Die onmoontlike moontlik

You are currently viewing Die onmoontlike moontlik

Soms is ons in afwagting dat die Here vir ons ‘n wonderwerk sal doen, maar ons is verblind deur omstandighede en kan net eenvoudig nie sien hoe Hy iets kan doen nie.

Die Israeliete vra vir Moses vir vleis, maar dis fisies onmoontlik dat hy vir soveel mense vleis kan gee met die bietjie diere wat hulle tot hulle beskikking het. Hy roep moedeloos tot die Here uit…

  • Num 11:23 “Die Here het vir Moses gesê: “Dink jy die Here kan nie? Jy sal nou sien of Ek kan doen wat Ek sê of nie.”

Die volgende dag waai daar kwartels van die see af in – ‘n dagreis van die kamp af omring met kwartels, een meter diep!

Wat is vandag vir jou onmoontlik en dink jy die Here kan nie doen nie? NIKS is by Hom onmoontlik nie! Vertrou Hóm vandag om die onmoontlike vir jou moontlik te maak!