1. Tyd vir emosionele herstel
Breek die kringloop
Hoeveel gelowiges word in hul kerke of geestelike groepe geleer oor emosionele kwessies? Ons kerke is so dikwels besig om die wêreld te bekeer, maar ons laat na om behoorlik om te sien na ons eie mense se nood en behoeftes.

Mense word dikwels geleer om hul denke te vernuwe, sonder dat hul geleer word hoe om hul emosies te verstaan of te hanteer. Emosionele kwessies laat baie mense ongemaklik voel, daarom word dit eerder net geïgnoreer. Sodoende word emosionele disfunksie net van geslag tot geslag oorgedra, sonder om die bose kringloop te verbreek. ‘n Wenner van die Amerikaanse “National Fatherhood Award” het gesê: “I never knew my father, my father never knew his father, but my son knows his father”.
Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan kies watter invloed die verlede op ons toekoms het.
Ons keuses kan ‘n verskil aan ons en ons nageslag se toekoms maak.
Dit het tyd geword dat ons as gelowiges moet erns maak met emosionele genesing/ herstel, sodat ons ‘n gesonde nageslag kan nalaat. Miskien moet ons onsself afvra of dit nie die redes is waarom soveel tieners spesifiek in opstand kom teen die “godsdienstige huise” waarin hul grootword nie? Die jonger generasie is BAIE meer openlik oor en in voeling met hulle emosies.
- “A happy heart makes the face cheerful, but heartache crushes the spirit,” Proverbs 15:13.
- Joyce Meyer skryf in haar boek “Beauty for Ashes”:
- “Our inner life with God is much more important than our outer life. Therefore emotional healing, which I also refer to as inner healing, is a subject that needs to be discussed in a scriptural, balanced way that produces godly results. The apostle Paul said that we can be “assured that He who raised up the Lord Jesus will raise us up also with Jesus and bring us… into His presence (2 Cor 4:14)
- “God created us for love and acceptance, but the devil works hard to keep us feeling rejected because he knows that a lack of self-worth and root feelings of rejection injure individuals, families and friendships.
- …abuse – whether they take the form of broken relationships, abandonment, divorce, false accusations, exclusion from groups, dislike by teachers and other authority figures, ridicule by peers – or any one of hundreds of other such hurtful actions – can and do cause emotional wounds that can hinder people in their efforts to maintain healthy, lasting relationships.”
2. Herstel noodsaaklik vir groei
Emosionele wonde kan ‘n struikelblok wees vir mense in beide die sekulêre en die geestelike wêreld. In die sekulêre wêreld sien ons dat emosionele volwassenheid vir alle werknemers net so belangrik is as wat intelligensie of vaardighede is. Emosionele onstabiliteit kan ‘n talentvolle of begaafde persoon (en selfs geestelike leiers) se loopbane verwoes. Of ons dit wil erken of nie, ons sukses in ons werk, ons verhoudings en ook ons bedienings, word direk beïnvloed deur ons emosionele welstand (of gebrek daaraan). Gawes, talente, vermoëns, rykdom, status, skoonheid, beroemdheid of selfs Goddelike salwing, kan nie ‘n persoon se beskadigde emosies bedek of genees nie.

Die emosionele nood en pyn van Christene is nie noodwendig minder as die van “wêreldlinge” nie. Christene is dikwels te skaam om te erken dat hul swaarkry en te skaam om hulp te vra. Hul “godsdiens”, wat hul troos en hoop moet bied, is ‘n struikelblok wat hul verhoed om eerlik te wees oor hulself en hulp te kry. Ek het al veral in kerke waar daar “voorspoedsteologie” gepreek word, gesien dat daar vrees by gelowiges is om deur mede-gelowiges veroordeel te word. Mense glo soms dis net húlle wat probleme het en weet nie wie hul kan vertrou met hul nood nie.
Kerke se wanpersepsies oor, en ontkenning van mense se emosionele wonde, kan soms nog groter skade by baie mense tot gevolg hê as die oorspronklike probleem self. So dikwels het ek mense teëgekom wat veroordeel voel deur die kerk, omdat hulle nie so maklik vrykom van emsionele wonde van die verlede nie. Verwerping deur die kerk omdat hulle geestelik faal, bring groot emosionele skade. Die veroordeling deur die kerk, laat hulle dan ook wegskram van God.
3. Verskillende benaderings tot emosionele wonde:
In geestelike kringe, kan die hantering van emosionele probleme ‘n baie kontroversiële onderwerp raak. Ons sien in geestelike kringe verskillende sieninge en verskillende maniere van hoe probleme hanteer word en oplossings gevind en bedien word. Hierdie sieninge kan ons basies in 4 kampe verdeel. Daar is dikwels skeptisisme en kritiek wedersyds tussen die verskillende kampe.
a. Ontkenning
In hierdie kamp word emosionele probleme ontken en die behandeling daarvan as onnodig gesien. In die kamp word die volgende geestelike cliches gebruik:
Aanhaling: This group is primarily composed of very independent and religious males who feel that the best way to “straighten out your feelings” is to use “mind over matter.” They feel that feelings should always be “subject to one’s will”, so if you are having an emotional problem, “it’s your own fault” and that you should just “snap out of it” and “get on with life.” To them, emotional problems are a sign of weakness and must never be admitted to. “Real Christian men don’t allow themselves to get depressed,” would be their unwritten motto. Women, in their eyes, are allowed to have such problems but only because they have not yet reached the level of enlightenment of their male brethren.
In hierdie kamp sien ons dikwels dat daar vermy word om die hulp van kenners in te roep in die hantering van probleme. Daar word aan mense gesê om hul verlede agter hulle te sit en net vorentoe te kyk.
“You’re a new creature in Christ, act like one!” They quickly get impatient with churches who focus on “that touchy feely, navel gazing, inner healing, new age stuff.” “Just take every thought captive, and be a man.”
Geestelike mishandeling
Deur bloot net vir hierdie mense te sê dat hul hul denke moet vernuwe of dat hul die verlede moet vergeet, maak geestelike leiers hul skuldig aan geestelike mishandeling (“spiritual abuse”). In hierdie kamp word dikwels aan mense gesê dat hul net meer geloof nodig het.
They teach that if you have enough faith you won’t have any emotional or physical problems. Those who continue to struggle consider it to be their own fault. In these groups there is a great deal of shame, bitterness and resentment which is submerged but expressed in other dysfunctional ways. Teenage rebellion is more common in these religious groups. No one reaches emotional freedom if they remain in this environment. Satan loves these groups since their old natures’ are alive and well and he keeps tormenting them with it. None will admit to a problem so they never get help. They are suspicious of anyone who addresses emotional issues in the church.
b. Medikasie
In hierdie kamp word geglo dat alle probleme veroorsaak word deur fisiese siekte of chemiese wanbalans. Die behandeling is dan ook hoofsaaklik fisies en met medikasie. Daar word geglo dat daar net die regte medikasie vir die spesifieke probleem gevind moet word. Die behandeling van die psige en gebedsterapie word baie skepties bejeën.
c. Bevryding
In hierdie groep vind ons dikwels baie opregte en begaafde gelowiges wat goed bekend is met die werkinge van Satan en demoniese magte. Hul toon ‘n goeie begrip van hoe die bose gelowiges aanval en hul gevange hou in hul ou natuur. Ekstremiste in hierdie groep glo dat medikasie en berading onnodig is en dat die enigste behandeling wat ‘n persoon benodig, bevryding van aanslae van bose magte is. Hierdie saak is in my opinie egter nie so eenvoudig nie. Soms kan urelange bevrydingsessies steeds nie ‘n radikale verskil in die gelowige se lewe bring nie. ‘n Dieper studie oor die impak van trauma en die psige van die mens, sal mens kan insig gee dat genesing en herstel véél meer behels as nét ‘n bevrydingsessie.
Ek ken ‘n persoon wat ‘n hou teen die kop opgedoen het en later geweldig baie gesukkel het met epileptiese aanvalle. Die persoon is deur eindelose uitmergelende bevrydingsessies (baie mense glo dat epilepsie altyd demonies is). Uiteindelik het ‘n operasie aan die brein die skade suksesvol herstel en die persoon het géén epilepsie meer gehad nie.
d. Innerlike genesing/berading
In hierdie kamp vind ons beraders wat glo dat emosionele bindinge slegs deur emosionele wonde van die verlede veroorsaak word. Hul glo innerlike genesing alleen is nodig om emosionele vryheid te bring. Hul sien soms medikasie as ’n onnodig “pleister” en dat bevryding onnodig is as daar met die emosionele wond gedeel is. Die moontlikheid van mediese oorsake (hormone, chemiese wanbalans, genetika, ens.) word totaal ontken.
4. Hoe behoort emosionele wonde hanteer te word?
In my opinie sou ‘n beter benadering wees om gelowiges met emosionele wonde holisties te benader en as dit nodig is, selfs in al drie die laaste areas te bedien. In ernstiger gevalle is dit nodig dat ons die hulp van medikasie moet respekteer en waardeer en dit sinvol aanwend. Die goed toegeruste berader sou as fasiliteerder optree om mense te begelei dat Jesus hul wonde genees en sou dit dan nog nodig wees, ook bevryding kan doen. Beraders moet ook die wysheid hê om te weet wanneer om iemand na ‘n medikus te stuur vir medikasie. Persoonlik het ek al tydens ‘n sessie met ‘n persoon besef dat die persoon dadelik mediese hulp nodig het en gehospitaliseer moet word. Dit is dan wys om so ‘n persoon nie net huistoe te stuur nie, maar na ‘n dokter of hospitaal te neem.

Plig van kerk
Kerke behoort aan die voorpunt te wees om mense te help met emosionele genesing en behoort elke moontlike metode te gebruik om “gevanges vry te laat”. Dit is ‘n totale wanpersepsie dat toegwyde Christene nie aan depressie, angs, ens. behoort te lei nie. Die persoon in die kerk wat met kanker diagnoseer word, kry die volle ondersteuning en simpatie van ALMAL, terwyl die persoon wat met depressie of een of ander psigiese siekte gediagnoseer word, liewer vermy word. Soms word daar selfs neergesien op Christene wat aan depressie lei en selfdood gedagtes het. Emosionele pyn word te dikwels as swakheid gesien. ‘n Gebrek aan empatie en begrip bring onnodige pyn vir gelowiges.
Plek vir medikasie
Ek kry baie dikwels te doen met Christene wat verleë voel oor die feit dat hulle antidepressante of angsmedikasie moet gebruik. Ek het persoonlik al met gelowiges gewerk wat in die donkerste dieptes van depressie sit, maar voel dat dit ‘n teken van hul swak geloof is en weier om medikasie te neem. Ek sê nie dat medikasie ALTYD die antwoord is nie, maar dat mense soms onnodig ly, omdat hulle weier om medikasie te neem. Ons moet bereid wees om duidelik te luister na wat Vader vir ons sê in élke situasie. Dit wat Hy vir jou sê, sal die regte ding wees om te doen vir JOU omstandighede, hetsy gebed, berading, bevryding, dokters, operasie, medikasie of AL die aspekte. Medikasie kan ‘n persoon ondersteun om op ‘n beter plek te kom, en DAN is dit soveel meer sinvol om dmv berading die persoon te bedien en te begelei op die pad van genesing en herstel van sy emosionele wonde.
In my werk met stres en trauma terapie, het ek al telke male gevind dat dit nie baat om berading te doen vir ‘n persoon wie se outonome senuweestelsel vasgevang is in veg of vlug nie. Dit is waar van die mééste mense wat geestelike beraders gaan sien of bevryding moet kry. Wanneer iemand vasgevang is in “veg of vlug”, is dit nodig om éérs deur terapie die persoon uit hierdie toestand te kry, voordat ons met enige vorm van praatterapie, denke vernuwingsproses of selfs bevryding kan begin. Indien dit níe gebeur nie, sien ons dieselfde persoon óór en óór weer terugkom vir geestelike berading of ondersteuning.
Wat ervaar jy?
- Voel jy dat daar in geestelike kringe voldoende begrip en empatie is vir jou emosionele wonde?
- Het jy die vrymoedigheid om met ander gelowiges te gesels oor jou seer?
As kerk moet ons onsself afvra of ons voldoende met empatie en begrip teenoor ander optree met wie dit nie goed gaan nie? Veral vir hulle vir wie die verlede baie pyn gebring het. Hulle vir wie die pad van geestelike groei, oorwinning en ‘n lewe in oorvloed nie so maklik is nie.
As jy voel dat die emosionele wonde wat jou toegedien is in jou lewe, ‘n struikelblok is om geestelik te groei, wil jy nie vandag ‘n doelbewuste poging aanwend om iemand te gaan sien wat jou kan lei op jou pad van genesing en herstel nie? Indien jou kerk nie die nodige empatie toon nie, vra Vader om jou die wysheid te gee om die REGTE persoon op jou pad te bring. Iemand wat bereid sal wees om holisties na jou situasie te kyk en ‘n pad saam met jou te stap. Jy sal jouself ‘n groot guns bewys, sodat jy kan uitsien na ‘n toekoms gevul met vreugde en oorwinning. Dit is ook nodig dat jy wel na die raad sal luister en met die leiding van die Heilige Gees ‘n DAADWERKLIKE poging moet aanwend om die raad en leiding jou eie te maak! Sien ook in die artikels oor PADAANWYSERS meer praktiese raad hieroor!
Lees vervolgens: Invloede op jou lewe – Emosionele wonde (Trauma)