Padaanwysers: Ken jou IDENTITEIT as Koningskind!

You are currently viewing Padaanwysers: Ken jou IDENTITEIT as Koningskind!

Wanneer jy tot wedergeboorte kom, word jy KIND van God. Dit beteken dat jy nou ‘n nuwe identiteit het. Jy is nou geklee as Koningskind in n mantel van geregtigheid! Vervolgens kyk ons na wat ís jou identiteit as kind van God en wat beteken dit vir jou.

Voel jy jy is dit nie werd o kind van God genoem te word nie? Sukkel jy om dit te ontvang en jou eie te maak? Ongeag die intensiteit van die pyn van jou verlede, Jesus kán en wíl dit genees. Volkome genesing en herstel breek deur, wanneer ons die waarheid oor God se onvoorwaardelike liefde verstaan en aanvaar. Ons ontdek ons Ware Self, wanneer ons die identiteit ontek wat Christus vir ons aan die kruis bewerkstellig het. Die ontdekking van ons nuwe, ware identiteit, maak ons sterk om die verlede in die oë te kan kyk, dit help ons om in vryheid te kan lewe en dit help ons om geestelik te kan groei. Bestudeer die onderstaande Skrifte en maak dit jou eie.

Jou identiteit as Koningskind:


  • Post category:Padaanwysers