Ongeag wat jy ervaar… PRYS HOM!

You are currently viewing Ongeag wat jy ervaar… PRYS HOM!

Jare gelede was ons weg uit ‘n kerk wat baie sterk voorspoedsteologie geleer het. Baie fokus op mý finansies, mý gesondheid, mý welstand… Ek noem dit sommer die “me, myself and I” teologie.

Op ‘n oggend het Vader my uitgedaag met die vraag: “Hoekom aanbid ek Hom? Sou Hy voortaan niks van my gebede beantwoord nie en ek niks van Hom kon vra nie, sou ek Hom nog steeds aanbid net omdat Hy God is?”
Mens se eerste gedagte is seker ja, maar sjoe, wat ‘n uitdagende konsep is dit nie… Ek het nogal geworstel met die een!

Vanoggend pleit ek weer vir Vader vir deurbrake en weer kom die gedagte…
“Sal jy my steeds aanbid net omdat ek God is, al werk al die dinge wat jy vra nie uit soos jy dit wil hê nie?”

God het reeds álles gedoen toe Jesus aan die kruis gesterf het! Daarom het ons die vooruitsig van ‘n lewe hierna, ongeag wat ons op aarde beleef. Enige iets meer wat ons kan vra en ontvang, is net GENADE!

Maak nie saak watter van jou gebede vandag beantwoord word en of die deurbrake waarvoor jy Hom vertrou, kom of nie kom nie, AANBID en LOOF en PRYS HOM vandag net vir wie Hy is – ons SKEPPER en die ALMAGTIGE!