Padaanwysers: Vergifnis (Deel 1)

You are currently viewing Padaanwysers: Vergifnis (Deel 1)
  • Wat was jou reaksie die laaste keer wat iemand jou seergemaak het?
  • Het dit wat die persoon gedoen het, jou só seergemaak dat jy nog steeds kwaad en seergemaak voel?
  • Voel jy dat jy graag die persoon op een of ander manier wil laat boet vir wat hy/sy aan jou gedoen het?
  • Het jy, of voel jy om deur ‘n sigbare daad iets te doen om die persoon terug te betaal?
  • Veroorsaak die pyn wat jy ly bv. negatiewe gesindheid, kwaadgevoelens, of bitterheid?

As jy in die verlede baie seergemaak is, mag jy dalk jou negatiewe emosies oor die situasie probeer regverdig en voel dat jy reg het om kwaad te wees. So dikwels voel mense dat die persoon wat die pyn veroorsaak het, nie verdien om vergewe te word nie. Onvergifnis is seker een van die grootste struikelblokke in baie mense se geestelike groei. Jy mag dit dalk nie dadelik ervaar nie, maar op die lang duur kan dit vernietigende gevolge in jou lewe, denke, verhoudings en gesondheid hê. Dit kan ook skeiding bring tussen jou en God. Onvergifnis kan veroorsaak dat jy sukkel om in ‘n intieme verhouding met die Vader te staan. Solank die negatiewe emosies in jou bly, bring dit ‘n wortel vir bitterheid in jou lewe en dit sal implikasies op ELKE area van jou lewe hê. 

‘n Uittreksel uit ‘n artikel deur Richard (Dick) Innes: Some years ago during a visit to Yellowstone Park, one writer observed that the only animal that the grizzly bear would share his food with, was a skunk. It wasn’t that the grizzly wánted to share his food but rather that he chóse to. With one swing of his powerful paw he could have crushed the skunk. So why did he allow the skunk to eat with him?

Because he knew the high cost to getting even. Clever bear! Undoubtedly he learned the hard way.

Strange that we humans often aren’t as smart. Sometimes we carry grudges for years, often repressing them from conscious memory, and end up hurting ourselves more than the ones we would like to get even with. We fail to see how damaging an unforgiving spirit is.

Vergifnis word deur feitlik alle godsdienste in die wêreld geleer. Selfs in sekulêre kring sal dit as ‘n basiese boublok in lewensgeluk voorgehou word. Onvergewensgesindheid sal jou siek maak – gelowige of ongelowige – dit maak geen verskil nie.

Definisie van vergifnis:

Vergifnis is:
  • Om iemand ’n daad of fout wat hy gemaak het, te verskoon.
  • Om aan iemand iets te offer (vergifnis), sonder dat hy dit verdien:
    • We should remember that the word “forgiveness” has the word “give” in the middle of it. This means that forgiveness is a gift and is never deserved.
  • Dit is die bereidwilligheid om jou bitterheid teenoor ‘n persoon wat verkeerd teenoor jou opgetree het, op te gee – ongeag hoe ernstig of pynlik dit wat hul verkeerd gedoen het.
  • Die aflê van die begeerte om die persoon te laat betaal of terug te betaal.
    • Mark 11:25  And whenever you stand praying, if you have anything against anyone, forgive him and let it drop (leave it, let it go), in order that your Father Who is in heaven may also forgive you your [own] failings and shortcomings and let them drop.
  • Daar is dus 4 elemente:
    1. Offer iets wat die persoon nie verdien
    2. Opgee van bitterheid oor die verkeerde daad
    3. Opgee van bitterheid oor die persoon
    4. Opgee van planne om persoon te laat boet.
  • Vergifnis behels meer as net woorde. Dit moet vanuit die hart kom.
  • Vergifnis is noodsaaklik vir jou eie groei en geluk.
  • Vergifnis maak jou vry om in die HEDE te leef. Jy kan dus aanbeweeg sonder kwaad en wraak in jou lewe.
Onvergifnis is:

Die doelbewuste keuse om in elk van die boonste aspekte, die teenoorgestelde te doen.

  • Onvergifnis is om:
    • ‘n Sterk afkeer of bitterheid te hê oor dit wat gedoen is.
    • ‘n Sterk afkeer of bitterheid te hê oor die persoon wat dit gedoen het.
    • Wraak te soek of die persoon te laat boet.
      • Ef 4:31-32  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
      • Eph 4:31-32  Let all bitterness and indignation and wrath (passion, rage, bad temper) and resentment (anger, animosity) and quarreling (brawling, clamor, contention) and slander (evil-speaking, abusive or blasphemous language) be banished from you, with all malice (spite, ill will, or baseness of any kind).And become useful and helpful and kind to one another, tenderhearted (compassionate, understanding, loving-hearted), forgiving one another [readily and freely], as God in Christ forgave you.
  • Onvergifnis hou jou ‘n gevangene van jou verlede.
  • As jy bly vashou aan die pyn, veragting, hartseer en kwade gevoelens, benadeel dit jou meer as vir die oortreder!

In die Skrifgedeelte in Ef. 4, stel Paulus onvergifnis, bitterheid, woede en laster teenoor vriendelikheid, liefde en vergifnis.  Baie mense koester negatiewe gevoelens, maar sien nie raak watter negatiewe effek dit op hul lewens het nie. Dit bring fisiese siekte, emosionele onstabiliteit en ongelukkigheid en beïnvloed die persoon se geestelike lewe. Dit lei tot spanning, depressie, woede en ‘n onvrede in die persoon se gedagtes. Bloot net die noem van die naam van die oortreder se naam kan jou van jou vrede beroof.

Soms kan ons met ons monde sê,  “ek vergewe die persoon”, maar om dit met ons harte te bedoel is soms baie makliker gesê as gedaan.

Vergifnis is God se karakter

Al verdien ‘n persoon nie vergifnis nie, offer ons dit omdat dit die karakter van God is. Gewilligheid om te vergewe, begin eers wanneer ons besef wat God vir ons gedoen het, deur óns oortredinge te vergewe. Ons kan eers vergewe wanneer ons begryp hoe groot die oorweldigende genade van God vir ons is. Ons is Sy ambassadeurs. Hy het die eerste saad van vergifnis in ons lewens gesaai. Nou verwag Hy van ons om dit ook met ander te doen. (Matt 18:21-35).

VERGIFNIS IS DUS ‘N GRATIS GESKENK AAN IEMAND WAT DIT NIE VERDIEN NIE!

  • Daar is dus nou geen betaling meer van skuld:
    • Deur ander vir wat hul aan jou gedoen het nie.
      • Mar. 11:25  let it drop (leave it, let it go),
    • Deur jou aan ander vir wat jy aan hulle gedoen het nie.

Stappe van vergifnis:

  1. ONTBLOOT jou woede, kwade gevoelens of onvergifnis. Dikwels probeer mense dit wegsteek, maar daar kom ‘n dag wat dit mens ongelukkig inhaal as jy dit nie oorwin het nie.
  2. Vergifnis IS JOU KEUSE! Niemand gaan namens jou die keuse kan uitoefen nie en dit gaan ook nie vanself weggaan nie. Die pyn bly (hoewel dit onderdruk kan word) totdat jy die keuse maak om dit aan te spreek.
  3. Vergifnis is ‘n PROSES.
    • Dit verg dat ons ons denke moet herprogrammeer oor dit wat die situasie veroorsaak het. Hiervoor het ons dikwels raad van kundiges en die Here se liefde nodig. Dit gebeur nie oornag nie.
    • Jesus het dit baie goed geweet. Hy het gesê dat ons 70 x 7 keer moet vergewe! Dit is vir ons aanduidend dat ons telke male vergifnis hardop sal moet uitspreek, voordat ons denke herprogrammeer is en ons werklik vry kan wees van die herinnering van die pyn.
  4. Deur vergifnis kom jy vry van die emosionele tronk waarin jy gevange gehou was.

  • Post category:Padaanwysers