Padaanwysers: Ontwikkel ‘n gesonde selfbeeld

You are currently viewing Padaanwysers: Ontwikkel ‘n gesonde selfbeeld

Lees hierdie artikel saam met die artikel STRUIKELBLOKKE OP JOU PAD: Selfbeeld en selfvertroue.

Die Bybel se siening oor selfbeeld:

Niemand ontken die belangrikheid van ‘n goeie selfbeeld vir elke mense nie. Sonder ‘n goeie selfbeeld, kan ons beswaarlik enige sukses op enige terrein behaal. Wat sê die Woord van God vir ons oor ons selfbeeld? In die sekulêre wêreld word geleer dat ons deur positiewe “selftalk” of visualisasie ons denke oor onsself kan verbeter om sodoende meer suksesvol te wees. Die gevaar hierin lê dat ons ons vermoë vanuit onsself probeer vind en nie ons krag en vermoë uit God put nie.

Op ‘n stadium wat Dawid deur almal gekritiseer is vir sy besluite en dinge skeefgeloop het, het hy hom nie beroep om sy eie suksesse van die verlede en die feit dat hy gesalf was as koning nie, maar hy het sy versterking in God gesoek:

  • 1 Sam 30:6  En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.

Die gevaar van ‘n positiewe selfbeeld wat nie in God gefundeer is nie, is dat dit kan lei tot hoogmoed:

  • Jam 4:6  But He gives us more and more grace (power of the Holy Spirit, to meet this evil tendency and all others fully). That is why He says, God sets Himself against the proud and haughty, but gives grace to the lowly (those who are humble enough to receive it).
  • Pro 3:34  Though He scoffs at the scoffers and scorns the scorners, yet He gives His undeserved favor to the low [in rank], the humble, and the afflicted.

Waarteen waarsku die Skrif ons:

  1. Nie te veel van onsself te dink nie…
    • Rom 12:-3  … make a decisive dedication of your bodies [presenting all your members and faculties] as a living sacrifice, … pleasing to God.  … be transformed (changed) by the [entire] renewal of your mind [by its new ideals and its new attitude], so that you may prove [for yourselves] what is the good and acceptable and perfect will of God… For by the grace (unmerited favor of God) given to me I warn everyone among you not to estimate and think of himself more highly than he ought [not to have an exaggerated opinion of his own importance], but to rate his ability with sober judgment, each according to the degree of faith apportioned by God to him.
  2. Onsself te lief te hê nie…
    • Luk 9:23-24  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
  3. Onsself moet verloën en ons lewe aflê
    • 2 Tim 3:1-5  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Dit is moontlik vir ’n persoon om glad nie die Here te ken nie, maar steeds ’n uitstekende selfbeeld te hê. Die gevaar is egter dat mense maklik glo hulle het God nie nodig nie. Die waarheid is dat álmal slegs deur Jesus Christus verlossing kan ontvang.

  • 1 Kor 1:28-31  en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

Die Christen en selfbeeld

Die begin van ‘n goeie selfbeeld is om jouself te aanvaar en lief te hê. Vervolgens kyk ons na ‘n paar aspekte wat nodig is om onsself lief te hê:

  1. Wees eerlik en opreg! Wees jouself! Mense kan ons net liefhê, respekteer en waardeer tot die mate waartoe ons onsself toelaat om te wees wie ons regtig is! Mense is soms bang om deur ander gesien te word vir wie hulle regtig is, so hulle gee voor om iemand te wees wie hulle nie is nie. Ander mag dalk hou van die masker wat ons voorhou, maar dit sal ons lewensreugde en vrede ernstig benadeel. Dit skep ook vrees vir die dag wat iemand dalk uitvind wie ons regtig is.
    • 1 Pet 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery.
  2. Elke mens het dinge in sy verlede wat op een of ander vlak pyn of wonde veroorsaak het. Om dit te ignoreer en nooit die pyn aan te spreek nie, kan ‘n groot oorsaak wees waarom mense nie van hulleself hou nie, hulleself verag of verwerp, met skuldgevoelens loop en nie hulself kan liefhê nie. Vir ‘n gesonde selfbeeld, is dit nodig dat ons genesing kry vir die wonde van ons verlede. Selfaanvaarding is noodsaaklik om jouself lief te hê.
  3. ‘n Persoon wat nie baie liefde as kind ervaar het nie, sal dit moeilik vind om geliefd te voel as ‘n volwassene. Volgens die Bybel het God ons EERSTE liefgehad en daarom kan ons Hom dan liefhê. Die mens het nodig om eers liefgehê te wees, voordat hy kan liefhê. Dit is ‘n vaardigheid wat aangeleer moet word. In geestelike kringe is dit só noodsaaklik dat ons mense sal liefhê soos hulle is – sonder voorwaardes. Geleidelik sal dit hulle vertroue herwin en kan hulle veilig voel om meer en meer van hulleself te gee. Wanneer iemand veilig voel, kan hy sy ware self wees.
    • 1 Joh. 4:19 Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.
  4. Dit is noodsaaklik om van alle onopgeloste negatiewe emosies van haat of onderdrukte kwaad ontslae te raak. Dit help nie om net ‘n masker voor te hou en die emosies te onderdruk of ignoreer nie. Op die lang duur lei dit tot ongesonde verhoudings en ook ‘n ongesonde selfbeeld.
  5. Elke gelowige moet gesonde morele en etiese waardes, wat gebaseer is op God se riglyne, aanhang. As ons volgens gesonde riglyne en waardes leef, sal ons goed voel oor onsself. As ons met geheime leef (iets soos ‘n buite-egtelike verhouding, pornografie of ander vorme van verslawing), sal dit lei tot ‘n negatiewe siening van onsself.
  6. Leef ‘n lewe van vergifnis teenoor almal wat jou aanstoot gee. ‘n Swak selfbeeld lei tot liggeraaktheid en maak dat ons maklik aanstoot neem.
  7. Die HEEL BELANGRIKSTE aspek van selfliefde is om in ons diepste wese ‘n konneksie met God te kan maak en Sy liefde te kan ervaar. Dit begin deurdat ons ons sonde voor God bely, Hom vergifnis vra en Jesus as ons peroonlike Verlosser in ons hart in te nooi. Dít is die begin van God lief te hê bo alles en jou naaste lief te hê soos WAT JY JOUSELF HET! .
    • Matt 22:37+39 …God liefhê met jou hele hart…siel…verstand… en… jou naaste liefhê soos jouself.
    • 1 Joh. 4:12 … as ons mekaar werklik aanhou liefhê, leef God in ons optrede en het Sy liefde in ons optrede ten volle tot verwesenliking gekom.

Aan die een kant word gelowiges gewaarsku om nie ’n te hoë dunk van hulself te hê nie, maar aan die ander kant is dit ook voor die hand liggend dat ’n swak siening van jouself jou sal benadeel in jou verhoudings.

Die vraag is dus: hoe behoort die Christen homself te sien? Waarop behoort ons ons selfbeeld te fundeer?

  1. Eerstens moet ons as gelowiges weet dat ons deur God geskape is en daarom baie kosbaar vir Hom is.
  2. Ek moet weet dat ek vrygekoop is, nie met silwer en goud nie, maar met die bloed van Jesus.
  3. Ek moet weet dat ek nuut gebore is en die Heilige Gees in my woon. Ek is ’n tempel van God.
  4. Ek is geregverdig deur my geloof in Christus. Daar is vir my dus geen veroordeling meer nie.
  5. Ek is deur God aangeneem en daarom kind van die God van hemel en aarde en erfgenaam van alle dinge.
  6. Ek is geheilig.
  7. Ek is bestem vir ’n verheerlikte ewige lewe.

Dit is wat God in Sy Woord van ons sê. Ons mag dit nie ontken of misken nie. Ons moet dit oor onsself glo. Ons selfbeeld is dus nie iets om op te roem nie, maar ons kan dit in nederigheid en in geloof aanvaar op grond van God se goedheid en genade vir ons. Hierdie is nie ’n selfbeeld wat ons eie sonde ontken nie, maar is gewortel in Christus se oorwinning oor sonde en Sý vergifnis van ons sonde.

’n Ware Christen selfbeeld is dus gebaseer op hoe God my sien en wat Hý van my sê. Ek is vergewe en aangeneem as Sý kind. In dankbaarheid en nederigheid hoef ek dit net te aanvaar.

’n Goeie selfbeeld is dus belangrik vir ’n Christen. ’n Selfbeeld wat gebaseer is op wat God van ons sê en nie vanuit ons eie werke of ons eie natuur nie. Ons kan nie ons selfwaarde bepaal of laat beïnvloed deur wêreldse standaarde nie. Dit is slegs God se opinie oor ons wat geldig is!

Lees meer oor jou IDENTITEIT AS KONINGSKIND!


  • Post category:Padaanwysers