Invloede op jou lewe – Emosionele wonde (Trauma)

You are currently viewing Invloede op jou lewe –  Emosionele wonde (Trauma)

1. Wat is emosionele wonde?

“The words of a talebearer are as wounds, and they go down into the innermost parts of the belly” (Proverbs 26:22).

Definisie: ‘n Hart word gewond wanneer iemand of iets pyn of skade bring aan jou emosies. Het jy al ooit ‘n appel laat val en dit gekneus? Jy mag dalk nie dadelik die kneusplekke sien nie, maar as jy ‘n paar dae wag, sal donker kolle begin wys. As jy nóg langer wag, sal die appel vrot. As jy boonop die gekneusde appel in ‘n mandjie appels plaas, sal die slegte appel kort voor lank al die appels in die mandjie laat verrot.

Dieselfde gebeur wanneer iemand ‘n emosionele wond opdoen. Dit mag dalk nie dadelik wys nie en mens mag dalk dink dat die wond oor tyd dalk net verdwyn het. Intussen word die wond egter groter en groter en kan selfs die persoon se hele persoonlikheid beïnvloed. Verder sal gekneusde of verwonde persone ook die mense rondom hulle beïnvloed. Gekneusde mense kneus ander mense.

Enige vorm van trauma waardeur mense gaan, laat letsels wat hulle lewens ernstig kan beïnvloed. Dit is ook baie belangrik om daarop te let dat langtermyn stres dieselfde impak op mense se psige en gesondheid het as ‘n pas afgelope trauma situasie!

2. Oorsake van wonde:

  1. Emosionele wonde kan die gevolg wees van wat ander aan ons het gedoen.
    • Daar is ‘n menigte vorms van trauma waardeur mense kan gaan en élkeen, hoe groot of klein ook al, het die potensiaal om groot emosionele wonde te veroorsaak.
    • Trauma word gedefinieer as enige situasie waarin ‘n persoon MAGTELOOS gevoel het.
    • Voorbeelde strek van trauma in die baarmoeder of by geboorte, verwerping of verwaarlosing as baba of kind, geboelie as kind, blootstelling aan geweld, mishandeling, seksuele misbruik, verkragting, erge armoede, aardbewings, ongelukke, natuurrampe…
    • Enige vorm van bogenoemde veroorsaak ook ernstige wonde by volwasse persone wat hierdeur gaan!
    • In ons land het die geweldig hoë misdaadsyfer en die voordurende blootstelling aan misdaad, ‘n ernstige impak om mense se emosies en veroorsaak ernstige emosionele letsels.
    • Enige vorm van verlies, hetsy wederhelf, ouers, kinders, sibbe, vriende of selfs iemand se werk of gesondheid, kan ‘n emosionele wond by ‘n persoon laat, wat sy lewe ernstig kan beïnvloed.
    • In ekstreme gevalle kan trauma soos “satanic ritual abuse” lei tot MPD (Multiple Personality Disorder) of DID (Dissociative Identity Disorder).
  2. Emosionele wonde kan ook veroorsaak word deur dinge wat mense van ons gesê het.
    • Ander mense, veral ouers, gesagsfigure en ook lewensmaats se woorde, beïnvloed die persoon se identiteit.
    • Opmerkings van ouers, familie, vriende of onderwysers t.o.v. ’n persoon se voorkoms, intellek, vermoëns, finansies, ens. kan ‘n groot effek hê op ‘n persoon se selfbeeld en sy sukses in wat hy doen.
    • ’n Kind het bv. ‘n baie streng en kritiese pa wat alles kritiseer wat hy doen. Die kind probeer sy bes, maar kan nooit voldoen aan die pa se verwagtinge nie. Dit het ‘n groot impak op die kind se persoonlikheid en selfvertroue.
    • Wonde word veroorsaak deur geestelike leiers deur onsensitiwiteit, ongeduld of kritiek op hul kudde. Dit kan mense se geestelike groei belemmer en ook hulle siening van God.
    • Wonde word ook veroorsaak deur dinge wat jy oor jouself gespreek en geglo het, bv. “Ek is so dom, lelik, vet, maer…”
  3. Die gevolg van sondige optrede.
    • ‘n Persoon se sonde of verkeerde keuse kan lei tot baie skuldgevoel en selfverwerping en onvermoë om jouself te vergewe.
    • Ps 25:18  Look upon mine affliction and my pain; and forgive all my sins.
    •  Pro 17:19  He who loves strife and is quarrelsome loves transgression and involves himself in guilt; he who raises high his gateway and is boastful and arrogant invites destruction.
    • 2 Sam 24:10  But David’s heart smote him after he had numbered the people. David said to the Lord, I have sinned greatly in what I have done. I beseech You, O Lord, take away the iniquity of Your servant, for I have done very foolishly.
  4. Wonde kan veroorsaak word by enige vorm van betrokkenheid by okkultiese aktiwiteite.
    • Lev 20:6  And the soul that turneth after such as have familiar spirits, and after wizards, to go a whoring after them, I will even set my face against that soul, and will cut him off from among his people.
  5. Ons sien in ons samelewing vandag die skade wat veroorsaak word deur die maklike toegang tot pornografie op die internet. Dit het verrykende gevolge op die psige van die persoon wat daarna kyk en word ‘n baie ernstige struikelblok in mense se geestelike lewe. Menige huwelike is al ruïneer agv pornografie verslawing. Dit maak ook deure oop vir demoniese besetting van ‘n persoon. Dit kan lei tot ander verslawings en totale morele en geestelike verval.

3. Hantering van mense met wonde

Die hantering van mense wat agv trauma ernstige emosionele wonde opgedoen het, moet met baie groot versigtigheid, wysheid, geduld en baie liefde geskied. Dit verg ’n baie lang pad van ondersteuning in die herstelproses. Die waarhede van die Skrif, God se liefde en Sy aanvaarding en genesing, moet aanhoudend herhaal word in ’n atmosfeer van baie liefde. Die heel belangrikste wat mense met pyn benodig, is ‘n oor wat luister en onvoorwaardelike liefde sonder enige veroordeling.

4. Hoe herken ons emosionele wonde?

Emosionele wonde manifesteer verskillend by verskillende mense en kan lei tot ‘n verskeidenheid van gedragsprobleme. Dit kan soms net geringe onsekerheid tot gevolg hê en in ekstreme gevalle tot ernstige en gevaarlike gedrag lei. By elke mens is daar een of meer van die onderstaande simptome wat ons in ons lewens moes verwerk om tot geestelike volwassenheid te kon groei. Verseker is dit van toepassing in my eie lewe en aan sommige werk ek nog steeds! Indien jy jouself in een of meer van die onderstaande herken, neem dit na Vader toe en vra wysheid oor hoe jy dit moet aanspreek. Hierdie was ‘n baie belangrike stap in my pad van groei en ek wil jou aanmoedig om met erns hieraan aandag te gee. Nie net vir jouself nie, maar ook ter wille van jou geliefdes.

Let Wel dat hierdie simptome nie genoem word as veroordeling nie, maar as riglyne om met liefde, begrip en empatie die simptome raak te sien en dit aan te spreek.

Persone met emosionele wonde kan enige van die simptome toon…

  • toon gevoelens van minderwaardigheid, baie min selfvertroue en voortdurend ‘n gevoel van nie goed genoeg wees nie.
  • wil homself voortdurend met ander mense vergelyk.
  • is jaloers op ander se prestasies, besittings, huwelik, kinders.
  • neem maklik aanstoot, is baie liggeraak, voel gou geaffronteerd en te na gekom.
  • wantrou of bevraagteken altyd ander se bedoelings.
  • wantrou huweliksmaats en voel voortdurend die ander gaan jou in die steek laat.
  • tree onsensitief teenoor ander op en neem nie altyd hulle gevoelens in ag nie.
  • toon ongewone gedrag wat nie pas by die situasie nie.
  • wil ander oorheers en manupilerend optree.
  • toon soms onvergifnis, bitterheid of selfs wraak gedagtes.
  • sukkel om emosies te beheer en kry woedeuitbarstings. Padwoede is ‘n aanduidende teken hiervan, asook enige vorm van geweld.
  • “Hurt people hurt people.”
  • toon in ernstige gevalle tekens van pynlike emosies soos rou, bitterheid en hartseer wat voortdurende iemand se lewe oorheers.
  • word oorweldig deur die lewe, is vreesagtig en angstig.
  • toon tekens van depressie.
  • onttrek aan ander mense en leef dikwels in eensaamheid.
  • toon soms tekens van perfeksionisme omdat hulle vrees dat ander hulle sien wie hulle regtig is.
  • vermy diepgaande vriendskappe omdat hulle vrees dat mense nie meer van hulle sou hou as hulle uitvind wie hulle regtig is nie.
  • is emosioneel onvolwasse en openbaar gedrag wat van ’n kind verwag sou word.
  • toon ‘n ongesonde drang na prestasie, om homself te bewys of jaag na geld.
  • voel dat hy nie God se onvoorwaardelike liefde waardig is nie.
  • sukkel om sy identiteit in Christus te aanvaar en ten volle uit te leef. (Sien artikel hieroor).
  • kry nie oorwinning in sy geestelike groei nie.
  • bly voortdurend terugkeer na die gebeure van die verlede.
  • die gebeure van die verlede spring weer met elke krisis situasie wat daar in die persoon se lewe is weer sterk na vore.
  • toon obsessies met voorkoms wat kan lei tot eetversteurings na beide kante van die ekstreme van baie maer of baie vet wees.
  • onverwerkte trauma wat uiteindelik kan lei tot ‘n verskeidenheid van siektesimptome: spysvertering/kolon, hart, bloeddruk, diabetes, pyn, slapeloosheid, nagmerries, ens…

5. Wonde verdwyn nie vanself nie

Die pyn van emosionele wonde verdwyn nie net vanself nie. Die spreekwoord sê dat tyd alle wonde genees. Daar is ‘n mate van waarheid daarin, in dié sin dat die pyn meer draaglik word met verloop van tyd. Dikwels is die wond nie regtig genees nie, maar is dit net onderdrukking of ignorering van die emosie wat met die pyn gepaard gegaan het. Telkens, as die persoon weer aan die ervaring/ gebeurtenis herinner word (selfs net deur reuke, geluide, beelde, insidente, woorde), beleef hulle weer die pyn of die emosie wat met die trauma gepaardgegaan het.

Die pynlike emosie manifesteer soms op tye en by geleenthede wat ons nie eens direk met die gebeurtenis wat die pyn veroorsaak het, verbind nie. Enige vorm van onverwerkte pyn, kan iemand se kapasiteit om daaropvolgende trauma of stres te verwerk, baie moeilik maak.

In my werk met terapie en berading vir mense met trauma, sien ek dikwels hoe iemand op die oog af baie goed funksioneer in die samelewing, maar daardie traumatiese ervaring van die verlede, kom maar net telkens weer soos ‘n monster voor die persoon staan wanneer daar ‘n mate van stres of ánder druk in die persoon se lewe is. Onverwerkte trauma beïnvloed nie net ons psige, emosies, verhoudings en suksesse nie, maar kan ook ‘n dramatiese impak laat op iemand se fisiese gesondheid.

6. God herstel wonde:

In die geestelike en in die mediese bedryf bestaan daar bestaan verskillende vorme van berading en terapie vir mense met emosionele wonde. Sekulêre terapie kan met groot sukses mens lei tot genesing. Dit is egter my persoonlike ondervinding, dat persone wat met liefde begelei word na die genesing, bevryding en herstel wat die liefde van God Drie-enig bring, die wonderbaarlikste deurbrake en volkome genesing en herstel ervaar. Die genesende opstandingskrag van die Gees van God kan die mees gebroke persoon letterlik verander in ‘n wandelende wonderwerk! Dikwels moet dit met ander vorme van terapie en of medikasie gepaard gaan. God kan ook dít gebruik om mense te genees. Daarmee saam is ‘n ontmoeting met die LEWENDE GOD die noodsaaklikste derubraak wat nodig is vir volkome genesing!

Skrifte rakende emosionele herstel:
  1. God gee om vir ‘n gebroke hart.
    • Ps 34:19  Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
  2. God het Dawid se hart genees en Hy wil ook vandag elke persoon se gebroke hart genees.
    • Ps 51:19 Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!    
  3. Jesus was gestuur om die gebrokenes van hart te genees.
    • Ps 147:3  Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde. Heb 13:8. Luk 4:18, Jes 61:1-2
  4. Al die pyn wat ons as mense kan verduur, het Jesus self gedra. Hy kan identifiseer met ons seer:
    • Jes 53:3-4  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte–dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
  5. Jesus was deur Sy eie mense en Sy dissipels verlaat en verloën:
    • Joh 1:11  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
    • Luk 22:57  Maar hy (Petrus) het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
  6. Jesus het die ergste verwerping ervaar wat moontlik is, nl. om deur God verlaat te word.
    • Mat 27:46  en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
  7. Deur die lyding van Jesus, het God vir ons genesing van alle pyn bewerkstellig.
    • Jes 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
  8. Dit is God se begeerte om ons te genees.
    • 1 Pet 2:24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
  9. God wil volle beheer oor ons hart hê, voordat Hy dit kan genees.
    • Jer 29:12-14  Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander…
    • Open 3:20  Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
  10. God bring oorwinning en laat reg geskied:
    • Isa 42:3  A bruised reed He will not break, and a dimly burning wick He will not quench; He will bring forth justice in truth. Mat 12:20  A bruised reed He will not break, and a smoldering (dimly burning) wick He will not quench, till He brings justice and a just cause to victory.

Moet jou nooit vergelyk nie!

Alle mense gaan deur die lewe met een of ander vorm van pyn wat aan hulle toegedien is. Die intensiteit van die pyn verskil net van persoon tot persoon. In die terapie wat ek doen, sê ek dikwels vir mense om NOOIT hulle pyn te vergelyk met ander se pyn en dit dan afmaak as onbelangrik, omdat ander sogenaamd “erger” trauma as jy gehad het nie. Vir JOU was daardie hulpeloosheid op daardie oomblik baie nadelig op jou emosies en het moontlik ‘n blywende impak gehad. Persoonlik sien ek NOOIT mense se trauma as GROOT trauma of KLEIN trauma nie.

Mense se persoonlikhede verskil en ons almal reageer verskillend op wat met ons in die lewe gebeur. Dikwels is dit ook die opeenhoping van etlike “kleiner” situasies wat ‘n persoon deurgegaan het, wat veroorsaak dat daardie een insident wat gebeur, uiteindelik die kameel se rug breek. Wat vir die een persoon ‘n onbenulligheid sou wees, is vir ‘n ander persoon net die laaste strooi en die begin van depressie of angs. Drie persone sal byvoorbeeld saam deur ‘n gewapende roof gaan, maar elkeen sal anders daarop reageer. Dit wat met die persoon al gebeur het vóór die insident plaasvind, sal sy reaksie bepaal ná die traumatiese ervaring.

Moet NOOIT enige trauma afmaak as onbenullig nie. Trauma is baie kompleks en daar is VEEL meer daaroor te weet as wat dikwels in geestelike kringe erken word. Om mense effektief te begelei tot ‘n lewe van oorwinning en vrymaking, is dit nodig dat ons hierdie saak met die nodige sensitiwiteit, liefde, begrip en wysheid sal hanteer!


Lees vervolgens: Invloede op jou lewe – Rol van n MA