mense wat die moontlike oorsake van hul probleme kan wees?
Ons groei soms baie in kopkennis en in ons diensbaarheid, maar die vraag is of daar werklik diepgaande lewensverandering by ons te bespeur is? Hoe lyk die vrug van ons lewens.
- Is jy tans besig om geestelik te groei?
- Ervaar jy oorwinning oor dinge van die verlede of hou dit jou voortdurend terug?
- Voel jy dat jy jou volle potensiaal as kind van God bereik?
- Is jy weerbaar teen die aanslae van die lewe?
Lees die artikels oor die struikelblokke op mense se pad wat hulle verhoed om geestelik te groei.
Wanneer mense tot wedergeboorte kom, is EFFEKTIEWE DISSIPELSKAP nodig om hulle te lei om werklik ‘n LEWE VAN OORVLOED te midde van enige omstandighede te ervaar,
In die Padaanwyser artikels word daar gekyk na etlike aspekte wat nodig is vir geestelike groei.